Die Limpopo-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn verdagte wat glo die burgemeester van Polokwane (Pietersburg), Thembi Nkadimeng, met die dood gedreig het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Nkadimeng het glo Donderdag en Vrydag boodskappe op haar selfoon van ʼn sekere man ontvang wat gedreig het om haar te vermoor en haar huis af te brand.
“Die motief vir die dreigemente is onbekend, maar verdere ondersoek word ingestel. Die verdagte in die voorval is geïdentifiseer en die polisie is op soek na hom,” het Ngoepe gesê.
Die ondersoek duur voort.
In die land is daar net een van twee motiewe, roof of n geskil.
Dit is wat gebeur wanneer jy toelaat dat kriminele die land oorneem ente bang is om op te tree
Seker iemand wat ongelukkig is oor die asblikke wat alweer oorvol is