Buitelanders ruk op na hof waar polisielede verskyn

Foto: Twitter

Sowat 100 Ethiopiese burgers het Maandagoggend na die landdroshof in Johannesburg opgeruk waar sewe polisiebeamptes verskyn wat glo verlede week omkoopgeld aanvaar het te midde van klopjagte in die Johannesburgse middestad.

Die Ethiopiërs het beswaar gemaak teen die aanhouding van meer as 500 buitelanders ná die klopjag verlede Woensdag. Die buitelanders is dié betrokke dag na die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie geneem waar hulle inligting sedertdien verwerk word.

Maroela Media het vroeër berig daar word onder meer gekyk of hulle misdaadrekords het en of hulle wettig in die land is. Die nagaan van dié inligting sal egter ʼn geruime tyd duur.

Tadesse Yemane, ʼn leier van die Ethiopiese gemeenskap in Johannesburg, het gesê die polisie skend die groep se naam deur hulle uit te maak as onwettige immigrante en verkopers van onwettige goedere.

“Ons wil ons stemme laat hoor,” het Yemane buite die hof gesê.

Volgens Vusumuzi Sibanda, voorsitter van die African Diaspora Forum, word talle buitelanders sleg behandel, al is hulle wettig in die land. Dié organisasie dring daarop aan dat diegene wat aangehou word, “menslik” behandel word.

Sibanda glo dat die polisie sommige van die buitelanders gedwing het om vals verklarings af te lê waarin hulle aanvoer dat hulle onwettig in die land is.

“Ons is hier om te sien hoe die mense wat in hegtenis geneem is, hanteer gaan word. Die mense wat aangehou word, is toegang tot regsverteenwoordiging geweier. Die families is toegang [na hul geliefdes] geweier en die meeste van dié wat in hegtenis geneem is, is ondervoed,” het Sibanda gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Arno Scheepers ·

Stuur ALLE buitelanders terug……hulle is die wortel van alle kwaad.

JJ ·

Seker meeste van julle sit Sondag weer in julle kerke met julle skynheilige gesigte. Leef bietjie uit wat julle Bybel vir julle sê
The Lord our God is one Lord; and you shall love the Lord your God with all your heart, and with all your soul, and with all your mind, and with all your strength.’ “The second is this, ‘You shall love your neighbor as yourself.’ There is no other commandment greater than these.” (NAS, Mark 12:28-31)

ne ·

Hoekom is hulle ondervoed? Wie se skuld is dit? Deporteer die onwettiges! Belastingbetalers sorg vir hulle in die tronk en ons is ook al ondervoed!

Elna ·

Dis die waarheid. Deponeer hulle terug na hulle lande toe. Korrupte Suid Afrika hierdie van ouds.

HESTER ·

EK stem saam , hulle was moontlik ondervoed voordat hulle in hegtenis geneem is, nou moet die belasting betaler hulle vet voer. Wat se regte het buitelander wettig/onwettig in S.A?

JohanL ·

Seker net in SA wat ‘n buitelander sal opruk hof toe en die arrogansie het om te vra vir (verdere) sogenaamde regte. Tot jy nie ‘n SA burger is nie, het jy beperkte regte ou maat. Anders vat jou goed en skoert terug na jou geboorteland waar jou regte skynbaar in die eerste plek vertrap is.

Jan Venter ·

Buitelanders is gaste in Suid Afrika – van wanneer af dikteer “gaste” die binnelandse beleid? Stuur die lot terug na waar hulle vandaan kom!

Anoniem ·

Ek stem heelhartig saam, stuur die hele lot terug vanwaar hulle gekom het. Ekskuus my, “ondervoed” rerig? Buitelanders is nie veronderstel om sogenaamde “regte” te wil afdwing nie.

John ·

… wel dit die raad wat Trump aan een so ‘n ongeskikte, onvergenoegde gas gegee het. En kyk watter drama volg daarna. Mens sal nie verbaas wees nie as die Demokrate haar as ‘n goewerneur of meer aanstel sou hulle aan bewind kom danksy die baie alwetende nuwe burgers in die VSA. Mense is skynbaar baie meer vrymoedig om regerings in die vreemde aan te vat as in hul eie land.

JR ·

Ek wonder wie pleeg die meeste misdade SA burgers of buitelanders nou ja ek sou sê SA burgers want al wat jy in die nuus lees is moord op bejaardes roof verkragting en nog meer deur wie? Ons eie SA se landsburgers buitelanders verkoop onvettige goedere nou wat is erger die verkoop van onvettige goedere of moord?

marous ·

En die goedere is wettig ? Dis oorsronlike geregistreerde handelsmerke waarvoor kantiem betaal word ? Geen van hulle het die polisie waarvoor die eerlikes in die land moet betaal , met klippe en brandbomme bestook nie ? Gaan probeer die twak in Botswana se strate en kyk hoe vinnig word hulle ondervoed terwyl hulle summier uit die land gefoeter word.

Hanna Hoekom ·

Nou wonder mens hoeveel van hierdie Etiopiers is wettig in die land. Ek dink die amptenare het n gulde geleentheid om die hele spul te deporteer deur hul vingers laat glip. Gaan huis toe! Moenie by “begin” verby skuif nie, gaan net reguit huis toe.

Poot ·

Waar pas die Etiopiese ambesade in die prentjie. Of is hulle monde stil?

jennefer ·

Seker maar sleg in Ethiopië, daar is baie van hul na Europa ook.

Hansie ·

Ek lees nou JJ se kommintaar, weet jy waar al die opstokery en dwelms vandaan kom? ek daag jou uit om bietjie saam die polisie te gaan klopjagte doen, onwettige wapens en dwelms word soos koeksisters verkoop, en dwelmverslaafdes meestal die voorlopers van geweld. ek dink jy moet Sondag saam ons kerk toe gaan en weer vir HOM vra om ons by te staan, soos destyds met die slag van Bloedrivier. Toe was hulle immers ook ons “neighbour” of het jy daarvan vergeet? Ek sien jy haal in engels aan, so dink bietjie hieraan “God only helps those who help themselves” Geen wedstryd is ooit van die kantlyn af gewen nie.

Kobus ·

Buitelanders word beter behandel as SA Burgers. Die JJ karakter, is my ook van die Buiteland? Hoeveel Misdaad word deur Buitekanders gepleeg wat verblyf ” gekoop” het, not ‘n ” inkomste” vircRegeringsamptenare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.