Burgemeester in sop oor ‘geld en aanranding’

Truman Prince. Foto: http://whoswho.co.za/

Truman Prince. Foto: http://whoswho.co.za/

Die ANC in die Wes-Kaap het hom uitgespreek teen Truman Prince, burgemeester van Beaufort-Wes, se “swak oordeel” in sy pogings om geld in te samel vir die politieke party.

Jabu Mfusi, woordvoerder van die ANC se Wes-Kaapse uitvoerende komitee, het gesê die ANC het behoorlike riglyne waarvolgens al sy takke en leiers geld vir die party se werk moet insamel en Prince was ten volle bewus van hierdie riglyne.

“Die ANC bevestig dat hy bewus is van die bewerings teen Prince dat hy ʼn polisiebeampte aangerand het. Daar sal terugvoer gegee word op die beplande vergadering met Prince oor die nodige stappe wat gedoen sal word,” het Mfusi gesê. “Die ANC verwag die hoogste vlak van dissipline en toegewydheid van sy leiers en lede, gegrond op sy grondwet, beleidstellings en riglyne.”

Phumzile van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, het vroeër Sondag gesê die DA het ʼn aanklag van bedrog teen Prince aanhangig gemaak nadat hy “verkrygingsprosesse blatant probeer manipuleer het sodat ’n gedeelte van die wins na die ANC se verkiesingsveldtog in Beaufort-Wes sal gaan”. Sy het ook gesê dat ʼn aanklag teen Prince aanhangig gemaak is weens die aanranding van ʼn vrouepolisiebeampte.

“Die DA het verneem dat beeldmateriaal van die voorval bestaan en dat dit teen burgemeester Prince gebruik sal word in die strafregtelike verrigtinge. ʼn Doktersverslag van die ernstige beserings wat die polisiebeampte opgedoen het, sal ook as bewys ingedien word.”

Prince het glo die polisiebeampte van Leeu Gamka, naby Beaufort-Wes, aangerand toe sy hom vir ʼn spoedoortreding van die pad afgetrek het. “Mnr. Prince het glo in ʼn voertuig van Safa [die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging] gery in wie se uitvoerende raad hy dien,” het Van Damme gesê.

“Dit is ʼn skande dat iemand met so ʼn rekord van strafregtelike gedrag enigsins ʼn openbare amp beklee, om nie eens te noem die ANC se uitvoerende burgemeester van ʼn groot dorp te wees nie. Die ANC in Luthuli-huis moet Prince onmiddellik skors en ophou om sy strafregtelike gedrag te beskerm,” het Van Damme gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

GES ·

Eers Fransman nou Truman en wie is volgende….. Die soustrein se wiele is besig om af te val. Lekker man lekker …..

NEL ·

Het nie eens geweet Truman Prince is die burgemeester van een van die mooiste Karoo dorpe nie, dit is hoekom die dorp so vervalle is. Het die Desember op gemerk toe ons daar deur gereis het.Hy het eintlik lank gevat om weer die nuus tehaal. Nee wat Zumpie het hulle mooi geleer hoe om geld testeel en dan polisie vroue aanterand as hy verkeer gehandel het. Dit is ook nie die eerste keer dat hy in die sop is nie, maar die sous trein stoom voort.

Theo ·

ANC, julle strafregtelike optrede teen bedrog en die aanranding van vroue gaan fyn dop gehou word in hierdie geval. veral na die nie te lank gelede “16 days of activism against women and children” Of gaan dit weereens onder die mat ingevee word??

pieter ·

Praat van die sous trein zuma is die drywer hy laai hulle op

GES ·

Ek vermoed die al die wiele van die soustrein gaan gelyktydig afval.

Cilliers ·

Mnr. Prince laat ‘n spooir van verwoesting agter hom, sover as wat sy amateuragtige politieke loopbaan strek. Wondelrik! Hy en sy korrupte party verdien dit.

alida ·

Wat is die probleem? Dank hom af. As daar gesteelde geld betrokke is, is die Arbeidswet BAIE DUIDELIK afdanking met ONMIDDELLIKE effek. Hy rig net meer skade aan terwyl die sogenaamde ondersoek aan die gang is.

Marina ·

Ek het net een vraag: Al die wat so afgedank word vir wanbesteding, word hulle ooit verantwoordelik gehou na die tyd vir terugbetalings van die gelde?????

NEL ·

Alida , afdanking gaan niks help nie, die volgende een in klaar geskool om skelm te wees. Al wat moet gebeur is die ANC moet bloedneus geslaan word in die komende verkiesing sodat die DA kan oorneem en die gebiede waar dit nodig gaan skoon vee en dan vandaar regeer.

DPJ ·

ANC sal swyg hier is nie rassitte by betrokke nie. So alles is toelaatbaar. Sterkte met julle munisipale verkiesing . ANC het genoeg geld om die hele spul om te koop vir ‘n stem.

SkarrelKind ·

Zuma kom met sulke gedrag weg – hoekom kan ek nie? Dis Truman se uitkyk – nie ‘n baie wyse een nie, maar as die president gedurig wegkom met sulke gedra – waarom sou die res van sy makkers nie ook probeer nie? Natuurlik sal hulle. ‘n Vis vrot van sy kop af onder toe.

alida ·

Nel, jy laat my regtig lag. Jy is heeltemal reg – hulle loop klas om skelm te wees en is ervare skelms by die tyd dat hulle die hoogste sport bereik. Hulle het ‘n goeie voorbeeld gekry by JZ.

alida ·

Ek kry die dorpe jammer wie se krag afgesny gaan word deur Eskom. Mens kan hulle ook nie kwalik neem nie want die Munisipale amptenare steel die geld wat die verbruikers betaal elke maand. Hou die burgermeester en sy tesourie persoonlik aanspreeklik. Gelukkig het Mnr Maimane bloed geruik en hy gaan nie los nie. Hopenlik neem hy ‘n paar wyke oor en raak ontslae van die skelms en vrot visse. Mens is gatvol hiervoor.

Anne ·

Krag word gesny – Eskom soek meer geld – ons betaal ons rekeninge maar die munisipaliteite betaal nie vir Eskom nie – ons die verbruiker moet net geld note hoes! En die geld word net wan bestee – war gaand ie streep getrek word

Chris ·

Oor n maand is hy aangestel as in n diplomatieke pos in die buiteland en dan oor ses maande word hy uitgeskop vir dronk bestuur of aanranding.

Maria ·

Die ANC werk nou hard daaraan om die “Criminal tugs” wat hul beeld so skaad uit te roei!
Dit is regtig verblydend om te sien dat daar wel iets plaasvind.

m ·

Hoe meer onbekwaam en korrup jy is hoe beter kans staan jy om poste te kry en hier is ma weer baie goeie voorbeeld. Hoe so mens enigsins so pos kan beklee is lagwekkend. Hy is seker wee een van daai managers wat net heeldag sinnelose ” meet and eat” meetings hou. Dis waar al die geld heengaan!!!! Wat ‘n grap en so vergaan alles met hierdie spulle.

JA ·

Dan praat die Jabu van “dissipline” en “toegewydheid” van sy “leiers” en “lede”.

Wat ‘n groot grap, die spul weet nie wat dit is nie.

Theresa ·

Sit dit op die pale in die land: DANK HOM AF. DIe labour law sê so.
Straf hom vir die aanranding – alla wêreld! Wat is so moeilik om te verstaan?

Berhalet Beukes ·

As ek hom in die nag moet raakloop hardloop ek weg… :-) :-) Dank hom af, vervolg hom, sluit hom toe!

M ·

Kyk mens lag darem lekker vir hierdie mense se sotlikheid. Never a dull moment met hulle aan die stuur. Daar is elke dag iets wat jou laat lag en hierdie mense dink hulle het alles onder beheer. Shame!!

Johan Mahne ·

Die ANC vroueliga is stil oor hierdie voorval maar was op die voorgrond met Oscar. Wat hulle nie alles sal doen om op TV te wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.