Buitelandse beleggers se vrae oor SA

Pres. Jacob Zuma en die stigter van die WEF, prof. Klaus Schwab in Davos Switserland (Januarie 2015) Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma en die stigter van die WEF, prof. Klaus Schwab in Davos Switserland (Januarie 2015) Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Is Suid-Afrika steeds ʼn veilige beleggingsbestemming? Dít is die vraag wat internasionale beleggers hulself sal afvra na afloop van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) wat vandag in Davos, Switserland, afsluit.

Tydens die konferensie het pres. Jacob Zuma en min. Rob Davies vlerk gesleep by internasionale beleggers ten einde buitelandse beleggings in Suid Afrika aan te moedig. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake, sal hierdie pogings tevergeefs wees indien die regering nie baie dringend aandag gee aan beleggingsbeperkinge wat deur regeringsbeleid daargestel is nie.

Voornemende beleggers sal onder andere hulself die volgende vrae afvra ten einde die beleggingsrisiko van Suid Afrika te bepaal:

  • Is eiendomsreg gewaarborg in Suid-Afrika?
  • Kan die staat die nodige ondersteuningsinfrastruktuur, soos elektrisiteitsvoorsiening, verseker vir die ekonomie?
  • Is die staatsdiens besigheidsvriendelik?
  • Kan daar sake gedoen word in ʼn korrupsievrye omgewing?
  • Belê plaaslike sakelui in Suid-Afrika of is ondernemings besig om te disinvesteer?

Volgens Jansen van Rensburg is die harde werklikheid dat daar nie op een van hierdie vrae ʼn positiewe antwoord is nie. “Suid-Afrika is vandag ʼn minder veilige beleggingsbestemming as ʼn dekade gelede,” het hy gesê. Hy gee enkele voorbeelde:

  • Tans is daar meer as 14 wette en wetsontwerpe waarin die regering eiendomsreg direk ondermyn en aftakel;
  • Buiten in die stedelike gebiede, is Suid-Afrika se infrastruktuur besig om te verkrummel en kwaliteit- basiese dienste soos water, sanitasie en elektrisiteit is nie gewaarborg  nie;
  • Swart ekonomiese beleggingsvereistes maak regeringsbeleid en die staatsdiens toenemend vyandig teenoor beleggers en verhoog die koste om van handel; en
  • Plaaslike ondernemings soos byvoorbeeld Woolworths en BHP Billiton belê eerder oorsee as in Suid-Afrika.

Suid-Afrika se deelname aan die Davos-konferensie is belangrik vir die land se politieke en ekonomiese ontwikkeling. Terselfdertyd behoort die regering ʼn veel groter poging aan te wend om plaaslike sakelui aan te moedig om langtermynbeleggings in Suid-Afrika te maak. Hiervoor is drastiese beleidsverandering nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

alex gous ·

Zuma besoek aan Switzerland:
In watter hoenderhemel lewe Zuma.
Wie sal nou die ou Clown ernstig opneem.
Zuma is jy nie n Verleentheid vir die mense van SA nie.

zeablond mostert williams ·

an embarrassment to all the hard work that was done . An embarrassment to the nation.a feeling of anger sweeping the nation.The President of the country is dividing the nation,with his racial slurs.blaming apartheid for all the failures of this country ,manage his subordinates,lack of accountability from the government, all the corruption that is rampant from the bottom to the top.money is mismanagement .The powerful untouchable Gupta overlords remains perfectly positioned to control South Africa and the African National Party (ANC) government would not dare oppose them.the Idwala Coal Crypts breaking environmental laws. tender contracts worth billions of rands .no possitive indications for any investor or current investors, only a magnet to the rogue for self gain.

Marcel ·

Zuma weet jy ooit wat jy doen ek hoop nou neti jy gaan staan en lieg en bedrieg soos gewoonlik met ons land se naam se bietji vir hulle hoe jy sing kill the boer ????
As ek daai mense was sou ek ni n cent in di land bele ni voor di land regekom het ni

Willie ·

Zuma is nie so ñ groot gevaar vir hierdie land soos jy vir ons Afrikaanse taal is nie.

Drieks ·

Min, Rob Davis, as jy saam met Zuma die belasing GELD dief loop, wie glo jou.

Zuma en die Anc het ‘n nuwe jong generasie belegers geskep, diewe, by die pappa van hul land geleer.

Henry ·

Daai serp en smaail hoort veel eerder tussen die arme Bafanaspan se sokker ondersteuners tuis, as in Davos waar die planeet se “movers and shakers” byeenkom om die wêreldekonomie te bespreek.
G’n wonder dat die arme oompie-Prof Schwab se mond oophang, terwyl hy met onse Prez bladskud nie.
:-))

Jan ·

Sodra hulle hier kom bele, nasionaliseer hulle die bates, klomp skelms !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.