Buitelanders se winkels nou ook in Mpumalanga geplunder

Foto ter illustrasie. (Foto: Phando Jikelo, ANA)

Ses verdagtes sal na verwagting vandag in die landdroshof in eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga verskyn nadat hulle na bewering vandeesweek talle winkels in buitelandse besit in dié dorp se sakesentrum geplunder het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê verskeie winkels het Woensdag deurgeloop en goedere is uit die winkels gesteel.

Volgens Hlathi het die polisie egter vinnig op die situasie gereageer danksy ’n gebeurlikheidsplan wat ingestel is as veiligheidsmaatreël om voorvalle van die aard in die provinsie te beheer.

Die beweerde baasbrein agter die plundertog is onder diegene wat in hegtenis geneem is. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van die besit van gesteelde goedere, diefstal, asook aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Polisiestasies het ’n streng mandaat om intensiewe sigbare patrollies in alle gebiede uit te voer, maar prioritiseer en monitor ook die gebiede met ’n groot aantal winkels in buitelandse besit,” sê Hlathi.

Die misdaadvoorkomingseenheid se hulp is ook aangevra om inligting bymekaar te maak om moontlike bedreigings te identifiseer.

Volgens Hlathi is die polisie en die verteenwoordigers van buitelandse winkeleienaars ook reeds in gesprek.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel. Zuma waarsku dat die misdadigheid nie geduld sal word nie en dring daarop aan dat mense verantwoordelik optree en die wet ten alle tye nakom.

Die jongste plundertog volg te midde van chaos wat sedert verlede maand onder meer in die middestad van Pretoria en Johannesburg in Gauteng uitgebreek het. Talle winkels in buitelandse besit word die afgelope maand geplunder en minstens vyf mense is weens dié plundertogte dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Koos ·

Op die 53 sekonde video in omloop is die Sapdlid baie sigbaar, maar ook die een wat die heel minste doen. Die op drag moet baie meer spesifiek wees. Aan die ander kant is dit dalk die bedoeling dat die lede so min moontlik doen om die buitelanders te help, maar eerder die skurke in teenreaksies by stand te verleen.

Ensogaanditnetaan ·

Ek het ook die video gesien. Die polisie beampte staan en toekyk. Dit lyk vir my na Indiërs se winkel wat geplunder is. Word ALLE buitelanders nou geteiken, nie net Nigiërs nie? Dis nie lank voor dit na ander geniede ook oorspoel nie.

Kerneels ·

SA wittes en Indiërs is ook per definisie buitelanders. Dit gaan rof raak.

Wouter ·

Dit is nie reg wat die gespuit aan die buitelanders doen nie, maar dis dalk die beste ding om te doen. Want ons Goverment gaan nie van hulle ontslae raak nie!

Kallie ·

Sodra die buitelanders weg is kom hul vir die minderhede, ingesluit wittes. En die SAPS sal ons nie beskerm nie.

Reinhardt ·

Hoekom is buitelanders n probleem? Hulle kom hiernatoe om te werk, al is hulle onwettig lewer hulle dienste aan die arm gemeenskap. Ons informele sektor is uiters belangrik vir die land se voortbestaan. Dis eerder die siek Suid-Afrikaners wat die probleem is, wat nie kan meeding nie, dan brand hul eerder af.

Sinies ·

Hoeveel van hierdie buitelanders funksioneer binne die sisteem? Besighede geregistreer, verkoop goedere waarvan die invoerbelasting/aksyns betaal is, betaal die werkers volgens voorskrif, betaal btw soos gulle moet, winsbelasting ens .
Ek is ook bewus van praktyke in veral swart gebiede waar hulle, hul skuldig maak aan kwaadwillige sakepraktyke, insluitend geweld.
Hierdie is n saak met baie kante met min onskuldiges.

Die grootste draer van skuld is die staat wat nie onwettige praktyke voorkom en sinvol hanteer nie.

Ja swaer ·

En die SAPD se misdaad-onintelligensie skitter in hulle afwesigheid … soos gewoonlik

John ·

Alweer die polisie se skuld. Die Marikana-sindroom loop mooi. Die polisie is te hardhandig, die polisie kyk net, die polisie skiet raak… oooo!… die polisie hol weg…. die polisie daag nie op nie… die polisie is lelik met die optoggangers… die polisie wil stakers nie beheer nie… die unie sè die polisie is kop-in-een-mus met die base… kom is betoog… oooo… ons betoog juis nou… oooo!

jaco ·

Waarom word die buitelanders van wie 90% ONWETTIG in SA is, nie in hegtenis geneem nie?

Frik ·

Daar is anargie en wetteloosheid in SA, met of sonder buitelanders.

jakes ·

Plundering, diefstal, klipgooi en brandstigting sal nooit ophou nie omdat dit deel is van n sekere groepering se DNA. So eenvoudig soos dit en regtig, n mens hoef nie n genie te wees om dit te verstaan nie. N gewone IK van 95 verstaan dit.

John ·

Hoe kry buitelanders en daarby menige onwettige migrante dit reg om tjop-tjop besighede te bedryf met en sonder handelslisensies? Wat was die eerste reaksie van de buitelandse winkels in Johannesburg toe die polisie hul wettige bedrywe wou nagaan? Die polisie is verwoed aangeval en verjaag. Hoekom sou die goeie arme bloedjies so optree? Nou is almal so jammer dat ons ekonomie in duie gaan stort as alle onwettige bedrywe verdwyn. MTN se gebruikers in Nigeriè betaal baie minder vir eenhede as plaaslike gebruikers, maar ons moet die maatskappy en ander met buitelandse base, beskerm, soos die Guptas, wat so baaaie vir ons land beteken het. Hoeveel boere is nie deur uitlanders aangeval en selfs vermoor nie… geldwaens geskraap en motors oorkant die grense verkwansel nie?

Compensation ·

Hierdie is nie misdaad nie. Die buitelanders is genooi om hierheen te kom solank hulle n stem kry. Dit is ook nie plunder nie, dit is expropriation without compensation.

Jerry ·

Ek weet nie of hulle Sandton vandag gaan plunder nie, maar hulle beoog om die JSE te “shut down” onder die vaandel van die ” total shutdown/rape campaign”. Dit kan dalk net die begin van intimidasie wees teenoor privaatmaatskappye om toe te gee aan regeringseise vir privaatmaatskappye om te transformeer na swartkadereienaarskap. Indien dit die geval is dan dui dit daarop dat hierdie aanvalle teen buitelanders en die JSE/privaatmaatskappye deur die ANC staat georkestreer word. Daar bestaan by my in elk geval geen twyfel nie dat daar regerings inmenging is wat wetstoepassing en vervolging verhoed om daadwerklik teen plunderaars op te tree. Sommige plunderaars wat gearresteer word, word weer vrygelaat, niemand gaan tronk toe nie en indien sake wel geopen word onder dwang, dan word sake uit die howe gegooi as gevolg van n gebrek aan bewyse. Die ANC se kaderstrukture strek wyd en diep binne in gemeenskappe, wat ook beduidend daarop dui dat gemeenskappe deur hierdie kaderstrukture aangehits en beheer word! Die ANC het die rand doelbewus laat val sodat gemeenskappe meestal werkloos en honger is en buit hierdie gemeenskappe se woede uit vir politieke voordeel vir intimidasie teen politieke opponente vir sosio politieke en maatskaplike verandering (sosialisme).

Petrus ·

Hier is defnitief duister motiewe aan die werk. Skep anargie, kondig ‘n onbepaalde noodtoestand af en skort alle verkiesings op. Sommer die grondwet ook. Dan kan die kaders ongemerk plunder sonder enige kans van vervolging.

Johan Kruger ·

Jerry, dit is alles waar, maar dit is net die punt van die ysberg wat ons sien. Korrupsie is só diep gesetel op bykans alle vlakke van ons land, dit maak wetstoepassing onmoontlik, dit vernietig hierdie land teen ‘n geweldige tempo. Onomkeerbaar!

Nettie ·

@Petrus – jy is (hopelik nie!) in die kol: skep anargie, kondig ‘n noodtoestand af soos in die 80’s en skort alle konstitusionele prosesse op …. en DAN SIT ONS, die minderheidsras, se turf nou een maal en vir altyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.