Burgemeester geskok oor uitslag van ‘paraffien-water’

Fawzia Peer, waarnemende burgemeester van eThekwini (Foto: African News Agency/ANA)

Die waarnemende burgemeester van eThekwini-munisipaliteit (Durban), Fawzia Peer, het gesê die laboratoriumuitslag van ʼn waterbottel wat na bewering vloeistof bevat het wat soos paraffien geruik het, het bevestig die water was skoon.

Peer het Dinsdag die uitslag met die African News Agency (ANA) bespreek ná ʼn sitting van die uitvoerende komitee by Durban-stadsaal.

“[Die speaker het ʼn e-pos na my gestuur] en ek het sopas gehoor die water was skoon. Ek is geskok om te hoor dat die water skoon was en dat [die toetse] intern gedoen is, en dat ʼn ander monster nie na ʼn eksterne laboratorium gestuur is nie,” het sy gesê.

Speaker William Mapena het vroeër Dinsdag gesê hy weier om aan ANA te bevestig dat die uitslae gefinaliseer is en dat die uitslag negatief was.

Paraffien is na bewering verlede maand in Peer se waterbottel bygevoeg tydens ʼn raadsitting by die stadsaal. Sy het ʼn slukkie gevat van die waterbottel voor sy die vergadering verlaat en na ʼn hospitaal gehaas is.

Speaker Mapena het in daardie stadium aan raadslede gesê hulle moenie die gebottelde water drink nie, aangesien dit wil voorkom of “paraffien by iemand se water gevoeg is”.

Die bottel is vir toetse gestuur na die eThekwini- munisipale laboratorium en Peer het die volgende dag teruggekeer werk toe ná sy behandeling ontvang het vir brandwonde aan haar lippe, tong en keel.

“Ek dink wat ons uit dié voorval leer, is dat die bottel nie behoorlik getoets is nie. Maar ons leer uit ons foute,” het Peer aan ANA gesê. Sy het gesê die polisie het aan haar gesê hulle moes “onmiddellik” ontbied geword het om die bottel te seël en die inhoud daarvan te toets.

Vier mense het op die dag van die voorval aan die water geruik, het Peer bygevoeg. “Die hoofsweep (ANC-raadslid Nelly Nyanisa) het eerste daaraan geruik. Ek het die bottel vir haar gegee en gesê dat dit my mond brand. Sy het dit geruik en gesê ek moet dit neersit, omdat dit paraffien is.”

Nyanisa het daarna die bottel aan raadslid Sipho Kaunda gegee. “Ons het almal bymekaar gesit. Kaunda het dit toe vir raadslid Barbara Fontein gegee. Almal het paraffien geruik. Die speaker wou toe weet wat aangaan. Ons het die bottel vir die speaker gegee, hy het dit geruik en ʼn aankondiging gemaak dat niemand die water moet drink nie.”

ʼn Paar munisipale werknemers het ten tyde van die voorval aan ANA gesê Peer kan soms oordryf. “Sommige mense dink dit is ʼn grap, maar ek is vreesbevange,” het sy gesê. “Ek moet nou baie versigtig weer met enigiets wat ek eet of drink. Ek koop my eie kos en ek dra my eie waterbottel, wat dalk laf kan klink.”

Beeldmateriaal van die voorval word ondersoek, het sy bygevoeg. Die provinsiale polisiekommissaris het ook ʼn ondersoekbeampte gestuur om haar te ondervra.

Peer is in ʼn waarnemende hoedanigheid aangestel in die plek van burgemeester Zandile Gumede, wat deur die ANC op verlof geplaas is ná bewerings van korrupsie wat verband hou met ʼn tender in 2016 van R208 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

SjN ·

Shame, toe regte water, wat mense nie doen om aandag te trek nie.

TDW ·

Almal het parafien geruik, sy is behandel vir brand wonde aan haar lippe, tong en keel. Dit klink meer asof dit toe gesmeer is deur mense met mag/geld.

Veronica ·

SjN, hoe kan skoon water haar keel, lippe en tong brand? Lw sy is hispitaal toe geneem, só: sjame vir jouself! Ander het ook parrafien geruik!

wilma ·

asb indien dit ini toekoms met enigeen gebeur kry privaatspeurder om toetse te laat doen.

Gert van Wierdapark ·

Toe sy die uitslag kry, toe “skrik sy seker haar Water” weg!

Uilspieel ·

Ag hel. SjN en Gert, julle kan darm simpel nonsens praat! Dit is mos nou duidelik dat hierdie storie toegesmeer word! Party keer dink ek van hierdie mense tik net sonder om te dink! Die mense wat agter dit sit sal mos nou natuurlik nie uitgevang wil word nie

Fanie ·

Raak gewoond daaraan dit is hoe ons land nou is die teroriste is nou in bestuur van ons land moord, roof, verkragting ,korupsie, bedrog, en diskriminasie is nou in die orde van die dag en nog steeds kan ons minderheids groepe nie saamstaan nie daar is n werkbare plan om uit hierdie gemors te kom maar ons kan nie saamstaan nie

Rm ·

Wys maar net weereens hoe skerp die mense is wat die toetse doen, het seker die verkeerde water getoets, geen wonder die meeste munisipaliteite se water toets skoon nie, want hulle kan nie eers parafien in water opspoor nie, ik bly maar n groot probleem

marous ·

Die Vaal rivier se water is sekerlik ook silwer skoon …..

ne ·

Jammer dit kon nie parrafien gewees het nie. My seuntjie het parrafien gedrink wat in ‘n koeldrank bottel was, sy mond en keel het nie gebrand nie!

Zumie ·

Iemand het seker net gedink die edlhoogwaardige se parafien was klaar en het toe bietjie bygesit om weer op spoed te laat kom..

Leon ·

Natuurlik sal hulle seker maak dat hulle laboratorium nie die skuldiges in die steek laat nie. Hoe verwag julle. Dit is mos hoe ‘n Soialistiese kommunistiese staat werk. Hulle kyk almal uit vir mekaar.

Scalla ·

Met die toestand van ons riviere kos parrafien goedkoper as om water te suiwer, kon bly wees dit was nie terpentyn nie.

khat ·

moet nie anc en eff vertrou nie ,die is nou net n lieg storie en ek glo daar is ook gelieg oor vloeistof wat soos parafine ruik dame run for your life they after you its natal nie amerika nie in natal het anc nie n probleem om kaders te verwyder nie

Gert Midtream ·

Van die noodsaaklikste lewensmiddele word nou ook gebruik vir “elimeering” / skrikbewind. Met die kwaliteite van belanghebbendes en kundiges op uiterste “non compliances” vlakke, word die mensdom verder tot laagtepunte gereduseer.

The-O ·

Die bietjie “parafien” wat sy sou inkry sou haar miskien net so bietjie grens-pens gegee het en nie brandwonde in haar mond nie. Klink of sy te veel parlement sepies kyk.

TDW ·

Dit het geruik soos parafien. Sy is behandel vir brandwonde. Dit kon iets soos bv suur gewees het. Die kern woorde hier is die reuk en die brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.