Buitelandse student (21) verdwyn spoorloos in Wes-Kaap

Marie Ostbo (Foto: NSRI)

Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na ʼn 21-jarige student van Noorweë wat Woensdagaand, terwyl sy saam met ʼn buitelandse studente-toergroep in Sedgefield in dié provinsie vertoef het, verdwyn het.

Marie Ostbo wat glo in Frankryk studeer het volgens die polisie net ná 18:00 saam met die groep op die strand gaan stap.

Die polisie sê die groep het omstreeks 19:00 na hul blyplek teruggekeer en toe eers besef dat Ostbo nie meer tussen die groep studente was nie.

Luidens ʼn verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het sommige van die studente Ostbo net voor 19:00 laas op die strand, sowat 100 m vanwaar die groep tuisgaan, opgemerk. Sy is geklee in ʼn paar blou jeans en ʼn wit T-hemp.

“Van haar vriende het opgemerk dat sy nie binnegekom het [by die plek waar die groep tuisgaan] nie. Hulle het na haar gaan soek, maar kon haar nie vind nie,” lui die verklaring.

Die NSRI en die Sedgefield-polisie is omstreeks 19:40 na die toneel ontbied om met die soektog te help. ʼn Vermistepersone-saak is intussen geopen.

Volgens die NSRI is talle ondersoekspanne, waaronder die polisie se honde-eenheid, die gemeenskapspolisie en die NSRI, betrokke in die soektog.

Enigeen met meer inligting wat kan lei tot Ostbo se opsporing word versoek om die Sedgefield-polisie te bel by 044 343 1321.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hartseer ·

Ik woon in Nederland, en lees elke dag maroela nuus, het self 34 jaar in s.a. gebly, maar na die moorde op my man en seun is ek toe maar weg, ek vertel vir almal hier wat gaan daar aan, maar dis nie genoeg nie, die houding wat die mense hier het is ene van kry vir julle, die blankes het mos die swartes onderdedruk onthou julle, nee wat, ek het nie hoop vir die land nie, dit is absoluut verbij veregaande wat daar al 26 jaar, besig is om te gebeur, gee pad daar, of maak komandos ook al is dit kamstig onwettig, moor is ook, so what, ek sien nie n mooi toekoms meer vir die land nie, kry paspoorte en leen by die bank om te betaal vir die kaartjies, vir die wat nie geld het nie, moet ander wat wel het ook betaal, en die regering sal moet plan maak met die swartes wat dan oorbly, dis my siening van die saak. baie baie sterkte vir almal wat deur die vreeslikste dinge moet gaan soos verlies van geliefdes, my hart bloei elke dag vir almal daar.

Groottrek2 ·

Meeste mense is of te arm om te emmigreer of te oud, maar emmigrasie is die enigste manier om te oorleef, daarom dink ek ons Europa moet ons terugvat. Hulle het baie gebaat met ons teenwoordigheid oor n baie lang tyd. Ons sal goed inskakel by die europese kultuur anders as ander immigrante.

Bert ·

ek dink Nederland skuld ons hulp, dis hulle wat die voortou geneem het om ons ‘n “een man, een stem” stelsel opgedwing het.
Nou dit nie werk nie se hulle: hulle kan nie inmeng met ons interne sake nie.
Pleks dat hulle vroeër ook so gedink het, dan was ons nou nie in hierdie gemors nie.

Sanksies ·

Ja ek hoor wat jy se en jy is BAIE REG. Mense oorsee voel ‘dit is nou die wittes se beurt agv apartheid’ die probleem is net dit is onskuldige wittes wat nie net vermoor word nie, maar ook wreed GEMARTEL, verkrag en doodgemaak word. HOE kan ‘n 3 jarige en 4 jarige en 9 jarige DOGTERTJIE betaal vir apartheid? Hoe kan verkragting en die moord op klein kindertjies GEREGVERDIG word deur ‘apartheid’? Die REGERING van die dag het apartheidsregulasies ingestel NIE EK NIE, ek was net ‘n inwoner so hoekom moet ek en my kinders en kleinkinders nou die spit afbyt?? MIN LANDE wil meer Suid Afrikaners vat tensy hulle SPECIAL SKILLS het of nog jonk is . ons ouer persone SUKKEL om hier uit te kom .. al het jy bietjie geld .. MAAR ek stem 100% met jou saam .die ANDER LANDE VOEL NIKS, tog vreemd dat hulle SANKIES tydens APARTHEID toegepas het en nou dat WITTES onderdruk word deur die meerderheid NIKS VOEL NIE.

JJ ·

Weet nie in watter Nederland jy bly nie, maar dis glad nie die gevoel nie. Bly nou al in Nederland vir 19jaar.

Kas ·

Dit maak nie sin nie.Sy is net voor 19;00 op die strand gesien.Die groep was 19;00 by die plek waar hulle tuis gaan Niemand merk iets op nie ook nie dat sy nie meer by hulle is nie.Hoe kon sy so uit die groep uit verdwyn het.

Stoney ·

Bert, Nederland skuld julle NIKS. Julle sê heeltyd die UK en Nederland skuld julle, maar volgens julle, skuld julle niemand niks in SA nie?

Denise ·

Wat verdwyn die mense so en sy was tog tussen vriende ????

Hope ·

Denise, so kinders wat wegloop maak ook nie sin nie, want hul was dan by hul ouer huis.

Annie ·

Aggenee – hoop sy word gevind en dat sy veilig is. Hou ons op hoogte Maroela Nuus.

Oom Kalahari ·

Hoop hul vind haar gou en ongedeerd. Sterkte aan die soektog spanne en bid daar gaan ‘n positiewe uitkoms wees.

AD ·

Maar Australia se waarskuwings is mos vals. Ek hoop so sy is veilig

Gerrit ·

Stem saam hoop sy het nie weer n slagoffer geword in hierdie vervloekte land nie.??

adriana ·

Ek hoop hulle kry har spoedig en dat sy – soos jy genoem het , AI, ongedeerd is.
Ek sal hoopvol bly. Ek sal iets oorkom as dit my kind moes wees.

Leier? ·

Waar was die leier van die toergroep? Is hy/sy bekend met SA? Ek vertrou dat sy ongeskonde gevind sal word, né Sisulu?

L ·

Lindiwe, jou toeriste wat oor niks hoef te vrees in SA nie, verdwyn deesdae jong?! Maar jy se niks en wys geen beskermings belangstelling of optrede nie? Gee n bietjie aandag wanneer Australië praat?!

Ag wat ·

Nee maar die wereld word mos vertel WIT AANVALLE in SA is opgemaakte stories . die wittes in SA is rassisties en hulle behandel hulle werkers sleg daarom verdien hulle om vermoor te word, daar is glad nie ‘n aanval op wittes in SA nie, selfs die DA ABROAD het dit ontken en dit tot ‘prostitusie’ genoem .. die feite in SA dat wittes en veral boere wreed verkrag, aangerand en vermoor word is mos FAKE NUUS .. so eers het die HOllanders gevoel hoe voel dit om aangeval te word in ‘n bus, toe ander buitelanders in die Kruger Wildtuin .. so ongelukkig voor mense iets nie eerstehands ervaar nie GLO HULLE NIE DIE WITTES In SA nie agv apartheid. EK hoop die kind is veilig MAAR ek het my bedenkinge ..

WAkey ·

Dalk moet NOORWEE ook nou ‘n bietjie wakker word .. die Afrikaners in SA lieg mos oor die misdaad en aanvalle op WITTES in SA!

Bosbok ·

Ek dink as dit misdaad was, haar persoonlike besittings nie op die strand sou gevind word nie. Ek is eerder van mening dat sy gaan swem het en in die moeilikheid gekom het

Sê maar net ·

Elke land het sy eie probleme. Het net die ander dag met ‘n Nederlander gepraat wat gevlug het van Nederland, in 2000. Daar het dit ook donker geraak, ander kleuriges het die land binne gestroom en hulle het begin plunder en wapens ensovoorts in skole gebruik. Hulle het nie veilig in hulle land gevoel nie. Nou is dit hier by ons. Die bevolking vermeerder teen ‘n spoed en daar is nie werk vir almal nie, dus gaan moord en diefstal toeneem. Maak die grense toe, hou op dat onwettiges ons land inkom. Vaar in onder die bevolking en stuur die onwettiges terug na hul land. En as jy nie ‘n werk het nie en jy is nie hier gebore nie, gaan terug. Jammer nou vir hierdie informasie op die artikel. Hoop regtig dat hulle haar gou gou vind. Ek hoop en vertrou dat sy dalk geval en gestruikel het en miskien net bietjie bewusteloos iewers lê. Vind haar gou gou seblief

Engela ·

Bosbok, waar het jy gesien dat haar persoonlike besittings op die strand gevind is? Ek het nou die berig twee keer deurgelees en sien dit nie.

Engela ·

Jammer Bosbok, ek het nou eers die tweede berig gesien. Hoop hulle kry haar gou en ongedeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.