Die Suid-Afrikaanse polisie het nog geen verdagtes in hegtenis geneem vir die moord op ʼn buitelander, wie se liggaam drie weke gelede in sy luukse dakwoonstel in Sandton gevind is nie.
James Starkey (36), ʼn Brits-Australiese bankier, se liggaam is op 8 Oktober in sy woonstel in die Raphael Penthouse Suites gevind. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn vriend van Starkey het bekommerd geraak en die geboupersoneel versoek om die woonstel oop te sluit. Hulle het sy liggaam in sy slaapkamer gevind en die polisie ontbied.
Dlamini wou nie uitbrei oor die aard van Starkey se beserings nie en het gesê die polisie wag steeds op die nadoodse ondersoekverslag om die oorsaak van Starkey se dood te bevestig. Die Sydney Morning Herald berig egter ʼn paramedikus het aan ʼn ander finansiële dienste werknemer gesê Starkey het brutale beserings aan sy liggaam gehad, onder meer brandmerke en tekens van verwurging.
Op ʼn vraag of daar enige tekens van gedwonge toegang tot die woonstel was, het Dlamini gesê die geboupersoneel het die woonstel vir Starkey se vriend oopgesluit. Volgens Dlamini is die motief vir die moord nog nie vasgestel nie en dit vorm deel van die ondersoek.
Die Sydney Morning Herald berig Starkey het vir verskeie finansiëledienstemaatskappye gewerk, onder meer Ernst and Young, JP Morgan en Goldman Sachs. Hy het pas ʼn tydperk van drie maande in Suid-Afrika vir die Britse maatskappy Catalyst voltooi toe hy vermoor is.
Starkey was glo verloof en sou glo binnekort permanent in Australië gaan bly. Hy is op 21 Oktober in Australië begrawe.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
En so kry die Wereld n eerstehandse bewys van die likraak houding van ons polisie…sterkte aan familie en vriende wat in afwagting is van terugvoer en n profesionele ondersoek.
Homicide Hunter op tv het gese daar is net drie redes vir moord:
1. Geld
2. Vergelding
3. Seks
Ek wonder waar hierdie een inpas, sienende dat daar blykbaar geen gedwonge toegang na die woonstel was nie.
5.Jy is Blank!
Nou wonder mens waar pas plaasmoorde in …daar is nie geld nie in meeste gevalle word net die lewe geneem …dit is dood goeie mense wat goeie verhoudinge het met almal en daar is ook nie seks in meeste gevalle …..?
Nog ‘n bankier wat te veel geweet het.