Buitelandse mediamotor voor Mandela se huis weggesleep

Media onlangs buite Madiba se huis. Foto:eNCA

Media onlangs buite Madiba se huis. Foto:eNCA

ʼn Voertuig wat aan buitelandse media behoort wat oud-pres. Nelson Mandela in Houghton, Johannesburg dophou, is Donderdagaand weggesleep omdat dit glo ʼn obstruksie veroorsaak het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die Toyota Quantum het ʼn obstruksie op die hoek van 12de Laan en 4de Straat veroorsaak, en is weggesleep nadat verskeie klagtes uit die Houghton-gebied ontvang is.

“Drie minibusse, ʼn dubbelkajuit-bakkie en ʼn Toyota Cruiser is nie weggesleep nie, want hulle is aan die kant van die pad in die residensiële gebied geparkeer,” het Minnaar gesê.

“Die voertuie word deur internasionale media gebruik wat die woning van Mandela dophou. Dit is belangrik dat die media die privaatheid van ander mense respekteer,” het hy bygevoeg.

Mandela is op 1 September uit die MediClinic Harthospitaal ontslaan en word nou by sy huis behandel. Hy was vir drie maande in die hospitaal vir ‘n herhalende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Is die Johannesburgse metropolisie bang die buitelandse media kom agter dat Mandela lankal reeds dood is! Hoe belaglik kan hulle tog nie raak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.