Burgemeester, agt ander vas vir bedrog

Thembi Sarah Masilela, uitvoerende burgemeester van die Nkangala-distriksmunisipaliteit, (Foto: Verskaf)

Die uitvoerende burgemeester van die Nkangala-distriksmunisipaliteit in Mpumalanga en agt ander, onder wie munisipale amptenare, het Maandag in die Middelburg-landdroshof verskyn in verband met beweerde bedrog by dié munisipaliteit.

Daar word beweer dat Thembi Sarah Masilela (67) met haar medebeskuldigdes in September 2019 saamgesweer het om te verseker dat bedrieglike dokumente verwerk word vir betalings vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Die munisipaliteit is in die proses uit R215 730 bedrieg.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Masilela en haar medebeskuldigdes is Maandag deur die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdaad ondersoek in hegtenis geneem.

Die medebeskuldigdes is geïdentifiseer as Gigimani Swartboy Sindane, sekretaris van die tradisionele raad van Ndzundaza Mabhoko, Tebogo Nkamide Matiwane, bestuurder van maatskaplike ontwikkeling by die Nkangala-distriksmunisipaliteit, Thembi Ndlovu, koördineerder van maatskaplike dienste sowel as Given Sipho Jele en sy onderneming Somziloyi Businees Enterprise, Simon Prince Musiza en sy onderneming Zenzazona Pty Ltd, Vincent Jabu Sibiya en sy onderneming Megaworks Trading Enterprise, Elvis Sifiso Ntuli en sy onderneming Ngibongaimpilo Pty Ltd en Thabo Wiseman Ntuli en sy onderneming Ngezabanqobi Supply Trading and Enterprises.

Die groep staan tereg op aanklag van diefstal, vervalsing en die oortreding van die Wet op Bestuur van Openbare Finansies.

Al nege verdagtes is borgtog van R10 000 toegestaan en moet weer op 10 September in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Catantho ·

G’n wonder die ANC moet nou nuwe planne beraam om geld in te kry nie.

Hardekwas ·

Hoe díe persoon n burgemeester kon word gaan die verstand te bowe.

Hardekwas ·

n burgemeester is immers iemand wat moet kan leiding neem. As sy die beste kandidaat was wil ek nie die res sien nie.

JohanR ·

Sy het 100 ander geneuk om haar naam op die ANC lys te kry!

Schalk ·

Dis omdat jy net aan ‘n sekere politieke party hoef te behoort dan het jy die werk. Kaderontplooing se kwalifikasies is mos nie kwalifikasies of eerbaarheid nie. Prestasie is ook nie belangrik nie.

Johan ·

Ons het nou maar net n land met skelm mense is om van te kots

Vicky ·

Daar is net geen einde aan hierdie mense se skelm streke nie,gèèn! En op 67 behoort jy al lankal afgetree te wees volgens die staat,maar so sit die ANC kaders se “elders” nogsteeds die kabinet vol met gèèn bydrae tot kennis nie.
Ek skud maar net my kop in ongeloof elke dag.

Blomme ·

Daar is mos reéls vd land en dan ń ander stel reëls vd ANC Vicky. Wat vir die land geld geld beslis nie vir hulle nie.

Johnny ·

Is hulle intussen uit hulle poste ontslaan en hulle salarisse gestaak?

Mariëtte ·

Dis ‘n goeie vraag en intussen word ons as inwoners nogsteeds uitgebuit as dit kom by tariewe, Finansiële stelsels word opgradeer maar nogsteeds word daar gesê die rekening werk 3 maande terug. Ons moet net aanhou betaal en hul bly skep

Belinda ·

Natuurlik nie… wens almal kan met betaling op suspention gaan.

Dirk ·

Lekker vet van die KFC wat gekoop is met die geld wat gevat is..

Jr ·

Sulke hoë profiel werks name, burgermeester, bestuurder van dit en daai en hierdie. Maar niks meer as “common thieves”. 67 en jy’t nog nie hoë moreele standaarde ontwikkel. Ag nee dis van om te braak

Genis ·

So ironies, dat daar 99,9% niks goed gewek word deur hul muslikke paliteite wat hul bestuur

Ruby ·

Kyk, ek is nou nie ‘n gesigskenner nie lol, maar ek kan maar net lag.

Dup ·

Die dame lyk alles behalwe eerlik…..KFC doen soms snaakse dinge aan sekere mense.

Magda G ·

Die val is sekerlik seer. Wie het haar as burgemeester verkies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.