Die burgemeester van die Newcastle-munisipaliteit bly in aanhouding nadat hy Maandag in die Madadeni-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn het op aanklag van moord.
Dr. Ntuthuko Mahlaba word aangekla vir sy beweerde verbintenis met die moord op die plaaslike ANC-Jeugligaleier, Wandile Ngubeni, in 2016.
Die hof het gehoor Mahlaba staan tereg op aanklag van moord, poging tot moord en twee aanklagte van sameswering om moord te pleeg.
ʼn Groep gewapende polisiebeamptes het Mahlaba na die hof vergesel terwyl honderde betogers in die gebied bymekaargekom het.
Die staat het versoek dat die saak uitgestel word sodat Mahlaba se adres en ander inligting bevestig kan word. Die verdediging het egter gesê dit behoort nie baie moeilik te wees om Mahlaba se inligting te bevestig nie aangesien hy ʼn burgemeester is.
Mahlaba sal Maandag weer in die hof verskyn wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Hy is Vrydag by die munisipaliteit in hegtenis geneem. Mahlaba is sedert 1 Maart burgemeester nadat die vorige burgemeester in Januarie bedank het.
Intussen is die aanklag van moord teen Mluleki Ndobe, uitvoerende burgemeester van die Harry Gwala-munisipaliteit, Maandag voorlopig teruggetrek.
Ndobe is aangekla in verband met die moord op Sindiso Magaqa. Hy en sy medebeskuldigdes is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle saamgesweer het om Magaqa en sy kollegas, Nontsikelelo Mafa en Jabu Msiya, in Julie 2017 te vermoor.
Magaqa was ten tyde van sy dood ʼn skakelwese-raadslid by Umzimkhulu. Hy is langs sy kollegas Mafa en Msiya geskiet en het in September 2017 gesterf weens komplikasies van verskeie skietwonde. Mafa en Msiya het die aanval oorleef.
Wha ha ha ha ha! Wat van die hoër op?
Waar is die trots van n burger Meester? Eish kan maar net my kop skud.
Dit is die gesig van die ANC wanneer die mombakkies afval!
Mooi man, laat julle guurigheid onder mekaar voor die wind gaan.
Dr.? Mediese dr. of wat?