Buitelandse steun gesoek om druk op ANC te plaas

AfriForum se Ernst Roets, Monique Taute en Kallie Kriel tydens die bekendstelling van die veldtog. (Foto: AfriForum)

ʼn Beter toekoms vir álle Suid-Afrikaners.

Dít, sê die burgerregtegroep AfriForum, is die mikpunt met sy veldtog om internasionale steun te werf om druk op die regering te plaas om die burgerregte van alle Suid-Afrikaners, ook minderhede, te beskerm.

“Ons is Afrikane,” het Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, Dinsdag gesê en bygevoeg dat ʼn aanhang van Westerse waardes nié noodwendig van iemand ʼn sogenaamde imperialis maak nie.

Die organisasie se veldtog, #DieWêreldMoetWeet, gaan in die buiteland bewusmaking oor die situasie in Suid-Afrika kweek; steun onder meningsvormers, regerings en ander besluitnemers werf; en wil Suid-Afrikaners in die buiteland, asook buitelanders met belange hier, mobiliseer om standpunt teen omstrede regeringsbeleid in te neem.

Een van die kwessies hoog op die agenda is voortgesette dreigemente van onteiening sonder vergoeding. “Wanneer jy nie eiendomsreg respekteer nie, gaan dit nie net oor die paar mense wat plase besit nie,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof, gewaarsku.

Kriel sê die gevolg van só ʼn beleid is enorm en sluit in probleme soos hiperinflasie, brandstoftekorte, brandstofprysstygings en massiewe werkloosheid. “Hierdie is nie net nóg ʼn veldtog nie, dit spreek tot die hart en toekoms van ons land.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. (Foto: AfriForum)

Hy sê kwessies wat minderhede raak staan nie in isolasie nie en dat AfriForum optree om die land tot die beswil van almal te verbeter. “Ons optrede is ʼn daad van patriotisme. Wat nié patrioties is nie, is om te kyk hoe die land die verkeerde koers inslaan en niks te doen nie.”

Kriel sê daar kan nie toegekyk word hoe die regering eksperimenteer met beleid wat reeds elders ter wêreld misluk het nie. Hy sê die voorgestelde onteieningsbeleid gaan géén gewone Suid-Afrikaner tot voordeel strek nie. Eens suksesvolle lande soos Venezuela en Zimbabwe is voorgehou as voorbeelde waar daar weens ondeurdagte beleid nou met ʼn werkloosheidskoers van 90% en voedseltekorte gesit word.

Volgens Kriel is beraadslaging op tuisbodem die eerste prys en gaan dié gesprekke beslis voort. “Die regerende party het arrogant geword en luister nie na ander menings nie.”

Daar was volgens Kriel dus geen ander opsie as om die internasionale gemeenskap te betrek nie.

“Ons wil beleggings lok, ons land het dit nodig. Niemand het ooit gesê ‘moenie in Zimbabwe belê nie’; mense het bloot onttrek uit die land. Ons moet dus pro-aktief optree,” sê Kriel.

Roets sê AfriForum is heeltemal ten gunste van restitusie en die regstel van historiese ongelykhede, maar meen die huidige grondhervormingsproses misluk. Volgens hom gaan ʼn meer aggressiewe beleid bloot tot meer aggressiewe mislukking lei.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. (Foto: AfriForum)

“Die doelwit [van die voorgestelde beleid] is nie om private eiendomsreg te bewerkstellig nie, maar eerder dat die regering alle grond wil besit,” sê hy.

Oor die kwessie van plaasmoorde en -aanvalle sê Roets die organisasie vra allermins vir spesiale behandeling vir dié groep, maar eerder vir gelyke behandeling. Hy sê ook net omdat die organisasie oor dié misdaad bekommerd is, beteken nie hy is nie bekommerd oor ánder misdaad nie.

Hy het verduidelik hoewel renosters ʼn klein persentasie van alle wild in Suid-Afrika beslaan, daar steeds grootse pogings aangewend word om dié diere van uitwissing te red. Volgens hom geld dieselfde beginsel vir die landbougemeenskap. “Boere wat vermoor word beslaan ook ʼn klein gedeelte van die totale moorde, maar hulle is ook ʼn baie klein gedeelte van die bevolking wat die getal voorvalle dus heeltemal buite proporsie maak.

“Ons vra vir erkenning dat plaasmoorde ʼn unieke misdaad is en dat daar só daarteen opgetree moet word.”

AfriForum het ook vandag ʼn verslag uitgereik waarin hy uiteensit hoe minderhede se regte volgens die organisasie op verskeie terreine in Suid-Afrika geskend word. Dié verslag bevat inligting oor die regering se persepsie oor demokrasie, minderheidsregte en gelykheid, haatspraak teen minderhede, die aanval op minderhede se eiendomsreg en erfenis, asook die uitfasering van Afrikaans en ander minderheidstale in die openbare sfeer.

Die veldtog begin aanstaande maand met ʼn besoek aan die VSA waar die verslag ook bespreek gaan word.

Ander plekke wat besoek gaan word sluit in Australië, asook lande in Suid-Amerika, Europa, Afrika en Asië.

AfriForum gaan ook die Verenigde Nasies (VN) betrek in sy pogings om druk op die regering te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

piper ·

seker politieke partye gaan afriforum nou daarvan beskuldig dat hulle die land saboteur.

Swartwolf ·

Definetief, wonder wie het die land in so gemors gekry ? En die politieke party aan bewind het nie eers probeer die land skade betokken nie hulle het net gedoen wat hul beste kan doen.

Marthinus Willemse ·

Ons is lid van BRICS. Waarom nie eers Moskou en Beijing toe nie? Dis twee lande wat nie niks sal doen nie. Rusland se hele kabinet het twee weke gelede bedank sodat die grondwet verander kan word om meer demokraties te wees. Of, as ek sinies mag wees: word hierdie net `n lekker oorsese toer vir uitgesoektes?

Andre Stander ·

Kritiek teen Afriforum sal nie meer geduld word nie.

Afriforum DOEN – die van ons wat hulle ondersteun sal nie meer kritiek teen hulle duld nie.

Siener ·

10 uit 10 vir jou Andre. Marthinus moet opstaan van die rusbank en iets positief begin doen

Tino ·

Ek stem nogals saam. Hierdie moet beslis Rusland en China se aandag geniet omrede SA se bydrae aan BRICS minder sal wees, tensy hulle die eindelike wenners in die skandaal gaan wees/wil wees van grond.

Dit bly steeds ‘n oorlog teen die rooi gevaar…

Cherokee ·

Absoluut Andre Stander. Ek hou van wat jy sê. Jy het massiewe rugsteun.

Sic? ·

Iemand al gedink aan “druk” uit die hemel ?
Nee seker nie , dit kom teen n prys -bekering .
I Konings 18:30 .Deuternomium 30 . Julle steun hier op n geknakte riet hoor .

Somme ·

Mmmm , toe nader die Voortrekkers die Koein van Engeland ? Hoe goed die bedoeling ook al . Ek sal graag Europa wil sien die tyd van die jaar .

Andre Stander ·

AfriForum is voorwaar die behoud van die minderhede is Suid Afrika – tot die byvoordeel van die meerderheid (wat self nie te goed doen onder hulle regering nie)..

Ek sien Geensins hierdie tipe van vooruit denkswyse en behouds-rigting van ander politieke partye nie, seker maar omdat hulle so besig is om intern te baklei oor korrupsie, kantoor woepsies en velkleur. BlouMaandag veel?

Gerrit ·

Bitter min, indien enige, beroepspolitici is doeners. Hulle is hoofsaaklik praters. Hulle dink as hulle net heeltyd in die parlement debatteer, het hulle hul werk gedoen. Hier en in ander lande.

Siener ·

Wel gedaan Afriforum. Julle het my steun.
Stuur vir ons media wat ons die wereld kan instuur dmv WhatsApp en E-mails.

Selfbestuur ·

Struktureel oplossing: territoriale selfbeskking al is dit ‘n teedoek so groot soos Swaziland.
Dan is ons in eie land baas oor eie sake, bewaak eie grens, en niemand kom in sonder ons goedkeuring. “Niet te klein om groots te zijn”.

Dewald ·

Dit sal werk, maar ook net totdat daai stuk aarde ook maar weereens verniet weggegee word. Veral deur opkomende geslagte wat alles verniet kry. Easy come easy go. Jy onderskat wittes se obsessie om hul bates weg te gee.

Tom ·

Julle gaan niks reg kry nie. Gebruik my maandelikse debiet order bydrae eerder om ons honger mense kos te gee.Dit is erg om te dink daar is vannaand kinders en ou mense wat honger gaan slaap.

Kobus ·

Dewald, 20,000 vierkante km is groot genoeg. Net bietjie kleiner as Israel. Daar kan minderhede bou aan ‘n federasie of konfederasie. Die suidelike en westelike deel van SA sal werk. Met solar en onsoutingsaanlegte het inwoners krag en water. Binne 20 jaar gaan die res van SA in elk geval sink.

De Villiers ·

Eerstens, dankie Afriforum dat julle,nie soos die ANC nie, die belange van alle Suid-Afrikaners op die hart dra met hierdie bewusmakingsveldtog. Sterkte daarmee.

Net nog iets wat onbewustelik voor ons almal se oë afspeel, maar nie raakgesien word en oor gepraat word nie. Ek glo dat die rede waarom die ANC nooit werklik optree teen diegene wat afbreek, plunder en afbrand tydens stakings en betogings nie, die menseregte van kriminele hoër geag word as dié van slagoffers, absurde beloftes wat aan kiesers gemaak word, diskriminerende beleidsrigtings wat gevolg word soos grondonteiening sonder vergoeding, die blankes wat vir alles beskuldig word wat verkeerd gaan, kaderontplooiing ensovoorts is alles ń goed beplande, georkestreerde plan van die ANC met die doel om meer kiesers te wen, dis al. Ek glo dit pla hulle glad nie hoe dit die land, ekonomie of landsburgers benadeel nie, solank hulle net kan kiesers wen, ongeag.

bekommerde ·

@ andre stander
ek stem 100% saam met jou
kallie en afriforum “dankie” dat julle vir ons baklei, my steun is ook met julle
soos siener tereg se, gee vir ons media dat ons dit versprei

B ·

Tog opmerklik dat vanweë ‘politieke korrektheid’ moet ‘eie’ organisasies stel ”n Beter toekoms vir almal in SA’ terwyl die meerderheid se organisasies openlik NET oor hulself begaan is, hulle sal selfs hul ras in dergelike organisasies en verenigings se name insluit?

Selfbeskikking!

Emma ·

Ons land word in elk geval gesaboteur deur die anc. So ek staan agter AfriForum as daar nie een gaan opstaan teen hulle nie val ons almal al meer en meer in die groot gat saam met die anc ondersteuners

Feite ·

Verseker dat AfriForum se beeld na die buiteland polities korrek en afsonderlik volgens elke land se huidige politieke klimaat uitgedra word, gepaardgaande met beklemtoning van verdraagsaamheid, begrip en empatie teenoor ander groepe en hulle uitdagings. Dit is soos wanneer jy n boek skryf wat nie polities korrek is vir die huidige politieke klimaat, dan sal uitgewers se dat dit is n goeie boek, maar in die huidige politieke klimaat kan hulle dit ongelukkig nie publiseer nie. Afriforum kan nie bekostig dat die buiteland dit vir Afriforum se nie. Of Afriforum dit wil weet of nie, die buiteland het nie vergeet dat die Afrikaner se beeld tydens apartheid, die van muishond status was nie en Afriforum gaan moet regtig hard werk om daardie beeld en status eers afgeskud te kry. Julle gaan dus die politiek moet begin regspeel, vrae reg beantwoord, die regte dinge begin reg doen en julle ondersteuners gaan hulself moet begin gedra en wys dat hulle ander mense en die se menswees en sienings respekteer. Onverdraagsame en beledigende optredes moet dus onmiddellik gestaak word! Doen hierdie dinge en nog baie meer en dan behoort julle redelik sukses te behaal met ondersteuning uit die buiteland!

Johan Venter ·

En het ek nie gewag vir die negatiewe kommentaar nie? Ek het skoon asem opgehou. Nou kan ek ontspan.

Johan Venter ·

Dankie Afriforum/Solidariteit dat julle ons op die wêreldkaart vaspen, hier tussen die klomp ANC in die land Suid-Afrika.

Geséls met hulle.

Hou ons relefant!

TDW ·

Ja Feite/Jerry, jy kon nog glad nie Afriforum verdra nie, maar hulle veg vir jou gat ook. Jy kan buig soveel as jy wil, wanneer jy geroof word gaan hulle nie jou politieke beginsels vra nie. Jy word geklassifiseer onder velkleur. Saam jou velkleur het jy baie bywoorde bygekry. Nie oor jy dit verdien nie, net soos meeste van ons dit nie verdien nie. Afriforum en baie mense soos ek werk baie hard vir jou. Jy verdien dit nie, jy skop teen als en enige iemand wat daad by die woord voeg, maar jy sal ook die vrugte daarvan pluk. Soos jy, respekteer ons ander mense en hul regte, enigste verskil is, ons soek gelyke regte, nie soos jy wat jou regte sal opgee “want ons bly in Afrika” nie.
Hou op skop teen mense wat baklei vir ‘n beter toekoms vir jou kleinkinders.
Ons word genoeg geskop.

Dries ·

Hoekom moet ons mense wat in die buitelnd is standpunt in neem. Ons moes al tien jaar terug standpunt in geneem het. Dit is ons blankes se probleem ons praat en ons praat en die ANC lag vir ons nou wil ons wakker skrik

Kobus ·

Die Buitelandse Regerings steeds vrsigtig en onwillig om.kritiek teen ANC Regering te aanvaar want dan erken hulle eerstens hulle gedeeltelike skuld aan die situasie. Die Regerings het probleme van hule eie en voel vere vir Afrika.
Hier moet ‘n Burger organisasie die werk doen wat deur Politieke Opposissie partye gedoen behoort te word. Hoekom doen hulle nie hulle werk nie. Polities re slapgat , almal van hulle.

Feite ·

TDW volgens jou opinie lewer ek afbrekende kritiek, volgens my opinie en MM lewer ek opbouende kritiek, hoekom anders word my opinies geplaas? Tweedens hang dit van Afriforum af van hoe hulle die kritiek ervaar en of hulle dit ter harte neem of nie.

Tweetie ·

Baie dankie Afriforum dat julle iets daadwerkliks doen, en nie net praat soos sommige mense wil voorgee nie. Die probleem is net, Europa en ander lande het ook interne issues soos onbeheersde toestroming van immigrante wat n swaar las op hulle ekonomie plaas, en sosiale onrus as gevolg daarvan. Die media meld nie eens van al die rassekonflik wat daar onder n dekmantel gehou word nie. Dit is basies net die Scandinavia lande waar dit beter gaan en werkloosheid laer is. China verbrand steeds kerke en vervolg Christene daar, so hoekom sal hulle die Afrikaners wil uithelp. Vergeet geheel en al van Rusland. Sommige Europese lande waar ons voorsate vandaan kom soos Duitsland, Nederland en Frankryk kan dalk meer simpatie he, veral omdat baie ex Suid-Afrikaners daar gevestig is, en eerstehandse kennis het van plaasmoorde regstellende aksie ens. Maar daar is altyd hoop, dalk luister Amerika. Ek sou graag wou sien dat almal saamwerk en bou in Suid-Afrika, respek het vir mekaar en daar geen misdaad is nie. Kinders vry kan speel in die strate, en daar voldoende voedsel en werksgeleenthede vir elke burger is. Hoe lekker droom ek nou.

William de Villiers ·

Julle lewer uitstekende werk! Hou so aan asb! Suid-Afrika het julle eerlike en nugtere sienswyse bitter nodig! Aanhouer wen! Ek gee met eerbied aan die hand dat julle ook ‘n Engelse weergawe van Maroela Media op die Internet publiseer sodat diegene wat nie Afrikaans kan verstaan nie, ook daardeur bereik kan word, en die voordeel daarvan kan kry. Dit is natuurlik belangrik dat, sover moontlik, die waarheid ALMAL sal bereik.

Piet Venter ·

Baie dankie Solidariteit/Afriforum. Gaan so voort en veg vir ons behoud.

Marthinus Willemse ·

Die ANC is vandag aan bewind omdat hulle die sielkundige oorlog gewen het; ons het die militêre slag gewen. As ons die probleem wil oplos, sal ons moet leer om slim te werk (soos die ANC gedoen het), wat beteken dat ons ons ego’s uit die berekening moet haal.

“Kritiek teen Afriforum sal nie meer geduld word nie”. Dit is die kommentaar van iemand wat nie demokrasie en Christendom ondersteun nie. Vryheid van spraak geld net vir diegene wat ondersteun word. Dis dom, want dit neem nie die werklikheid in ag nie. Dis die resep vir verloor.

Russiese nuusdienste soos Sputnik en RT publiseer gereeld artikels oor die Afrikaner, en hoe ons uitgemoor word. Die Russe is vandag van ons grootste ondersteuners, omdat hulle, soos ons, konserwatiewe Christene is, wie se moedertaal en kultuur belangrik is, maar deur die hele wêreld afgekraak word. Selfs `n Amerikaner soos Charles Bausman se webwerf Russia Insider, plaas gereeld artikels oor ons, bv. “White Afrikaners moving to Russia, fleeing South African genocide” [22 Jan 2020]

Dis goed van Afriforum om in die buiteland bewuswording te skep, maar ons moet slim werk, en nie bv die John Bolton’s besoek nie. Wees kieskeurig met wie ons praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.