Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na ʼn 21-jarige student van Noorweë wat Woensdagaand, terwyl sy saam met ʼn buitelandse studente-toergroep in Sedgefield in dié provinsie vertoef het, verdwyn het.
Marie Ostbo wat glo in Frankryk studeer het volgens die polisie net ná 18:00 saam met die groep op die strand gaan stap.
Die polisie sê die groep het omstreeks 19:00 na hul blyplek teruggekeer en toe eers besef dat Ostbo nie meer tussen die groep studente was nie.
Luidens ʼn verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het sommige van die studente Ostbo net voor 19:00 laas op die strand, sowat 100 m vanwaar die groep tuisgaan, opgemerk. Sy is geklee in ʼn paar blou jeans en ʼn wit T-hemp.
“Van haar vriende het opgemerk dat sy nie binnegekom het [by die plek waar die groep tuisgaan] nie. Hulle het na haar gaan soek, maar kon haar nie vind nie,” lui die verklaring.
Die NSRI en die Sedgefield-polisie is omstreeks 19:40 na die toneel ontbied om met die soektog te help. ʼn Vermistepersone-saak is intussen geopen.
Volgens die NSRI is talle ondersoekspanne, waaronder die polisie se honde-eenheid, die gemeenskapspolisie en die NSRI, betrokke in die soektog.
Enigeen met meer inligting wat kan lei tot Ostbo se opsporing word versoek om die Sedgefield-polisie te bel by 044 343 1321.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Ek hoop sy is ongedeerd, dis hartseer.
Ik woon in Nederland, en lees elke dag maroela nuus, het self 34 jaar in s.a. gebly, maar na die moorde op my man en seun is ek toe maar weg, ek vertel vir almal hier wat gaan daar aan, maar dis nie genoeg nie, die houding wat die mense hier het is ene van kry vir julle, die blankes het mos die swartes onderdedruk onthou julle, nee wat, ek het nie hoop vir die land nie, dit is absoluut verbij veregaande wat daar al 26 jaar, besig is om te gebeur, gee pad daar, of maak komandos ook al… Lees meer »
Dit maak nie sin nie.Sy is net voor 19;00 op die strand gesien.Die groep was 19;00 by die plek waar hulle tuis gaan Niemand merk iets op nie ook nie dat sy nie meer by hulle is nie.Hoe kon sy so uit die groep uit verdwyn het.
Wat verdwyn die mense so en sy was tog tussen vriende ????
Aggenee – hoop sy word gevind en dat sy veilig is. Hou ons op hoogte Maroela Nuus.