‘Burgemeester moet bedank ná Ramaphosa se oorwinning’

Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni (Foto: City of Ekurhuleni)

Die Demokratiese Alliansie verwerp Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, se ontkenning dat hy verlede maand gesê het hy sal as burgemeester en streeksvoorsitter van die ANC bedank indien Cyril Ramaphosa as president van die ANC verkies word.

Masina het in daardie stadium glo gesê hy “sal nooit onder Cyril kan dien nie” en “ek sal weggaan”.

Masina het ná die beriggewing gesê: “Ongelukkig, as dit die geval is, is ek bereid om hul werk makliker te maak en te bedank en net ʼn gewone lid van die ANC en ʼn raadslid te wees.”

Die DA het Dinsdag gesê hy verwag van Masina om nou sy woord gestand te doen en te bedank nadat Ramaphosa Maandag verkies is as die president van die ANC.

“Vir Masina het dit nog altyd net gegaan oor persoonlike politieke gewin, eerder as om dienste te lewer aan die mense van Ekurhuleni,” het Shadow Shabangu, woordvoerder van die DA, in ʼn verklaring gesê. “Ongelukkig vir hom het hy sy geld op die verkeerde perd in die ANC-verkiesingsresies gesit toe sy voorkeurkandidaat, Nkosazana Dlamini-Zuma, die verkiesing teen Cyril Ramaphosa verloor het.”

Shabangu het gesê Masina het Ramaphosa aangeval en gesuggereer dat hy ʼn kandidaat vir “wit mense” is en glo gesê “indien Nkosazana verloor, sal wit mense Suid-Afrika lei”.

“Dis hierdie tipe retoriek wat Masina se tydperk as burgemeester van Ekurhuleni gekenmerk het en dit is aanduidend van sy beleid om slegs ʼn sekere getal persone in mag te bevoordeel, terwyl hy grootliks die behoeftes van die mense in die metro verwaarloos. Hy het nog nooit die belange van die inwoners van Ekurhuleni op sy hart gehad nie, maar het eerder die Zuma- politieke faksie gesteun om sy eie politieke ambisie te vervul,” het Shabangu verduidelik.

Shabangu het gesê Masina se ontkenning is tekenend van sy gebrek aan persoonlike integriteit, selfrespek en geloofwaardigheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Dit sal baie beter hier gaan as wit mense wel toegelaat word om Suid Afrika te lei.

Wilna ·

Alberton, Bedfordview, Benoni, Boksburg, Brakpan, Edenvale, Germiston, Katlehong, Kempton Park, Nigel, Olifantsfontein, Springs, Tembisa, Tokoza, en Vosloorus.

Anoniem ·

Skop hom uit. Jaag hom weg. Ons in Ekurhuleni is moeg vir sy soort wat net neersien op die wit mense. Ons is hier om hande te vat swart en wit om beter dorpe en stede te bou en vir mekaar om te gee

Koos1 ·

‘n Politikus is SA wat sy woord hou en doen wat hy sê?
Glo die DA dan nog in Kersvader en die Tandmuis ook?

Maar gee hom kans, hy sal weggaan as die ANC onder Cyril se bevel hom verwyder.

humor ·

As ek al die name so tel, lyk dit my die korrupte rassis regeer die aarde. Laat Cyril hom in die pad steek. Hy het mos daarvoor gevra. Hy gaan in elkgeval net probleme veroorsaak. Pogings aanwend om homself te verryk.

Cor ·

Weet julle nog nie dat al die korruptenaare aan een ernstige siekte ly nie naamlik ontkenning. As hy in n hoek gekeer word dan is hy gewoonlik verkeerd aangehaal. Nog n simptoon van die siekte is dat hulle oggend en aand praaitjies gereeld verskil .

Tienie ·

Nog ‘n twee gat jakkals – een oomblik sê hy dit die ander oomblik ontken hy dit – te slap om dit uit te voer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.