Burgemeester se huise, karre in betoging verwoes

Betogers in Koster. Foto: Verskaf

Eiendom en verskeie voertuie van Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munispaliteit, is Woensdag in ʼn gewelddadige betoging oor dienslewering in Koster, Noordwes, verwoes.

Inwoners van die Reagile-nedersetting het vroeër die oggend op ʼn verwoestingstog gegaan en verskeie paaie in die plaasdorpie versper met klippe, stompe en buitebande wat aan die brand gesteek is.

Die sentrale sakegebied is gesluit nadat betogers die burgemeester se huis, haar gastehuis en vier voertuie wat op die perseel gestaan het, aan die brand gesteek het. Betogers het ook verskeie items huisware uit die burgemeester se huise gesteel. Sommige winkels is ook geplunder.

Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die betogers uiteen te dryf.

Israel Matsile, ʼn gemeenskapsleier, het gesê inwoners is ongelukkig oor swak dienslewering. “Ons is vir te lank op die kantlyn gehou. As ons praat, luister die munisipaliteit nie na ons nie. As ons vir vergaderings met rolspelers oor die infrastruktuur vra, dan sê hulle vir ons hulle het hul eie vergaderings om by te woon,” het Matsile gesê.

“Ons het nie paaie nie en ons opgevoede jong mense het nie werk nie. Ons soek dienslewering en waar moet ons vra vir dienslewering as ons munisipaliteit ons dit weier. Ons is ook mense. Ons kan nie en sal nie ophou nie omdat ons ook mense is en behoeftes het.”

Sers. Ofentse Mokgadi, polisiewoordvoerder, het die onluste bevestig. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die betoging kom op dieselfde dag dat Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, aangekondig het dat hy bedank en op vroeë aftrede gaan. Inwoners van die provinsie het in ʼn vlaag gewelddadige betogings die afgelope paar weke sy bedanking geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Ek het baie simpatie met die betogers se frustrasie. Maar die misdadige optrede soos die vernietiging van eiendom en diefstal kan onder geen omstandighede goedgepraat word nie. Die skuldiges moet aan die pen ry!

Casper Labuschagne ·

En in Jagersfontein in die Vrystaat moes die burgemeester gister vir sy lewe vlug nadat die dorp vir bykans ses maande al sonder lopende kraanwater is.

Dit is eintlik onverklaarbaar dat daar so min onluste is. Ek sou al lankal amok gemaak het as ek in daardie posisie was.

Anni ·

Die betogings gaan oor meer as net swak dienslewering. Die Polisie en die amptenare kan daai laag “icing” maar smeer soos hulle wil. Daar is korupsie in daardie Munisipaliteit aan die gang wat julle koppe sal laat ontplof. Daardie Munisipaliteit is by bankrot verby.

tamboti ·

Kwagga, maar dit is mos nie die ANC burgermeester wat deur die ANC raad aangestel is, wat deur die ANC kiesers gekies is, se skuld dat die ANC nie die dienste lewer aan die ANC burgers soos deur die ANC regering belowe is nie!

hester ·

Ek verstaan ook hulle frustrasie, maar dat haar eiendomme en karre aan die brand gesteek is, ja wel…………………… Hoevoel dit om aan die ontvangkant te wees. Maar wat ironies is as jy die mense sou kon vra : Ok mense julle is al 24 jaar lank hierdie dinge belowe deur die ANC. Dit gebeur nie . Vir wie stem julle volgende jaar?

gatiep ·

Toemaar regering gaan alles gratis vir haar vervang met ons geld.

Afrikaanse Knaap ·

‘n Klein vuurtjie hier, ‘n klein vuurtjie daar, en dan skielik brand die hele land.

Leon ·

Pragtig Mnr Israel Matsile, brand alles af, nou het julle nog minder!!! Hoe en wie gaan dit vervang,,,,julle wat alles vernietig?

Annie ·

Ja nee 10 uit 10 vir die betogers.. daardie burgemeester is so korrup soos nog iets.. dis goed dat hierdie betogers wys hul is ernstig.. want hierdie burgemeesters en uitvoerende burgemeesters en munisipale bestuurders kry salarisse wat gelyk is aan ministers se pakkette .. en ja dit is korrupsie voor en agter.. nee wat geen simpatie van my kant af nie….

Alida ·

Wie kan die betogers kwalik neem. Dit grootkoppe het ALLES en meer wat hulle wil hê. Dit is goed nou kan CR se oë oopgaan. Daardie mense het ook water, elektrisiteit en ander behoeftes nodig om hulle kinders en ou mense te versorg. Ons moenie verby dit kyk nie.

Johann ·

ANC LEGACY, maar Isreal en sy volk stem die vergrypers oor en oor tot hulle mags vergrype posisies.? Afrika logika.

Jan ·

Al probleem is die feit dat daar nou nog minder fondse is wat vir dienslewering aangewend kon word.

Annelize ·

Jan, daar IS nie geld nie. Daardie Munisipaliteit is soos in bankrot, daar is niks, nie ‘n dooie sent nie.

Alida ·

Ja Jaco wat het jy dan nou gedink? Stemdag kry hulle kospakkie en T shirt! ANC BO

Gemaskerde Sopbeen ·

Sy kry R672 763,00 per jaar…………en wat kry die inwoners wat vir haar en haar party gestem het? Absoluut niks. Inteendeel, hulle moet daardie salaris betaal. En wat doen sy daarvoor? Dorpe nodig nie burgemeesters nie………..skaf dit af.

Anni ·

Gemaskerde Sopbeen, daardie burgermeester is die Grondbaron van Koster hoor. Vier eiendomme in Koster, waarvan die een ‘n “very very upmarket” Gastehuis is, ‘n plaas in Venstersdorp en soos ek verstaan nog ‘n eiendom erens teen die koppe van die Hartbeespoortdam. En ons praat nie eers van die rygoed nie. Hoe vra ek jou, HOE kry sy dit alles reg as dit wel haar salaris is, soos jy genoem het? Geen wonder die dorp brand nie! Die Munisipaliteit is by bankrot verby, hulle het nie eers geld om toiletpapier te koop nie, wat nog te se die mees basiese van die basiese dienste te lewer.

Zachrys ·

Vir die eerste keer ‘n stap in die regte rigting. In Februarie is ek onder klippe bestook en ek het niks met die saak te doen gehad nie, in hierdie geval word die verantwoordelike persoon verantwoordelik gehou vir die gemors. Ek het geen simpatie met die betrokke burgemeester nie en loof die mense dat hul, hul woede op die regte plek uitlaat doen so voort! Laat die blinde sambok nou die regte mense bykom!

Cherokee ·

Terwyl ek jammer is vir mense wat finansieël sukkel, en dienste benodig, verstaan ek steeds nie hoe mense kan aandring op dienste, en selfs vandalisties is daaroor, sonder om daarvoor te betaal. Ek het nie maklike kinderdae gehad nie en het geleer dat mens moet betaal vir wat jy wil hê. En geweet dat geskenke met waardering geag moet word.

Martie Müller ·

Die Munisipaliteit sit in ons parke Gum toerusting. Hulle gee ‘n miljoen rand vir die toerusting. Dit terwyl mense nie werk het nie. Haar goed sal vervang word, maar sal jou kar of huis vervang word.????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.