Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee buitelanders, onderskeidelik van Zimbabwe en Nigerië, het op die N2 naby Port Elizabeth geryloop toe hulle deur mense in ʼn dubbelkajuitbakkie opgelaai is.
“Die mans het vir ʼn geleentheid George toe gevra, maar die bakkie het in Port Elizabeth in die rigting van Colleen Glen gery. Toe die toeriste sien die bakkie ry nie in die rigting van George nie, het hulle gevra om af te klim,” het Janse van Rensburg gesê.
Toe die bakkie stilhou, het die mense in die bakkie glo uitgespring, ʼn vuurwapen op die mans gerig en geld geëis. Die twee buitelanders het weggehardloop en twee skote is afgevuur. Een van die buitelanders is in die rug getref.
“Hy is in die hospitaal opgeneem. Dit is nie bekend hoe ernstig sy toestand is nie,” het Janse van Rensburg gesê.
ʼn Saak van poging tot moord en poging tot roof word ondersoek.
Cowboys en crooks in S A
Ek dink nie hulle is toeriste nie!! Toeriste bring geld na ons land toe en huur motors om te kom waar hulle wil. Die mense is onwettige imigrante wat ons belasting betaler nou geld kos in ‘n hospitaal. Hopenlik sal die boodskap in hulle eie lande versprei en hulle hier weg bly!
Ok gewonder Stan miskien het die “toeriste” plek gesoek om te roof toe word hulle geroof
Lag my klaar!!! Dis nou mooi naam vir Grens springers. Toeriste!!!” O my word. “
Hoe het jy geld om oorsee vakansie te gaan hou maar kan nie n bus bekostig nie,dan bly jy mos by jou huis?
“Toeriste” uit sulke arm lande? Is hulle nie maar net deel vd 5 miljoen onwettige immigrante uit Zimbabwe en Nigerie nie?
Ja-nee ons grense word nie meer bewaak nie. En nou?
Toeriste?? Van wanneer af is toer Zimbabwiërs en Nigeriërs te voet deur die land? Snert!
Hoe kan sulke snert toegelaat word op ‘n nuusblad soos hierdie?
a Important message to all tourists. South Africa is a very dangerous country at the moment, please stay away till thing become better here. Sorry for the trouble. Regards no.1
Nigeriërs en Zimbabwiese mense is nie hier as toeriste nie?
Hierdie storie is so duidelik soos modder — sonder ‘n baie meer duidelike beskrywing en veral ‘n rasse-identifikasie van die ‘rylopers’ en van die ‘mense in die dubbelkajuit-bakkie’. Selfs geen name nie. ‘n Mens kan nie die loop van die verhaal volg daarsonder nie. Dit is die probleem met politieke-korrekte nuusmedia.
Ek stem saam die alewige politieke korrektheid is twak.
Die mense is deur bronne as toeriste beskryf. Mens kan kommentaar lewer daarop, maar moenie vir Maroela in die proses kelder nie. Persoonlik dink ek die ouens het gedink dis ‘n gratis geleentheid, maar sulke dinge bestaan nie hier nie. Hulle ken die area so goed dat hulle geweet het dat die geleentheid in die verkeerde rigting ry.
As dit ‘n buitelandse toeris was sal sy familie gou agterkom Afrika is nie vir sissies nie maar wild en woes.