Burgemeester se assistent doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die assistent van die uitvoerende burgemeester van die Dr JS Moroka-munisipaliteit in die Nkangala-distrik in Mpumalanga is koelbloedig in sy huis doodgeskiet.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Nicholus Mapayane Peu (41) se liggaam is verlede week in sy huis in Kameelrivier A in die Vaalbank-gebied gevind.

“Volgens die inligting wat tans beskikbaar is, het Peu se bure omstreeks 21:00 die aand opgemerk dat messe en vurke buite sy huis gestrooi is, die motorhuis se deur oop en Peu se motor weg was. Die bure het besluit om ondersoek in te stel aangesien Peu alleen gewoon het en dit vreemd was dat die motorhuisdeur sou oopstaan wanneer hy nie tuis is nie,” het Hlathi gesê.

“Toe hulle nader aan die huis kom, het hulle gesien die kombuisdeur is oop. Peu se liggaam het in ʼn plas bloed op die vloer gelê.”

Hlathi het gesê die polisie is ontbied en hulle het Peu se liggaam met koeëlwonde aangetref. Die huis was omgekeer en klere het oral gesaai gelê. Peu se motor is later verlate in Kameelrivier B gevind met die sleutels steeds daarin.

“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om ao. Josias Ntlatleng by 071 312 5641 of Crime Stop by 08600 10111 te bel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Plek? ·

Ek het nie ‘n benul waar dit is. Nogtans tragies om so dood te raak. Sterkte aan fam. vir nog ‘n onnodige dood in hierdie narre-land.

Hy het te veel geweet ·

Hy het te veel van iemand se streke geweet, sy plek is gefynkam vir die inligting. Familie ondersoek sy persoonlike rekenaar en foon, die leidrade sal daar wees.

jaco ·

Dis die soort goed wat die ANC doen in rade wat deur die DA beheer word. Nou kry hulle dit self. Die wiel draai/karma/wat jy saai sal jy maai…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.