Burgemeester dalk aangekla oor uitsprake teenoor wit mense

Mzwandile Masina by ʼn herdenkingsdiens vir die struggle-veteraan Chris Hani in Boksburg (10 April 2017). Skermskoot: eNCA

Mzwandile Masina, Ekurhuleni se uitvoerende burgemeester, het Maandag gesê die neiging van wit Suid-Afrikaners om swart Suid-Afrikaners “die middelvinger te gee omdat hulle ’n nuutgevonde selfvertroue gevind het”, moet tot ’n einde kom.

Masina het dié omstrede uitsprake in ʼn toespraak by ʼn herdenkingsdiens vir die struggle-veteraan Chris Hani in Boksburg gedoen. Masina het onder meer gesê daar sal nie toegelaat word dat “ʼn paar individue” verhoed dat Suid-Afrika ʼn nie-rassige en demokratiese samelewing bou nie.

“Ons gaan nie van ons planne afsien om ʼn nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika te bou as gevolg van ʼn paar individue en hulle vriende van Save SA nie. Ek weet nie, waarvan wil hulle Suid-Afrika red? Pres. Jacob Zuma is nie deur die rade en uitvoerende hoofde van maatskappye aangestel nie. Hy is deur gewone landsburgers verkies en daarom sal ons ons organisasie verdedig.”

Masina het verder gesê wit mense moet verstaan die kwessie van nasiebou en maatskaplike samehorigheid hang van almal af. “Ons vra mooi, julle moet ophou om ons land te verdeel, want dié wat in 1994 by julle gestaan het, sal nie oor vyf jaar hier wees nie. Indien julle so voortgaan, kan dinge baie rof raak. Ons is baie. Dit is nie ʼn dreigement nie. Ons is baie en dit kan baie, baie rof raak.”

Masina se woorde is telkemale deur luide applous van die gehoor begroet.

Ghaleb Cachalia, die DA se leier in Ekurhuleni, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die party veroordeel Masina se uitsprake ten sterkste en het die saak na die Ekurhuleni- etiek- en integriteitskomitee verwys. “Masina se dreigement is ʼn oortreding van die wet en die Grondwet, wat die reg tot vreedsame protes beskerm,” het Cachalia gesê.

“Hierdie is die praatjies van ʼn militêre leier, nie ʼn demokratiese burgemeester nie. Sulke uitsprake het hoegenaamd geen plek in ons grondwetlike demokrasie nie. Masina kan duidelik nie sien hoe die teenstand teen Jacob Zuma daagliks op grondvlak opbou nie.”

Cachalia het gesê Masina het sy posisie as Ekurhuleni-burgemeester misbruik om die “oorlogspraatjies” te maak en daarom kan sy optrede nie ongestraf gelaat word nie. Hy het gesê die party oorweeg ook om strafregtelike aanklagte teen Masina aanhangig te maak vir aanhitsing tot geweld en intimidasie.

“Dit is duidelik dat Jacob Zuma vir Mzwandile Masina na Ekurhuleni gestuur het om sy werk daar te doen. Masina se verdediging van Zuma is net nog ʼn voorbeeld van hoe die ANC enigiets moontlik sal doen om die onverdedigbare te verdedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Speedguard ·

Wat moet oorweeg word , dit is mos duidelik haatspraak, kla hom aan of moet ons maar begin ingrawe??

Nini van Zyl ·

Neem die geagte burgemeester saam sodat hy in die toekoms ingeligte uitsprake kan maak oor n saak wat al die inwoners v ons land raak.

Johan ·

As jy sulke uitsprake wil maak moet jy maar die gevolge daarvan dra……..maar soos met die vorige sport minister se spreker gaan daar niks van kom nie….hy hits geweld aan….ons kan die wereld se selfvertroue hê…..dit is ons land ook….ek gaan nie soos n uitlander in my eie land voel nie…..so ja lees tussen die lyne….masina

CHRISTA ·

Maar hulle wil Zille kruisig wat net gesê het dat als van apartheid nie sleg was nie. . . . Ek wil sien wat gaan hiervan word. . . .

Haatspraak ·

Haatspraak, HAATSPRAAK dis wat dit is. Miskien moet hy in sy blertus mertus in vlieg.

zoom zoom ·

Dreig die man ons of is dit sy manier vir ‘n grappie.

R. REYNECKE ·

Ek was baie geskok om sy toespraak op News 24 te lees. Dit is ook nie “oorlogspraatjies” nie. Hy propageer wit volksmoord.

Robbie ·

Die leeu kyk sy prooi uit en op n dag slaan hy toe wanneer jy dit die minste verwag ons is nie die stert ons het die kom word nie bang gepraat in my eie land

Murgpyp ·

Dis defnitief n dreigemend, hulle dink seker ons gaan net stil sit

Nicky ·

Jy is doodreg Masina……. dit KAN baie rof raak…… moet ons skrik?

Scalla ·

Jy kan enige tyd kom try, as ons klaar is met mekaar dan kan jy vir jou n vinger kies.

Piet Pompies ·

Slegte nuus vir jou, ek is hier om te bly, jou uitsprake klink soos iemand wat in vrees vir sy politieke party se voorbestaan, sulke aanmekings maak om ten laaste te probeer om stemme te werf.

boksburger ·

Ek is gatvol dat swartmense ons so openbaarlik kan dreig en ons moet dit net aanvaar. Ek is regtig gatvol hiervoor!! Ek hoop regtig hy kan aangekla word!

Anita ·

Dalk?? Wat n grap…die VENT moet aangekla word en sommer ook as burgermeester van Ekurhuleni bedank..geen wonder ons land is in so ‘n gemors nie..want die hooggeplaasdes van die ANC doen en se net wat hulle wil…….maak mens briesend!!

CHRISTA ·

Geen wonder EKURHULENI is in so ‘n gemors nie!!! Straatligte brand heeldag, water (vars en riool) loop in die strate af, straatasblikke word nie leeggemaak nie en die stank is ondraaglik 80% motorfietse het GEEN nommerplate nie, ten minste 40% motors se nommerplate is verbleik of word deur sleepstange verberg of hulle het glad nie nommerplate nie!!! So kan jy net aangaan en aangaan!!!

F ·

Baie ja, maar met baie min tussen die ore. Reg vir jou ou perd!

Trots Afrikaner ·

Stem saam. En niks dissipline nie. Groot getalle ook nooit geen waarborg van enige oorwinning nie. Ek wag saam. Party van ons is hier om te bly en gaan nerens hardloop nie.

Liza ·

Geagte Mnr die burgermeester, ons wittes is hier om te bly of jy dit nou like of nie, en gepraat van die middelvinger, dis beter om middelvinger te wys as wat julle ons wittes uitmoor….. gaan dink ‘n bietjie……maar julle sal eendag daar bo gaan rekenskap gee……ek hoop hy word aangekla wie gee homn die reg om sulke aantygings te maak nou wonder ek wie is rassisties…. mnr die burgermeester…….

Skybird ·

ń paar individue, masina dit sluit jou en zuma in, kyk in die spieël dan sal jy antwoord kry oor waar om Rassisme te begin hokslaan. Franscois ek stem saam, hul was nog altyd baie (lafaards) en ons was Altyd diè mindere, maar dan het ons gewen (Bloedrivier) want ons is en bly nederig voor Ons GOD ! Ons moet beginselvas staan en die GELOFTE weer herleef.

CAB ·

Hulle werk al jare daaraan om die gewone alle daagse mense teen mekaar te draai. kyk hoe is die ware geskudenis uit die skole gehaal. hierdie is hulle laaste “asem” waarna hulle gryp want hulle besef die rasse kaart het nog nie in gesink nie en dat hulle eie mense nou teen hulle draai, hulle speel die jammer jannie kaart maar ongelukkig gaan daardie kaartjie op die regte mense werk met geen heen kome het en wat sal moor om by uit te kom wat die “wit man gesteel het” hulle gebruik die mense wat sukkel om hulle sin te kry hulle het mense blood gestel aan misdaad as die maklike uitkoms. Jy verklaar nie oorlog teen n nasie nie, want dit beteken ons sal gereed wees.

Charmaine ·

Die ANC het net net die DA gewen in Ekurhuleni. Dit kan baie vinnig verander met die volgende verkiesing. Daar is baie witmense en swartmense wat BAIE GOED oor die weg kom met mekaar. Dis die politici wat die vrede versteur.

Blits ·

Ek wonder hoeveel steun die ANC regtig sal he as hulle glad nie rasse haat en geweld aan hits nie, ek dink dan sal die prentjie heeltemal anders lyk, al wat hulle kan doen is haatspraak en geweld aanhits, en dan ook die ras kaart te speel, laat my dink aan >>>>>>>>

Theresa ·

Kan die man verduidelik waar die mense wat bygestaan het in 1994 na vyf jaar gaan wees? Lyk my hy weet iets waarvan ons nie weet nie? Is daar ‘n vyf jaar plan in werking?? En natuurlik moet hy aangevat word nes almal Mev Zille aangevat het. Wat is anders aan wat hy sê en skimp en in publiek sê?? Hy moet pertinent in die media gevra word wat bedoel hy met die “oor vyf jaar is hulle nie meer daar nie” mens kan nie so iets sê en dan nie weet wat jyself bedoel of weet nie!

hendrie schalkwyk ·

maar dit is mos nou Haatspraak, en gaan hy sy “Honourable” daarmee wegkom!!!
Ek wonder watter kanaal het hy en sy president gekyk met die zuma must fall optog – flippen hel, daar was meer swartes as blankes wat hom wil uitkry. hy ,moet gaan vir “n oogtoets want die perd is kleurblind verby

AndreK ·

Die anc aanhangsels is tog so bang vir die “witmense” dat hulle nie twee woorde kan se sonder om op die ras perd te klim nie. Ek wonder of die man gesien het hoeveel van sy rasgenote deelgeneem het aan die optogte ………of het die toordokter wat mense onsigbaar maak sy sig befoeter.

Charmaine ·

Die ANC het net net die DA gewen in Ekurhuleni. Dit kan baie vinnig verander met die volgende verkiesing. Daar is baie witmense en swartmense wat BAIE GOED oor die weg kom met mekaar. Dis die politici wat die vrede versteur. Ons leef in vrede met ons swart bure en ons kinders speel heen en weer.

Uvonka ·

Wonder waste standerd het die ou? Praat net so baie tjol soos ou numba1. Dit is hulle wat rassisme in die land baie goed aan die gang hou maar natuurlik nie die mentaliteit het om dit te wil of kan besef.

rudy ·

miskien het hy ook n panser voertuig in sy agterplaas weggesteek om vinnig weg te kom.

rafel ·

Openlike dreigement. Afriforum? Lyk of Zuma en trawante die blankes op n hoop wil jaag. Hier kom moeilikheid

oumie ·

Hoop more se march gaan groter sukses wees net skrikkerig vir die busdrywer strike as hul saam eff is kan dinge net lelik raak of anc kan dalk ancyl instuur om dit lelik te maak sterkte almal so jammer ek kan nie daar wees nie ek sal gefire wees nog voor ek op die plein is :-(

Johannes van Rooyen ·

Die 2 onskuldige mense wat by verre die meeste rasse haat aanblaas en lewendig hou is ZUMA EN MALEMA
Hulle weet die dag as almal goed oor die weg kom is daar nie meer plek vir die ANC EN EFF nie want dan moet hulle begin doen dit wat hulle beloof het en hulle weet vir ñ feit hulle kan nie
Nou raas en dreig hulle net en dit kan enige iemand doen

Klein mannetjie ·

Klein Mannetjie sindroom!!! Nie eers n dreigement kan daai genees nie…

MARIA ·

“DALK” RERRIG? AS EK DIT SOU SE WAS EK LANKAL AANGEKLA… KLA AAN EN LAAT DIE NUWE WET SY GANG GAAN, WANT DIT IS MOS HAATSPRAAK EN DREIGEMENTE WAT HY GOOI… OOO MAAR DIT IS MOS NOU N BURGERMEESTER EN KLEUR SPEEL SEKER OOK N RONDTE..

MARIA ·

GAAN DAAR WEER PUNTE WEES WAT MENS KAN TEKEN AS JY NIE KAN GAAN BETOOG NIE… SAL SO GRAAG WIL BETOOG MAAR KAN ONGELUKKIG NIE…

foxi ·

Mister Masina…….ek is nou so kwaad dat ek tot my tone vir jou wys. Jy praat nou die grootste klomp twak wat ek nog gesien of gehoor het! Nee regtig…….

Marina ·

Dis wat ek ook gese het kla hom aan vir haatspraak, rasisme! Geweld aanhitsing vat sommer alles wat hy besit en gee dit vir die minder bevoorregtes stop hom in die tronk smyt die sleutels weg en skiet sy kos af met n kettie! Jy wat die burgermeester is van Ukuruleni gaan nie meer daar wees oor 5 jaar nie watch mooi! Ons SAners het herenig en glo my daars baie van hulle wat saam ons sal staan so bring it on ons wag asb onthou net tyd hardloop vinnig uit so maak jou maak!!!

Etta van der Merwe ·

Ek ondersteun Boksburger. Ek is ook keelvol, dik, vuisvoos en gatvol vir bewerings soos hierdie. Die probleem is getalle. Aanvalle geskied deur nie minder as drie of meer nie. Hoe kan ons uitsprake soos hierdie hokslaan? Haat word hierdeur aangewakker en van versoening is daar geen sprake nie.

Frikkie ·

hy het seker sy mond verby gepraat en n’ regte stukkie waarheid laat uitglip…dat dit wel hulle plan is om hul getalle teen ander rasse groepe in te span….

pieterdp ·

Die is nou n oopenlike aanhitsing iets wat teen die wet is. Is die ANC nou so onseker van hul ondersteuners dat hul nou die Rase kaart by elke geleendhuid uit ruk en die ander volkere vir oordeul en hul ondetsteunirs aan hits tot n burger oorlog . Wel ek sal liewer die DA aanspoor om oor tegaan tot n krimenele klag met die same werking van die vryheids frond. Ek glo hul buide het goeie regs hulp om die saak so gou as moonlik te stuid. As ook n interduk teen die skuldagis soos met Malema van die EFF.

Drikus ·

Maar Mnr Die Burgemeester, as julle dan so baie is, waarom laat julle julle dan aan die neus lei deur een ou wat dink hy gaan @ Desember 2017 nog die groot leier wees? Dink ‘n bietjie vir julleself, of is jy bang jou tyd as Burgemeester is ook besig om uit te loop. Ware staatsmanne gryp nie na haatspraak nie. Totsiens my ou.

Leon W ·

Ai ou Masina. Jy het geen idee hoe “rof” dit werklik gaan word nie. Duidelik was geskiedenis nie een van jou sterkste vakke op skool nie. Nie eers die Kubane of Russe kon julle help nie, nou wil jy waaragtig weer probeer. Leer jy nie. Lyk my jy is soos Helen wat nie kan verstaan hoekom sy die heeltyd gebyt word nie.

Loerie ·

Dalk oorweeg om hom aan te kla? Regtig??
Maar toe die klomp swart studente betoog het en ons universiteite geplunder en verniel het en hulle wit t-hemde gedra het wat lees “f…. white people” toe is dit okay? Dubbel stel reels, haatspraak en aanhitsing en ons moet dit net vat want shame…..Wel dit gaan rof raak, baie rof raak, want ons gaan nie net terugsit nie. So bring it on meneer Masina.

Genoeg!!! ·

Nee wat, hoe gaan die gesegde, “dit vat ‘n grote om ‘n kleintjie raak te sien”, menende wie is die grootse rasis?

Maertir ·

Zille word aangekla oor wat sy gese het. Maar hul kan net se wat hul wul en kom niks oor nie. Waar is die regverdigheid nou en wie is uit eindelik rasisties

Frikkie ·

‘nuutgevonde selfvertroue”…??? asof ons nie selfvertroue mag hê nie? en dis alles behalwe nuutgevonde!

Andre Boucher ·

Nog zuma skoot hondjie, hy behoort ook aan die CCC party.

adri ·

Ek dink wat baie van die grootkoppe lankal nie meer besef nie ons normale mense wat nie die haatspraak en agressie aanhits nie is lankal verby rassime as ek by ‘n skoolprysuitdeling is maak nie saak watter kleur die leerder is en hul het presteer is ek saam met daardie ouers en leerder opgewonde as daar harsteer of geluk is is ons almal daar vir mekaar sonder haatspraak, die grootkoppe maak dat ‘n mens wonder hoekom jy hier op grondvlak nog probeer om menslik te wees en die grootkoppe is groot met die monde maar op die einde stuur hulle ander om hul dade te verrig ek sou se dis grootpraat broekskuit

Vinkie ·

Al wat ek hierop kan sê is: God was, is, en sal altyd in beheer bly. No matter what. Ja, hulle is baie. maar hulle kom ook in groot getalle om een boer dood te maak. Bang-gate!

Adrian ·

So Masina jy dreig ons dat ons uitgewis gaan word. Bepaal jou liewer op jou werk, die hele oos rand stort ineen agv anc beheer. Stede soos Gemiston Brakpan en Springs val heeltemaal uitmekaar veral Germiston wat n ashoop is. Ek is woonagtig in Boksburg wat ook uit sy nate trek. Storm slote verstop gate in paaie dooie ligte skewe lamppale vuil stad als n gemors maar jy meneer die burgemeester gee R100 miljoen uit vir hoer onderwys om n lable op jouself te sit dit is ons geld wat jy so vrygewig weggee daai geld moes liewer op infrastruktuur uitgegee word vir herstelwerk. So jy waarsku ons wittes om stil te bly maar ons is die mense wat jou en jou cronies elke maamd moet betaal asook jou lui munisipale werkers wat 10 neem om om een jobbie te doen en goed weke op die sypaadjie los. Ons wittes sorg vir julle baie. Wie betaal daai miljarde agterstallige gesteelde krag en water heh , mnr waardeer ons eerder . My respek vir jou is by die agterdeur uit en moet tog asb nie weer se jy is buite konteks aangahaal nie

Nollie Greyling ·

Ziller is aangekla vir wat sy gese het. Hulle het dit op geblaas iets verskrikliks. Kom ons kyk wat gebeur met die Mnr Masina.

Lora ·

Ek lees die kommentare van die Maroela-soldaatjies en ook die Facebook-soldaatjies wat reken hierdie sogenaamde meneer burgemeester wat openlik dreig met die uitwissing van blankes moet “aangekla” word. Laat my dink aan die hof wat in sitting is – die klaer is ‘n skaap en hy kla dat die wolf wat in die beskuldigdebank staan skape steel. Die landdros is ook ‘n wolf, die aanklaer ook en selfs die polisiebeampte wie die saak moes ondersoek. Wolf gaan besluit of wolf skuldig is. Geregtigheid sal geskied, of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.