Burgemeester lê die tuig neer

Solly Msimanga dien nog tot die eerste helfte van Febraurie as burgemeester van Tshwane. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Solly Msimanga, die Tshwane-metro se burgemeester, het bedank.

Msimanga het die aankondiging Vrydagmiddag in die DA se hoofkantoor in Bruma in die ooste van Johannesburg gedoen. Hy het gesê hy sal sy bedanking in die eerste twee weke van Februarie afhandel, maar het onderneem om inwoners van die metro se behoeftes intussen steeds voorop te stel.

Msimanga is die DA se kandidaat in die naderende algemene verkiesing vir Gauteng se premierskap en wil meer tyd vir sy verkiesingsveldtog inruim.

Na verwagting sal Tshwane se speaker, Katlego Mathebe, Msimanga as burgemeester van die metro opvolg.

Samkelo Mgobozi, Msimanga se woordvoerder, kon by navraag nie bevestig of dit wel die geval sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

J van Rustenburg ·

Nou hoekom klink dit of die bedanking onverwags was

Felix ·

Ek hoor wat jy sê, nee hy het nie op sy swaard geval nie, hy het op sy tuig geval, skuus hy het dit neergelê.

riaan ·

DANKIE TOG!!!!!!

Inwoners se behoeftes voor op te stel??????? Hy het nog nooit, in elk geval nie blanke inwoners nie, so hoekom nou begin, sodat ons vir jou stem?????? You MUST BE JOKING!!

Stem ·

colleen die man het dan so hard gewerk. Hy is uitgeput om daardie swaar ketting om sy nek te dra.

Philip ·

Te onverwags na my mening. Due DA moet hulle binne gevegte los anders hardloop hulle in die moeilikheid.

Nettie ·

@Die DA is lankal al in die moeilikheid. Teen die pas wat hulle aangaan, val die Wes-Kaap ook een van die dae onder ANC-beheer en dan is die laaste provinsie ook totaal in sy kanon in, soos al die ander.

Johann ·

Riaan, hoekom betree jy nie die politiek en sien of jy dit beter kan doen nie. Hy het ‘n bankrot stad oorgevat van die ANC. Hoe sal jy jou huishouding ordentlik bestuur sonder genoeg geld.

christa ·

ek weet nie of hy gemis gaan word nie, Ek het al 4 maande ‘n vooraf betaalde elektrisiteit meter maar verlede week kry ek n rekening wat my aanslaan vir die meter sowel as agterstallige elektrisiteit vanaf ek my meter geinstaller is. Die diens is power verby. elke keer vat dit 2 maande om die fout te herstel .

Riaan ·

Ek tem. Die pateet het nie ‘ clue wat aangaan nie. Is al 2 jaar in ‘n geveg met hom en sy ampies eh hy stel mie belang om dit op te los nie. Hy stel net belang in swart gebiede en hoe hy hulle stem kan koop!

Klakouse ·

Sjoe, wat het hy verkeerd gedoen om al die negatiewe kommentaar te verdien? Ek kan my altyd verstom aan mense wat so negatief is en oordeel, maar wat self nie eers kan cope by hul eie eenvoudige werkies nie!

Nettie ·

@Klakouse – dit klink vir my asof jy “clair voyant” is en nie alleen dít nie: jy’t baie vriende ook, wie jy weet hier op Maroela kommentaar lewer. Want jy weet almal wat hier ‘negatief is en oordeel’ onsuksesvol in hul professionele lewens is ……..

Riaan ·

Ten minste het ek my nie verkiesbaar gestel onder die voorwensel dat ek burgemeester kan wees nie! Hy doen OOK nie sy eie eenvoudige werkies nie want hy kan nie en is te besig om stemme te werf om premier te word.
Bly jy ooit in Pretoria en indien is jy nie skaam vir hoe vuil dit is, hoeveel slaggste daar is, hoeveel robots stukkend is, ens. ens. Ens. Nie?

Riaan ·

En wie het jou aangestel om my te evalueer???
Hy het homself beskikbaar gestel en kan duodelik nie die mas opkom nie! Nou wil hy Gauteng regeer? Spaar ons dit!
Julle da chearleaders maak my siek.

alida ·

Sommige kommentare maak mens siek. Hy is die Burgemeester en kan nie vir ALLES pa staan nie. Daarvoor is daar departemente. Hy is ‘n baie goeie eerlike mens en moes ‘n katnes skoonmaak wat hy by die ANC oorgeneem het. Is daar iemand beter as hy? Wil julle weer die ANC in die stoel hê. Genade hy het wondere verrig in die kort tydjie en tenminste bietjie van die korrupsie uitgehaal.

Bernadette ·

@Alida, ek stem VOLHARTIG met jou saam. Solly het soveel vermag in sy tyd as burgemeester. Gaan ry maar deur die middestad en vergelyk dit met hoe dit gelyk het toe die ANC daar in die stoel gesit het. Ek wens Solly net die beste toe met sy verkiesingsveldtog.

Liza ·

Mense praat uit onkunde uit, dis hoekom hulle negatiewe kommentaar lewer. Ek moet se hy was vir my by verre nog die beste burgermeester wat Pretoria in ‘n baie lang tyd gehad het. En nee as mens op goeie kommunikasie is met jou wykraadslid sou jy geweet het dat dit al lankal in die pyplyn was dat hy mik vir die premier van Gauteng.

Riaan ·

Julle spul da supporters weet nie waarvan julle praat nie! Pretoria lyk baie slegter as toe CancER aan bewind was en hulle vat pta terug in die volgende verkiesing ten sy solly met iemand vervang word die wer wil en kan doen instede daarvan om sy/ haar amp te gebruik om homself/ haarself re boost om premier te probeer word

Riaan ·

Ek stem. Die pateet het nie ‘ clue wat aangaan nie. Is al 2 jaar in ‘n geveg met hom en sy ampies en hy stel mie belang om dit op te los nie. Hy stel net belang in swart gebiede en hoe hy hulle stem kan koop!

Riaan ·

En wie het jou aangestel om my te evalueer???
Hy het homself beskikbaar gestel en kan duodelik nie die mas opkom nie! Nou wil hy Gauteng regeer? Spaar ons dit!
Julle da chearleaders maak my siek.

Janna ·

Skaam julle oningeligte bitterbekke .
Hy’t sy kant gebring.
Viva Solly.

Magda ·

Hy het my werklik beindruk – ek het hom hoog aangeslaan. DA het sulke mense nodig.

Foxi ·

Mnr Solly…….is jy seker niemand dreig jou nie? Sorry, ek glo jou nie. Maar jy het probeer om n goeie job te doen.

Francois ·

Ek hoop ander volg hom,watter ou tradisionele blanke areas het enige besoeke van hom afgekry ,of is daar gepoog on verskil in armer blanke areas te help. SAL WIL WEET

Francois ·

Ek hoop ander volg hom( DA,)watter ou tradisionele blanke areas het enige besoeke van hom afgekry ,of is daar gepoog om n verskil in armer blanke areas te maak of te help. SAL GRAAG WIL WEET

Adam ·

Riaan jy klink na ‘n man wat weet wat Pretoria nodig het. Dalk is jy ‘n geskikte VF+ kandidaat. Die opmerkimg is bloot as ‘n grap bedoel en jy moet dalk ‘n paar Valiums drink nadat jy dit gelees het.

Karlien ·

Ek het ‘n paar gekeenthede bygewoon waar hy ook was. Hy het sy bes probeer en is ‘n aangeme mens.
Pretoria se verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.