Burgemeester, direkteur vas vir bedrog, diefstal

Kgotso Khumalo. Foto: JB Marks-munisipaliteit/Facebook

Die uitvoerende burgemeester en die direkteur van die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes is Vrydag deur die Valke in hegtenis geneem.

Kgotso Moses Khumalo (52), burgemeester van die munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, en Cyril Hendry (54) het reeds in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en diefstal.

“Die inhegtenisnemings spruit uit ondersoeke wat deur die Valke na ʼn trustrekening gedoen is, waarin ʼn totaal van ongeveer R5 miljoen wat vir die JB Marks-munisipaliteit bedoel was, gedeponeer is. Die geld is egter nooit aan die ouditeur-generaal verklaar nie,” het kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder, gesê.

Die verdagtes met hul aankoms by die hof. Foto: Valke

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat verskeie betalings glo uit die trustrekening in die verdagtes se persoonlike bankrekeninge gemaak is. “Daar word beweer dat daar ʼn wanvoorstelling van die geld in die trustrekening was om te lyk asof dit gebruik word om dienste te betaal wat aan die munisipaliteit gelewer is, terwyl fakture na bewering vervals is.”

In sommige gevalle is daar glo geld in diensverskaffers se rekeninge betaal vir dienste wat nooit gelewer is nie en sou die verdagtes dan glo die geld by die diensverskaffers kry.

Die Valke se ondersoek gaan voort en volgens Rikhotso kan die moontlikheid van nog inhegtenisnemings nie uitgesluit word nie.

Die saak teen die twee verdagtes is tot 1 Desember uitgestel en hulle is op waarskuwing vrygelaat. Die verdagtes is gewaarsku om nie naby die munisipaliteit te kom of met enige getuies kontak te maak nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kokerboom ·

Die kaders lyk sommer onbevoeg om die werke te doen. Hoe op dees aarde word die skepsels aangestel?Valke bêre hul asb diep!!!!Die hiënas maak my naar!!!!

Kokerboom ·

Daar is nie ‘n enkele munisipaliteit deur anc beheer wat nie korrup is!!!! Helse taak op Valke en NVG

Strandloper ·

Op waarskuwing vrygelaat tot Desember ???HOE IS DIT MOONTLIK? Jammer alles moontlik met die klomp patete aan bewind…

Persheks Adri ·

R5 miljoen bedrog en jy kry ‘n waarskuwing! Nee nee nee hierdie regstelsel is onregverdig en ja die kleur maak ‘n verskil! Moedeloos julle ek’s moedeloos.

Die boere betaal R15 000 vir niks verkeerd doen nie en die moordenaar kry borg vir R5 000 so onregverdig

Anel ·

In my drome sien ek dat daar weer in belangrike poste bevoegde blankes aangestel is. Maar nou ja, dis net in my drome!!

Elsabe ·

Hy het nou ‘n kriminele rekord. Maar dit maak nie saak nie, ne?

Nico ·

Dit is hoe die Suid Afrikaanse regstel werk, boetie vir boetie, die reg stelsel het al die bekwame regters afbetaal. Die swart ANC regering ontsien nie een die eens eerbiedwaardige blank regslui nie. Daar is al van baie blanke regters ontslae geraak; mense wat heelwaarskynlik uitsprake gelewer het wat nie in die ANC se kraal gepas het nie. Die regering is skynbaar net met hofuitsprake gediend wat met hulle belange en eie siening van skuld of onskuld strook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.