Buitelandse media berig oor Zuma-uitspraak

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Verskeie buitelandse bronne het berig oor Vrydag se uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof oor die “irrasionaliteit” om 783 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery teen pres. Jacob Zuma te laat vaar en het ook ander minder aangename voorvalle uit Zuma se verlede opgerakel.

Terwyl die Nederlandse Trouw en die Vlaamse De Standaard relatief kort berigte geplaas het en basies gehou het by gister se uitspraak, het The Telegraph omvattend berig.

Onder meer word besonderhede verskaf oor die bedrae omkoopgeld wat Zuma in die omstrede wapenskandaal van ’n Franse maatskappy (wie se naam nie genoem word nie) sou ontvang het, naamlik £40 000 en ook ’n totaal van £280 000 van Shabir Shaik. The Telegraph sluit hierna af deur te verwys na die bevindings van die Seriti-kommissie dat geen huidige ampsbekleër enige onregmatige voordeel uit die wapentransaksie getrek het nie, maar wys ook daarop dat Zuma die kommissie in die lewe geroep het.

Ander bekende buitelandse media wat oor die saak berig het, is The Guardian, die Daily Mail en die BBC.

Lees die uitspraak en alle vorige berigte oor die spioenasiebande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Rynhardt ·

Dit is eienaardig hoe die lewe werk.Die wereld en buitelandse media was gou om SA te roskom oor apartheid, maar nou vaar die einste buitelandse media uit teen Zuma en die omstrede Seriti-kommissie.Dit was juis die wereld wat n Anc-regering wou he vir SA.Sports wag nou op SA.Die tafel is gedek vir n groot sirkus in SA en die wereld is ook nie ver agter SA nie!

Joann ·

Ek skaam my vir wat ander lande van ons se. Maar zuma steur hom glad nie daaraan nie,maak seker reg om volgende skelmstreek te beplan. Sies.

Gerd Lourens ·

Sjoe, hierdie analfabeet is ‘n skande vir die land.

Lou ·

Kan ons land laer daal? Is ons nou onder op die bodem? Die mense wat ek die meeste verafsku is hulle wat die mag het om die saak tot ‘n einde te bring en dit nie doen nie. Hulle word aandadig.

John ·

Elize, waarvan praat jy? Die aanvalle in die pers teen die Afrikaners het reeds in die 19e eeu begin toe die sendelinge massas briewe aan veral die Britse en Franse koerante gerig het. Erge sanksies het na 1960 gevolg. Miljoene rande is deur Europa en Noorderlande geskenk aan die sg stryders teen apartheid (mens wonder wat daarvan geword het). Die VP en Progressiewe Party se penne was leeg geskryf oor die sg verontregtings wat daagliks sou plaasgevind het. Ons sien nou dat regerings en inwoners wat destyds so giftig was, soortgelyke probleme ook nie anders ervaar en hanteer as ons hier nie. Gaan lees ou koerante in biblioteke. Dinge is baie erger uitgebeeld en die Afrikaners was deurentyd die sondebokke.

Piet Snot ·

Lyk my Elize glo (sg) liberale skrywers en Afrikanerhaters. Elize jong, daai mense skryf normaalweg met ‘n agenda, en hulle is maar bangerig vir die waarheid.
Weeg dit wat jy lees, krities.

Manna ·

Elize daar vind vandag baie meer gruweldade in
SA plaas as in apartheids jare maar word onder mat gevee.

Jan du plessis ·

Elize het jy in die apartheidsjare geleef praat jy uit ondervinding of is jou opinie gebaseer op wat jy onlangs op skool geleer is? Ek het as volwasse persoon in die vorige beding geleef en ek het nooit die negatiewe uitsprake wat jy uiter beleef.Ek kan jouwel se toe die destydse inligtingskandaal oopgevlek is het die destyds eerste minister bedank Dit was n vulletjie in vergeluke met selfs die meer gering vergrype van die ANC vergrype. Jy kan trots wees op
hoe jou Afrikaner voorsate ( uitgeuit fw de klerk en sy kabinet) hierdie land regeer het.

Jean ·

Onthou, buitelanders het mildelik bygedra om die ANC aan bewind te kry. Hul voel vere wat tans in SA gebeur. Huigelaars van formaat, maar gelukkig is hul eie moeilikheid besig om hul vinnig in te haal. Die wiel draai…mag dit vinnig wees.

Yvonne ·

CNN het ook redelik breedvoerig hieroor berig maar geen kritiek is gelewer hierop nie. So vreeslik polities korrek om nie te erken wanneer jy ‘n fout gemaak het nie, of is dit vrees en bewing dat hulle dalk rassiste genoem kan word wat hulle daarvan weerhou? Pleks dat hulle sê wat hulle dink: zuma is ‘n kroek!

Veritas ·

Net so Yvonne. Politiese korrektheid is net ‘n ander term vir huigelary. Sodra jy moet oorweeg of jy jou hart moet uitpraat of moet sorg dat jy nie op tone trap nie, moet jy eerder stilbly.

Henk ·

Daar was ook groot berigte in die Volkskrant en De Telegraaf, beide in Nederland. Die koerante het geskryf dat Zuma slegs die ANC se beskermingwal kan gebruik. Nietemin dink ek dat Zuma se mannetjies – wat hy oorals aangestel het – hom ook nog sal beskerm.

Ben Prinsloo ·

Elize jou kommentaar is afgehaal voordat ek dit kon lees. My aanmerking word gemaak agv ander mense se kommentaar. Vertel net vir ons in watter woonbuurt bly jy en hoekom. Wil net vir jou verder sé en ek gaan nie name uitsonder nie: hou dop hoe hierdie buitelandse gepeupel nog in hulle eie gemors gaan verstik. Hopenlik gaan jy dan daar wees om hulle te help. Sterkte vir jou en die ander wat jou denkwyse deel.

Weter de Wet ·

Zuma is n verleentheid vir homself , die ANC en vir homself .SA! Hoe gouer hy die trekpas kry hoe beter. Hoop net sy opvolger staan nie presidensiele kwytskelding toe nie. Hy behoort in die tronk.

Violet van Jaarsveld ·

Zuma moes al tien jaar terug geloop het. Daar is nie een van hulle wat ons mooi land kan red nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.