Burgemeester gaan sê oor Zuma se album

anc-leierskap-pres-jacob-zuma-01

Jacob Zuma. Foto: Jonisayi Maromo / ANA.

Die burgemeester van die eThekwini-metro, Zandile Gumede, sal Dinsdag meer duidelikheid gee oor die omstrede besluit deur haar administrasie om te betaal vir ʼn vollengte album met struggle-liedjies deur oudpres. Jacob Zuma.

Hoewel dit nog nie duidelik is hoeveel betaal sal word vir die album indien dit voortgaan nie, het African News Agency (ANA) vroeër berig die munisipaliteit se departement vir kuns en kultuur, wat die projek sal befonds, het ʼn jaarlikse begroting van R25 miljoen.

Volgens die departement sal die album poog “om die geskiedenis te behou”. Die kwessie sal Dinsdag tydens ʼn vergadering van die uitvoerende komitee wat by die Moses Mabhida-stadion in Durban plaasvind aandag kry.

Gumede sal glo ook die kwessie takel omtrent die beplande oprigting van reusestandbeelde van oudpres. Nelson Mandela en Oliver Tambo.

Dit het vroeër aan die lig gekom dat die twee standbeelde R20 miljoen gaan kos. Dit het egter tot hewige kritiek gelei met sosialemediagebruikers wat meen die geld kan eerder vir dienslewering aangewend word.

Thembinkosi Ngcobo, hoof van parke in eThekwini, het in ʼn onderhoud met eNCA kritiek oor die prys van die standbeelde as nie tersaaklik nie afgemaak en gesê die standbeelde verteenwoordig kulturele identiteit.

Dit is intussen bevestig dat Lungelo Gumede die beeldhouer is wat die tender ontvang het om die twee standbeelde te maak.

Die munisipaliteit het vroeër gesê die twee reusestandbeelde sal die perfekte voorbeelde van Durban se toeriste-aantreklikhede wees wanneer hulle onderskeidelik in Julie en September onthul sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ai ja jai ·

Ek hoop een of ander party gaan hierdie absolute nonens stop met n hof aansoek.

Willehond ·

Dan mag ek maar die SA vlag waai wanneer en waar ek wil. Ons behou mos dan die geskiedenis, of hoe dan nou?

Wittes ·

Hy moet dalk vir daardie May vrou van Engeland vra om saam te kom twerk…

HPV ·

Geen salf te smeer aan die mense, hulle hou net aan en aan. Ek onthou ‘n hele paar weermag liedjies wat ons ook maar in ‘n album moet opneem. Dit mag ook nie verlore gaan vir die geskiedenis nie. Wat van ‘n paar Koevoet en 32 liedjies? Kom manne!

Chris ·

Is die kunstenaar L. Gumede dalk familie van die burgermeester? Ek wonder maar net …

Liesl ·

Ek het dieselfde gewonder, Chris. Hulle het dieselfde vanne. Dalk deel hulle die geldjie wat gaan inkom…

Willie ·

Sy eerste liedjie moes gewees het “I want to break free”… maar nou ja geen justice in die land nie…

Realis ·

Net maar nog ‘n bodemlose put waarin miljoene gestort gaan word. Soos hulle in Engels sê “Merk my woorde”. Hierdie album gaan uiteindelik meer as Michael Jackson se “Invincible” album kos. Noudat die souskraantjie by die parlement toegedraai is vir hom moet hy ‘n ander manier vind om van die sous te kry.

geldjie ·

Slaan my om met ‘n nat-vis !!
Jacob – die nuwe musikant …LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.