Bultrugwalvis spoel by Seepunt uit

Die bultrugwalvis wat op die rotse by Seepunt uitgespoel het. (Foto: Verskaf)

ʼn Dooie bultrugwalvis van sowat 8 m lank het Donderdagoggend by Seepunt uitgespoel.

Die karkas van die walvis het op die rotse uitgespoel en volgens die Kaapse metro se kusbestuursdepartement is die oorsaak van die walvis se dood nog nie bekend nie.

Volgens die departement is dit egter nie ʼn ongewone gebeurtenis nie aangesien daar tans baie bultrugwalvisse langs die kuslyn is en dit algemeen is dat een of twee dooie walvisse uitspoel wanneer daar so baie is.

Daar sal gepoog word om die karkas Vrydag te verwyder. Om dit egter met ʼn vaartuig van die rotse af te sleep, moet daar vir hoogwater gewag word.

Indien die operasie suksesvol is, sal die span die karkas na die Oceana-motorbootklub sleep waar dit op ʼn vragmotor gelaai en verwyder sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maggies ·

Kan dit dalk die begin van SHELL se skade wees? Ek lees dif is nie ongewoon nie, maar glo daar sal meer verlies aan see lewe wees in die nabye toekoms.

Stofdonkie ·

Nee, dit kan nie.Die hele SHELL-sage is net weer histeriese dbv vrouens wat probeer geld kry na hulle verliese oor hulle skaap-histerie, omdat hulle dink skape hou nie van bootry nie.

piet ·

Van hierdie walvisspesies is massief. Ek onthou toe ek klein was het een uitgespoel op ‘n strand aan ‘n Noord-Kaapse kus (kan nie lekker onthou waar nie). Maar die ding was basies ontbind toe ons daar was en meestal net geraamte maar het nog ‘n reukie gehad. Jy kon binne die karkas klim en rondstap soos in ‘n huis. Ek reken dit was maklik so twee tot drie groot kamers lank en een groot kamer-hoogte en breedte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.