Burgemeester bied beloning aan vir vermiste kind

Shasha Lee November

Shasha Lee November

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het ʼn beloning van R25 000 aangebied vir enige inligting wat sal help om Shasha Lee November op te spoor.

Dit is nou al 10 dae sedert die sesjarige Shasha Lee verdwyn het. Sy is laas op 3 Mei gesien toe sy in Groenal Walk in Hanoverpark gespeel het.

“Ek dink aan die ma en familie van hierdie jong meisie en ek doen ʼn beroep op enigiemand wat weet waar sy haarself bevind, om na vore te kom met inligting,” het De Lille in ʼn verklaring gesê. “As ʼn ma kan ek myself nie eers indink watter trauma die familie beleef nie.”

Die gemeenskap, polisie en ander reddings- en veiligheidsdienste soek onverpoosd na die meisie. “Ek hoop dat ons haar binnekort kan opspoor en veilig aan haar familie kan terugbesorg,” het sy bygevoeg. “Ek bied ʼn beloning van R25 000 aan vir enige inligting wat daartoe kan lei dat ons Shasha Lee kan opspoor en die gevolglike inhegtenisneming en vervolging van die betrokke partye.”

Enigiemand met inligting word versoek om konst. Keith Wakefield te skakel by 083 471 4716 of 021 376 9850 of stuur ʼn SMS aan CrimeLine by 32111.

Shasha-Lee November

Shasha-Lee November

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lorayne ·

Hessie? play nice. . . Dit is ‘n onskuldige dogtertjie was gesoek word. Kom ons bid eerder saam dat sy veilig gevind word. Baie sterkte aan haar gesin, ek hou julle in my gebede!

Regtig ·

Ek stem saam Lorayne… regtig onodig Hessie.. Wie gooi nou die ras kaart?

SNEL ·

Ja-nee, hoop hulle kry haar veilig. Sterkte aan die ouers en familie.

M'3 ·

Dis wat my hartseer maak is dat ons altyd stry oor wie is die rassiste en sê altyd “hul moet net oor die apartheid era kom” maar dan gebeur daar dinge soos dit waar ‘n KIND wegraak en ons gooi die ras kaart??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.