Buitelander met Lephalale-plaasmoord verbind

Drs. Werner en Mariette Emslie. Foto: Via Facebook

ʼn Verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die onlangse moord op dr. Werner Emslie (55) van Lephalale (Ellisras), het Dinsdag sy tweede verskyning in die dorp se landdroshof gemaak.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het Woensdag aan Maroela Media gesê die verdagte, Petros Moyo (27), het Dinsdag weer verskyn nadat hy verlede week in hegtenis geneem is.

“Die deurbraak in dr. Emslie se moordondersoek volg ná volgehoue pogings deur die Lephale-polisie se taakspan, speurders, misdaadintelligensie-eenheid en die misdaadbestrydingsorganisasie Heritage Protection Group (HPG),” het Ngoepe gesê.

“Moyo, ʼn buitelander, is verlede Woensdag in Frankfort in die Vrystaat vir ondervraging ingeneem en in hegtenis geneem nadat hy positief met die saak verbind is. Hy word ook verbind met sake [huisrowe en inbrake] in Lephalale en Frankfort.” Moyo het Vrydag vir die eerste keer vlugtig in die hof verskyn en die saak is uitgestel. Die saak is Dinsdag ook uitgestel en hy bly in aanhouding.

Oudkol. Sakkie Louwrens, direkteur van HPG, het gesê geen steen sal onaangeroer gelaat word om Moyo se medepligtiges op te spoor nie.

Maroela Media het vroeër berig Emslie, sy vrou, dr. Mariëtte Emslie (55), en die egpaar se dogter, Barbara (19), ʼn eerstejaar mediese student aan Tukkies in Pretoria, is op 20 September omstreeks 20:00 deur vier gewapende mans op die egpaar se plaas in die Afguns-omgewing aangeval. Mariëtte is ʼn algemene praktisyn op die dorp en Werner was ʼn geliefde boer en doktor in bedryfsgesondheid.

Werner is koelbloedig doodgeskiet terwyl hy buite sy huis op die stoep gesit het. Mariëtte is in die lewer geskiet en moes met ʼn helikopter na die Muelmed-hospitaal in Pretoria gebring word waar sy gestabiliseer is. Sy kan ná die skietery nie loop nie en word tans in ʼn rehabilitasiesentrum in Pretoria behandel. Barbara is nie tydens die aanval ernstig beseer nie.

Die verdagtes het met twee vuurwapens en die egpaar se bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate buite die plaas gekry.

Dr. Emslie se roudiens is Vrydag in die dorp gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

zoom zoom ·

Vanwaar is die persoon of is die plek ‘n geheim. Buiteland is baie plekke

Leahim ·

Die weermag moet hulle werk doen en die grense bewaak en beveilig die wettige immigrante se besonderhede en vingerafdrukke is op rekord die onwettige immigrante is die probleem .Moyo is n tipiese mosambiek van.

Chris Ws ·

Enige persoon wat met ‘n plaasaanval verbind kan word moet gladnie borg kan kry nie.

Ekke ·

Mos nou klaar in die hof verskyn. Waarom nog sy bakkies ook wegsteek soos sy herkoms.Kan maar net raai-een van ons buurlande!

Marike ·

Wat soek die buitelanders in ons land, dit is hulle wat so moeilikheid maak hier, hulle is onwettig in Suid Afrika!

Dalk ·

Dalk Botswana of Zimbabwe? Botswana- grens is nie baie ver van Lephalale af nie.

Dalk ·

Dalk Botswana of Zimbabwe? Botswana grens is ongeveer 40 km van Lephalale af.

Kannaland ·

Nee mense, die liberales wil baie graag he ons mag nie noem dat hy n buitelander is nie, ons moet ons ogies styf toemaak en maar net voel, niks sien nie. Liberaletjies, vat julle goedjies en trek uit ons lewens.

Ja hoor ·

AG weet jy dit is nou groot nuus, dit is herhaaldelik al gese dat NIE net buitelanders vir die moorde verantwoordelik is nie. Maar soos die media altyd net dit wat hulle wil he ander moet hoor uitblaker, so word dit nou weer gedoen .. Gaan kyk na statistieke, JA daar is soms ‘n Zimbabwier of Mosambieker betrokke maar die ANC wil dit laat lyk asof NET die buitelanders moorde pleeg. Soms is daar 7 aanvallers waarvan EEN ‘n buitelander is of dalk 5 aanvallers waarvan dalk een ‘n Zimbabwier is .. Al jaag ons almal terug, gaan die LOCALS (wat deur die EFF en BLF) opgesteek word steeds die boere uitwis. Die is nie in opdrag van Mugabe nie, dit is in opdrag van jou eie Presidentjie.

Ekke ·

Stem 100%. Elke keer is daar in ‘n groep ten minste een of twee “buitelanders”

Frikkie Geld en huis ·

Dit is wel in Netwerk 24 genoem dat die een, wat vasgetrek is, ‘n Zimbabwiër is. Tog het een, toe Barbara hom vra waarom hul haar pa vermoor het, gesê : Because you stole from us.
Dus, lyk dit, of die “stole from us” storie in alle skole, vanaf Oos-kaap tot in Egipte, vertel word.

Se maar net ·

Die aanvallers het met mekaar gepraat in ń taal wat die plaaswerkers nie verstaan het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.