Burgemeester se R1 miljoen oorsese reis geweier

Burgemeester van Madibeng, Jostina Mothibe (Foto: ANA)

Die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Woensdag ontken dat die burgemeester en munisipale bestuurder meer as R1 miljoen sou spandeer op ʼn oorsese reis.

Jan van Rhyn, DA-raadslid in Madibeng (Brits/Hartbeespoort/Mooinooi), het gesê die ANC-raad het ʼn reis na Maleisië van 7 Februarie tot 13 Februarie goedgekeur vir die burgemeester Jostina Mothibe en die munisipale bestuurder Morris Maluleka. Die koste beloop R529 595 per persoon om die Wêreld Stedelike Forum by te woon.

Hy het gesê die party het Mothibe skriftelik versoek om die duur reis te heroorweeg en het die saak ook na die DA se nasionale woordvoerder vir samewerkende regering en tradisionele sake, Kevin Mileham, verwys om op ʼn nasionale vlak in te gryp en dié reis te verhoed.

Tumelo Tshabalala, munisipale woordvoerder, het gesê dit is betreurenswaardig dat die DA vals inligting oor die munisipaliteit deur die media aan die publiek sou versprei. Volgens Tshabalala is die koste van die reis nog nie bepaal nie. “Die waarheid is dat die bedrag van R529 595 die balans is van die reis-en-verblyf van die kantoor van die uitvoerende burgemeester toe die verslag oor die reis saamgestel is, en dit is nie die koste per persoon vir die reis nie.”

Tshabalala het bygevoeg die verslag wat aan die raad voorgelê is, is eenvoudig en duidelik oor die saak. “Wat hulle daartoe gelei het om te dink die reis kos R529 595 per persoon om die Forum by te woon, is nie vir ons duidelik nie. Slegs hulle kan ʼn verduideliking gee.”

Van Rhyn het gesê die munisipaliteit kan nie die reis bekostig nie. “Die munisipaliteit kan nie hierdie buitensporige uitgawe bekostig nie en die reis moet gekanselleer word. Die munisipaliteit sukkel elke maand om aan sy finansiële verpligtinge te voldoen. Die munisipaliteit skuld miljoene aan Eskom, Rand Water en ander krediteure,” het hy gesê.

“Tog dink die ANC dis reg om só groot bedrag geld te spandeer op ʼn oorsese reis wat geen waarde sal toevoeg vir die dorp of sy inwoners nie. Die Demokratiese Alliansie in Madibeng maan die burgemeester en die munisipale bestuurder om die behoeftes van hul inwoners eerste te plaas en nie enigiemand anders se geld te spandeer op dié onnodige reis nie.”

Die munisipaliteit het ook ontken dat hy versuim het om munisipale werkers se salarisse op 25 Januarie te betaal.

“Die agtergrond van die saak is dat daar ʼn tegniese fout was met die salarislêer en dit het daartoe gelei dat die salarisse later die dag betaal is,” het Tshabalala bygevoeg. “Ons het die werkers in kennis gestel van die vertraging, maar hulle is steeds, ondanks die vertraging, steeds op 25 Januarie betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

humor ·

Kan sommer sien by die tante is daar net mooi niks tekort nie. Gewoont aan buitesporige luukses sonder om te werk.

zoom zoom ·

Klink vir my na ‘n lekker vinnige vakansie met iemand wat haar tasse kan dra.

Cornelius du Rand ·

Bogom som my gedagtes op. Passop Bogom hulle gaan jou aankla van rassisme oor die naam wat jy gebruik. Wat soek n burgermeester van dorpe in die Buiteland.

Johann ·

Mense mense. Hulle moet JUIS gaan! Hulle is die gas sprekers oor die onderwerp:

How to destroy Local Goverment: A case study, brought to you by the ANC, presented by an incompetent ZUMAIKI.

Irene Myburgh ·

Daardie bedrag is nog baie min daar is persone wat vir baie meer as dit oorsee vlieg op staatsonkoste in al die verskillende staatsdepartemente.

Hans ·

wat ek nie kan verstaan nie hoekom is dit in vandag se tydperk nodig om na ander lande te reis vir werksessies of sulke goed. Kan mens nie die internet en video call gebruik vir sulke goed nie. Bespaar geld en tyd baie van altwee.

Mike Kaapstad ·

Kry jou eie land reg uwe, wat is wereld forum buitendien…………..

Maria ·

Al is jul verskooning nou dis nie regtigtig die bedrae nie…is dit n vermorsing van geld en as jul Eskom en die Rand se Water ens. geld skuld kan jul beslis nie so reis onderneem nie…so pak julle tassies uit en betaal julle skuld eers…dis eintlike lagwekkend dat dit in die eerste plek goedgekeur was …duidelik n teken dat die wat in beheer is en ja gesê het nie n idee het om regte leiers te wees nie…dis swak en kommerwekkend dat julle aan stuur is van sake … nee wat julle verdien nie om in daai stoele te sit nie

Mike Stander ·

Verduidelik weer vir my van “teenwigte” ….?
Ek bly net my kop skud.

annatjie ·

Ek bly in Hartbeespoort. Die strate is in ‘n toestand, nie eers te praat dat water afgesny word vir 3 dae weens wanbetaling nie. Ek sal eder geld aan die dorp en strate spandeer en sorg dat my mense water en krag het, elke 2de week is daar nie water nie weens waterpype wat om elke tweede hoek bars. Sal my skaam!

Nossob ·

Reel plaaslik n vergadering, dan kan sy sommer hier sit en slaap.

Pieter ·

Die ANCircus is nou eenmaal n gebroedsel van leuenaars – vra my broer Jack, hy lieg net so hard soos ek.

O jinne ·

O jinne die nuus moet by die kiesers uitkom, ons moet eintlik in al die tale plakate hieroor laat druk dat hul sien hoekom daar nie geld in die land is vir armes nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.