Buitelander vas ná moord op afgetrede polisiehoë

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn Verdagte is vasgetrek net meer as twee maande ná die moord op ʼn afgetrede polisieoffisier van die Oos-Kaap.

Brig. Joseph Jongile, voorheen hoof van die Oos-Kaapse polisie se operasionele reaksiedienste, is op 14 Julie dood toe drie mans hom en sy gesin in hul huis aangehou het in wat vermoedelik ʼn huisrooftog was.

Jongile is doodgeskiet en sy gesin is van bankkaarte, Jongile se vuurwapen, fietse en ander waardevolle items beroof.

Die Valke het die ondersoek oorgeneem.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van dié eenheid, sê die 28-jarige buitelander is Donderdag ná ʼn gesamentlike intelligensie-gedrewe operasie in Mpumalanga aangekeer.

“Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord en roof. Meer inhegtenisnemings is op hande terwyl die ondersoek voortduur,” sê Mgolodela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Philip

Die inleidende paragraaf praat van “net meer as twee maande…” In die daaropvolgende paragraaf verskyn die datum 14 Julie, Die “twee maande” moet seker lees “twee weke”?

Cheetha

Dis omdat ons grense oop is vir enige gemors om in te suipel. Die ANC het die gat vir hulself gegrawe.

Anoniem

Jip, laat die arme buitelandertjies ons land nou so moet kom oorneem…..maar dit is mos goedgekeur deur die Regering…………..landsgrense is oop vir hul