Burgemeester gered ná gyselaarsdrama

‘n Gyselaarsdrama ontvou in Lichtenburg (24 Mei 2017) Foto: SAPD, Noordwes

ʼn Gyselaarsdrama wat Woensdagaand by die munisipaliteit in Lichtenburg in Noordwes afgespeel het, het omstreeks 01:00 vanoggend tot ʼn einde gekom met die inhegtenisneming van 32 verdagtes.

Maroela Media het vroeër berig ontstoke lede van die gemeenskap by die Ditsobola-munisipaliteit het die burgemeester, Daniel Buthelezi, en van die raadslede Woensdagmiddag gyselaar geneem. Hulle het ook die gebou aan die brand gesteek. Die groep het naderhand die raadslede vrygelaat, maar Buthelezi is steeds gyselaar gehou.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê deel van die groep se eise aan die polisie was dat vervoer gereël moes word wat hulle voor die gebou moes oplaai en huis toe neem. Die polisie het ingestem tot die versoek en twee minibusse het die groep en Buthelezi opgelaai.

Die polisie het hulle egter ʼn ent verder ingewag en 32 verdagtes in hegtenis geneem. Van die 32 verdagtes is nege vroue. Buthelezi is gered en is volgens Mokgwabone ongedeerd. Dit is nie duidelik of hy al vandag teruggekeer het werk toe nie.

Mokgwabone het gesê die verdagtes sal op aanklagte van ontvoering, brandstigting en poging tot moord tereg staan.

‘n Gyselaarsdrama ontvou in Lichtenburg (24 Mei 2017) Foto: SAPD, Noordwes

Jacqueline Theologo, DA-hoofsweep van die Noordwes-wetgewer, het gesê die gemeenskap is ontevrede oor dienslewering in die gebied en onder meer oor die manier waarop die geïntegreerde ontwikkelingsplan vir die Phola-wyk gestruktureer is. Sy het gesê sy glo deel van die probleem is dat daar nie behoorlik aan die gemeenskap verduidelik word hoe die geïntegreerde ontwikkelingsplan gestruktureer word en die begroting wat daarmee saamgaan nie.

“Hier is beslis groot diensleweringsprobleme in die gebied, maar niks regverdig die gemeenskap se optrede om mense gyselaar te neem nie. Protesaksie is ʼn grondwetlike reg, maar nie die kriminele element wat daarmee saamgaan nie,” het Theologo gesê.

“Ek dink die hele dorp is getraumatiseerd. Ek ys om te dink waar die geld vandaan gaan kom om die brandskade aan die munisipale gebou te herstel. Die gemeenskap moet besef hulle sal hul stemme by die stembus moet gebruik om verandering teweeg te bring, want duidelik kan die huidige regering nie in hul behoeftes voorsien nie.”

Mokgwabone het gesê dit is nog nie duidelik wat presies die omvang van die brandskade aan die gebou is nie, maar het gesê dit is beperk tot ʼn gedeelte van die gebou.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Riaan ·

Kan die media asb soveel dekking aan die hofsaak van hierdie 32 gee as aan die Parys boere? Ek (en natuurlik ‘die gemeenskap’) weet nie van n enkele persoon wat al ooit gestraf is vir brandstigting nie. So dan dink almal maar hulle kan afbrand nes hulle wil.

Sarie ·

Ek wil ook graag he dat daar meer dekking gegee word oor Henri van Breda

Priscilla ·

Ja hoor, julle het hierdie kinders opstandig grootgemaak. 20 jaar gerug was julle ook tien teen een klipgooiers en brandstigters, nooit gedink dit sal julle in die stert hap nie. Toe Coligny brand, toe word twee WIT boere uitgesonder, nou terwyl Licthenburg brand, wie gaan nou die skuld kry? Jan van Riebeeck? Ek wil net weet hoeveel van hierdie BRANDSTIGTERS beland uiteindelik in die tronk? Kom ek raai… NIE EEN NIE, maar daar is ‘n heksejag op elke witte wat dalk net ‘n verkeerde woordjie op FB uiter ..

not in wonderland ·

Die mense is siek en sat. Alles belowe om ‘n stem te kry.

Nettie ·

@not in wonderland – hierdie mense mag siek en sat wees – maar hulle was onnosel genoeg om in ’94 te glo dat die ANC vir hulle huise, karre, geteerde strate, gratis water en krag, yskaste, stowe en ander huis meubels uit die hemel sal laat val … “Stupid gets as Stupid does”, sê die Engelse. En HA-HA-HA-HA!!!!!! Jy pleeg ‘n misdaad (ontvoering en brandstigting) en dan ‘eis’ jy dat die Polisie vir jou vervoer terug na jou huis toe reël. Jy dink nie vir EEN oomblik dat die Polisie jou mooitjies sal oplaai en dan vyf minute later net daar waar jy met jou dom agterent in die “teksie” sit, in hegtenis sal neem nie? Bou nou ‘n nasie met sulke mense, ek sê jou!

Sannie ·

Dalk moet daar gekyk word na al die korrupsie in die land. Sluit al hierdie korrupte “staatsbeamptes” toe en kyk hoeveel beter dit met hierdie land sal gaan. So ook elkeen in die “staatsdiens” wat doodeenvoudig net nie hulle werk doen nie – dis diefstal van ons geld

jakes ·

Daai klomp moet by ‘n parlement sitting ook gaan toeslaan

Johann ·

En die dorp het nie werkende brandweer waens nie…welkom in Afrika, Suid Afrika, waar stelsels en sisteme van wereld klas afgebreek, vrbtand, verwoes, leeg gesteel, ontwrig word in die naam.van “poletieke frustrasie” en “gesonde demokrasie”.? Hedsndaagse KOLON ialisme.

Snuffels ·

32 Gearresteer?
Maar Buthelezi , die eintlike krimineel, loop vry rond!
Kom kyk hoe lyk ons dorp en besluit self!

Ouma ·

Ja dink net, as al die miljarde rande wat gesteel is (deur die korrupte staatsdiensamptenare en hul makkers), in ‘n rekening gestort kon word, en werkverskaffing, dienslewering en huise gebou kon word daarmee, sou ons land anders gelyk het. Ek sal ook nie daarvan hou as rou riool in my voortuin vloei nie. Ek kan net nie dink hoekom alles juis afgebrand word nie? Dit kos nou soveel geld om dit weer op te bou .

jaco ·

volgende plaaslike verkiesing stem almal daar WEER vir die ANC. In Ladybrand was daar ‘n paar jaar gelede ‘n optog oor swak dienslewering wat gewelddadig geraak het – so gewelddadig dat die polisie se reaksie gelei het tot die dood van een van die betogers. Die polisielid wat die “moord” gepleeg het, is vrygespreek, en na die plaaslike verkiesing was die ANC maar net WEER aan bewind daar. Ek verstaan nie hierdie mense se manier van dink nie: as die party wat nie dienste lewer nie dan so verskriklik sleg is, stem hom dan uit en stem vir n ander party. dis nie n sonde om nie vir die ANC te stem nie.

Ek stem Jaco ·

Terwyl die mense ANC stem het ek GEEN simpatie met hulle nie. Help nie om nou die wittes te blameer nie, as die ANC in 22 jaar vir jou NIKS gedoen het nie, hoekom stem jy steeds ANC? Jou fout, jou probleem, jou riool.

Theresa ·

Na so ‘n gebeurtenis is daar soveel “wysheid” wat probeer redes vind vir onopgevoede optrede en kriminele. Hoogtyd om te gaan opvoed daar waar gedink word om verblyf belowe te word, binne een dag kan gebeur. As mense nie pertinent gesê gaan word dat ja, daar gaan eventually meer behuising beskikbaar wees, maar dit gaan met KOSTES (geld, tjing, mala) gepaard – so dit kos weer BEPLANNING, die REGTE manier van doen en dan die wonderlike UITVOER daarvan. Daar moet minder onrealistiese verwagtinge geskree word oor luidsprekers by byeenkomste van duisende en meer realisme oorgedra word aan almal wat dink als val net in ‘n skoot en daar is altyd meer te verwag en te vra. Aan wie dit toekom, moet dit verskaf word. Dus is geld ter sprake. Fokus op die werklikheid en die waarheid en goeie kommunikasie en dienslewering. Te veel energie word vermors op die geteem van wie se skuld als is (skuld kan net voor die afgelope jare se swak bestuur gelê word). Wanneer mense in beheer vandag en more fokus – kan daar dalk nog ‘n randjie om die wolk bespeur word.

sioux ·

theologo het NY die geneebskap vertel NIENAND SKULD HULLE N HUIS , LOPENDE WATER. ELEKTRISITEIT, RIOLERING OF VULLUSVERWYDETING NIE! nie die staat nie, nie die munisipaliteit nie, nie die munisipaliteite nie en beslis nie die apartheidregering nie. liewe gemeenskap, ongeag vir wie jy gestem het, as jy nie vir n huis, lopende water, elektrisiteit, riolering en vullisverwydering kan betaal nie, dan kan jy dit nie hê nie.

vermeende ·

Shame, dis nou jammer!

My diepste meegevoel an al die inwoners.

Sannie ·

Interessant..Coligny is mos so 30km van Lichtenburg af? Aanvanklik was Coligny staking mos dienslewering, toe is dit oor ewe skielik oor n beweerde moord. Dink dis tyd dat die ANC lede besef, net as jy n zoeloe familie lid in jou party het, of n vriend is van een van hulle, dan kry jy iets, dit gaan lankal nie meer oor swart en wit nie, die zoeloe stam is hoofsaaklik lojaal aan hulle eie mense en kontakte wat hulle stam sal verryk

SARIE VAN HEERDEN ·

Kon niemand nog die arme siele vertel en leer mens eis nie kos, huis, kar, ens nie. Jy werk daarvoor. Hoe het ons Boere na die Boere-oorlog weer oorbegin en kyk waar het ons geeindig! En die arme burgemeester wat ongemak moes verduur: Siestog, Shame, tog so jammer, arme skepsel. WAT VAN ONS VERMOORDE BOERE?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.