Bulls seëvier in Loftus-riller

Blue-Bulls-company-logo-320x183Die eindtelling was 30-19 en die rustydtelling 12-5.

Die Waratahs kon die Bulls nog nie in die laaste 12 jaar klop nie en hoewel hulle met tye sterk gelyk het, was die Bulls se voorspelers en verdediging bloot te fors vir die Aussies. Morné Steyn lyk nou weer sy 2009-self en het die leeue-aandeel van sy span se punte aangeteken, insluitende ‘n manjifieke strafdoel vanaf die halflyn.

Die Bulls lê nou eerste in die Suid-Afrikaanse konferensie en derde op die gekombineerde punteleer ná die Brumbies en Chiefs.

Steyn het die tuisspan met drie strafdoele die telling 9-0 gemaak voordat die Tahs se heelagter, Israel Folau, ‘n pragdrie in die hoekie gaan druk het ná swak Bulls-verdediging.

Steyn het egter seker gemaak sy span behou ‘n gebiedende voorsprong en ‘n strafskop oorgeklits voordat die spelers na die kleedkamers gedraf het.

Die Tahs het kort ná rustyd weer weens gebrekkige verdediging agter die pale gekuier en Brendan McKibbin het sake gelyk gemaak.

Nadat Steyn sy span se neuse voorgeplaas het met ‘n strafskop, het die Tahs se losskakel, Bernard Foley, oorgedraf vir ‘n drie nadat sy span met omkeerbesit en uitmuntende ondersteuning die Bulls uitoorlê het. McKibbin het die telling 19-15 gemaak en die skare en die Bulls se afrigtingspan het bekommerd gelyk.

Frans Ludeke het egter groter en varser spelers begin opstuur en die Springbok Francois Hougaard het ná ‘n lang beseringstydperk oorgeduik om sy span weer voor te plaas. Steyn het die gebruiklike twee punte bygevoeg.

Die nimlike Steyn het daarna tot groot plesier van die skare ‘n lang strafdoel oorgeskop asook ‘n drie gedruk om sy span se posisie in die Super15 verder te verstewig.

Die Bulls speel volgende week teen die gekweste Hurricanes op Loftus Versfeld en hulle sal ‘n veel beter standard moet handhaaf om met die manne van Wellington af te reken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.