Bure kom op man se liggaam af

Argieffoto

Die bure van ʼn 42-jarige man wat Saterdag vir die laaste keer lewend gesien is, het Maandag op sy liggaam afgekom nadat hulle ʼn onaangename reuk uit sy woonstel in Polokwane opgemerk het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder vir Limpopo, het Dinsdag gesê die man is Saterdag vir die laaste keer deur sy familie gesien toe hy ʼn begrafnis in Mankweng bygewoon het.

“Die man se bure het Maandag onraad vermoed toe hulle ʼn vreemde reuk in sy woonstel in Ladanna opgemerk het. Hulle het omstreeks 18:00 toegang tot sy woonstel verkry waarna hulle die man se liggaam op ʼn rusbank aangetref het. Sy liggaam het reeds begin ontbind,” het Ngoepe gesê.

Die oorsaak van die man se dood is nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word.

Die man is intussen as Griffis Mohashoa uitgeken.

In die stadium vermoed die polisie geen vuilspel nie en het ʼn geregtelike doodondersoek word gedoen. Die Westenburg-polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.