Burgemeester sê klopjag was ‘dramaties, onnodig’

Mpho Khunou, burgemeester van die Rustenburg-munisipaliteit (Foto: ANA)

Mpho Khunou, burgemeester van die Rustenburg-munisipaliteit, het Vrydag gesê die klopjag wat die Valke vroeër vandeesweek op die munisipale kantore uitgevoer het, was “dramaties en onnodig”.

“Dit was ʼn bietjie dramaties en onnodig, veral gegewe die feit dat die munisipaliteit nog heeltyd sy samewerking gee. Hierdie hardhandige benadering van die Valke waar hulle soek vir goed waarvoor ons nie verantwoordelik is nie, is iets wat verbysterend is. Ons sal dit met die relevante owerhede opneem,” het Khunou gesê.

Die Valke het Dinsdag op die munisipaliteit se kantore toegeslaan en ʼn beslagleggingsoperasie uitgevoer in verband met beweerde tenderbedrog ter waarde van R85 miljoen. Khunou sê die klopjag is gegrond op kwessies wat verband hou met Bonakude Consulting, wat die hersiening van finansiële state hanteer het; CMS Water Engineers, wat onder die munisipale infrastruktuurtoelaag val; en Ultimate Dynamic, waarvan die kontrak deur die Rustenburg Waterdienste Trust toegeken is.

“Die groot probleem was die R85 miljoen-tender wat aan CMS Water Engineers toegeken is vir die boumateriaal van die Bospoortdam in Mei 2018. Slegs R25 miljoen is gebruik en ʼn fisieke verifikasie van die materiaal is op 26 Februarie 2019 gedoen.”

Die munisipaliteit sê hy het by twee geleenthede, in November en Desember verlede jaar, die boddokumente wat met Bonakude en CMS Water verband hou aan die Valke voorsien.

“Hierdie dokumente wat deur die beslagleggingsoperasie bekom is, was inteendeel reeds in die besit van die Klerksdorp-handelsmisdaadeenheid én die Pretoria-handelsmisdaadeenheid. Dit is verder ook kommerwekkend dat ʼn beslagleggingsbevel bekom en uitgevoer is vir ʼn maatskappy genaamd Ultimate Dynamic (Pty) Ltd, terwyl dit nie ʼn kontrak is wat deur die Rustenburg-munisipaliteit bestuur word nie, maar eerder die Rustenburg Waterdienste Trust,” het Khunou gesê.

“Die feit is dat ʼn beslagleggingsbevel bekom en uitgevoer is vir inligting wat reeds in die Valke se besit is, asook vir ʼn kontrak wat nie deur die munisipaliteit toegeken of bestuur is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Riaan ·

Alas the lady protest to much!

Duidelik iets om weg te steek?

“Relevante owerhede” gaan nie help nie want dit is elkeen vir homself in die korrupte land!

Kanni Vestani ·

Dis maar net R85 miljoen tenderbedrog, hoekom so bohaai? Die belastingbetalers kan mos opdok! As die Rand val, dan tel ons dit net op! Maklik man, maklik!

leser ·

seer sekerlik papiere wat al 5 jaar terug aangestuur is om die transaksie te ondersoek, nou skielik skrik iemand wakker en die wil lyk sasof die persoon sy werk tog gedoen het, LMGA

tender van r85milj en slegs werk vir r25milj, waar steek hulle die res weg

Neels ·

Ons sal dit met die rellevante owerhede op neem . Hy meen seker Luthuli huis , Daar sal ook niks van kom nie net n rookskerm vir stem werf .

Nita ·

Jesus het gese jy kan nie God en Mammon dien nie. Hy het presies geweet hoe gulsige, bloeddorstige god mammon is. Ontsien niks en niemand nie.

Gert J ·

Verrassings element het hulle ontneem om bewyse te verwyder. Mooi so Valke

Johanna Botha ·

Wel die gebou en kantore is vuil onversorg en eintlik maar n DUMP !

Gert van Wierdapark ·

Die Beste van Alles is dat die Droogmakers/kripvreters nooit aan die Pen Ry nie. Of dit nou ‘n skamele R85 miljoen is of’ n klompie biljoen Rand, hul karring net voort.!

marous ·

Die diefstal van die belastingbetaler se geld is onnodig en dramaties .

AttieNo ·

Een ding is verseker hierdie sal nooit ‘n kommunistiese land kan word al probeer hulle. Hulle sal ‘n bokslagting op die strand probeer reël en opeindig met waterwese wat gevangenis dagvaar nadat die departement gesondheid nie betyds die elektriese verbindings goedgekeur het nie. Na 5 ondersoek kommissies is onderwys gratis maar afwesig. Ek sluit dan nou eerder af.

Willehond ·

Maar hy darem maar baàaie mooi koloniale klere aan! Selfs skoene en kouse met n das! Mooi man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.