Buitelander vas oor onwettige aborsies

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man, wat glo deel van ʼn onwettige aborsie-sindikaat in Limpopo is, het Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Richard Tjuuko (43) word aangekla ingevolge die Wet op die Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap en die Immigrasiewet. Tjuuko, oorspronklik van Uganda, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie en beamptes van die departement van gesondheid klopjagte in Polokwane uitgevoer het.

Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het tydens die klopjagte sy ontevredenheid uitgespreek oor die onrusbarende hoeveelheid onwettige aborsies in die provinsie.

Tydens die klopjag het beamptes ʼn vrou gewaar wat pamflette uitdeel vir onwettige aborsies en sy het die beamptes na Tjuuko gelei. Die vrou werk glo vir hom.

Tjuuko het egter ontken hy doen onwettige aborsies. Daar is verskeie onwettige aborsie-klinieke in Polokwane wat vanuit agterplase en bedompige kantore bedryf word.

Tjuuko se saak is tot 8 Augustus uitgestel, wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lance ·

Buitelamders dink hulle kan hier kom doen net wat hulle wil want niemamd word ooit gevang nie ….wat waar is want die skelms hardloop vrylik rond en die eerlikes sit agter tralies in hulle eie huise.

Griet ·

Hier gaan meer mediese onwettigheid aan as wat die buitewêreld dink!

Kowa ·

Ek weet dit is seker ‘n dom vraag. Kan hulle dan nie byna verniet by staatshospitale gaan vir wettige aborsies nie? Ek neem aan die buitelander vra ‘n arm en ‘n been om dit te doen en dan nog onwettig bo en behalwe dat in my oë moord is.

charlene ·

Dis onwettig want hulle is oor die toegelate hoeveelheid weke… Met ander woorde dis `n vol-groeide baba wat hulle vermoor! En ek stem saam jou dis moord, daar is `n harklop op 22 dae, maw mens weet nog skaars jy is swanger, dan is daar al `n hartkloppie.

charlene ·

Ek het net een vraag. gaan die mense wat gegaan het vir die aborsies ook aangekla word??? Of nee dis mos die in ding om `n baba te vermoor!!!! Dis moord. Die lewe so soveel meer sin gemaak het as die ma dieselfde pyn voel as die baba (Let wel: As daar regtig fout is met die baba en die ma neem dan `n besluit om die swangerskap te eindig vroeg genoeg is dit `n ander saak).
Maar aborsie is moord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.