Burgemeester se vrou beroof

bloulig

Argieffoto.

Parks Tau, die burgemeester van Johannesburg, se vrou is Maandagaand in Sandton beroof.

Phindile Chauke, die burgemeester se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê Tau se vrou, Pilisiwe Twala-Tau, was alleen in ʼn parkeergebied toe sy deur rowers oorval is.

“Sy is van al haar persoonlike besittings beroof wat sy by haar gehad het,” het Chauke gesê. “Net soos haar man, verkies sy ʼn eenvoudige bestaan en om nie lyfwagte om haar te hê nie. Sy is emosioneel getraumatiseerd, maar andersins ongedeerd.”

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

charlene ·

Dis amper erg, jammer maar hulle (die ryk mense wat dink hulle verdien net sonskyn en rose) verdien ook om bietjie te voel hoe dit voel om aan die ontvang kant van sulke goed te wees.

Snuffels ·

Rerig? Niks spesiaal of nuut nie. Dit gebeur elke dag in ons samelewing hier in Suid-Afrika

Annie ·

Nou is die skoen aan die ander voet – kan hulle ook bietjie voel hoe voel dit – glo my nou sal daar iets omtrent dit gedoen word.

Scura Toks ·

Soos wat nogal ? Die versekering betaal uit en dis AL wat tel !

Miemie ·

Wens dit vir niemand toe, nie eers die “rykes” nie. Skaam julle!!!!

Karolis ·

Ja Miemie ek glo nie een van hulle het die berig sorgvuldig gelees nie.
Hierdie man en sy vrou is anders as die ander.

Liza ·

Ja nee Miemie, sak my kop in skaamte…. Niemand verdien dit nie.

Winston ·

Dis die regering se skuld dat misdaad hoogty vier. Menseregte nommer een en burgerregte ontneem.

charmaine ·

Shame, hopelik sal die versekering al die goedjies kan cover dan kan sy nuwe goed gaan koop. Nou sal sy ook vir n rukkie in vrees leef soos die meeste van ons en daardie hol kol op jou maag kry as jy n ongewenste element sien.

Griki ·

Ag nee wat, dis darem baie swak van die kommentators wat hulle hierin verlekker. Niemand verdien dit om slagoffers van misdaad te word nie. ALLE misdaad moet veroordeel word.

Absoluut ·

Ek stem 100% saam met jou Griki, mens verlekker jou nie in ander se pyn en dan lees jy die hele berig en jy sien dit is goeie mense wat nie onnodige geld (munisipaliteit of staat) mors op ‘n gros lyfwagte nie!!!!!! Mevrou ek hoop U herstel vinnig veral van die trauma en dat U man hierdie daad sal opvolg tot op hoogste gesag, dit moet stop, hartseer dat dit julle moes wees, maar jul kan ‘n verandering maak. Eis ordentlike vervolging en strawwe!!!! Geen persoon in ons land moet so onveilig voel nie!

Uit die Ooste ·

Is dit nou nuus ? As sy blank was dan was dit nie eers n storie nie. Nou gaan sy goed eis van haar versekering wat nie eers gesteel is nie.

Jan maak n Plan ·

Verstaan my baie mooi, ek verlistig myself nie in haar elende nie, maar ek dink dis soms ook goed dat die hoes van die ANC ook deurloop onder misdaad. Miskien sal hulle dan wakker skrik en iets daaromtrent begin doen.

Lourene ·

Jan ek stem saam jou.. Mens verlekker jouself ni in iemand anders se sake ni. Di Bybel waarsku ons daarteen. Ons moet pasop dat wat ons spreek ni terug keer na ons ni. Maar dinge wat gebeur soos die, gaan hopelik hul oe oop maak.. Hoe stop mens elkgeval misdaad wat so erg is? Di wereld is boos en ons weet dit is ni meer vir ons ni. Dis di satan en sy trawante se nes. Al hoe ons buitendien veilig sal bly is om Jesus se bloed oor jou en jou familie elke dag te pleit. Daar wag iets ver beter vi ons, ..

charlene ·

Jaaaa die mense is anders as die ander, hulle sit seker heel voor in die kerk en gee om die die arm mense in die land, Nee hulle doen nie. Dis mos nie wittes wat swaar kan kry en arm kan wees nie – net 1 vel-kleur mag arm wees!!! Jammer maar hulle voel minder as niks vir die wit arm mense en wit arm kinder in wit plakkers kampe so hoekom moet ek iets vir hulle voel. Net omdat sy nie wagte het nie nou is sy ewe skielik `n heilige mens! En ja die Byble sê baie goed. Die Byble sê ook `n oog vir `n oog en `n tand vir `n tand…………….

Ben Prinsloo. ·

Vertel ons mev Tau, hoe voel dit. Het hulle n geweer teen jou kop ook gehad? Gelukkig mev Tau toe die witman aan bewind was was daar wet en orde. Wat jy saai sal jy maai. Welkom in die ANC mevrou. Dit is waar die regerende party ons heen gedwing het en u is deel van die regerende party. Cowboys don’t cry in front of their horses, jammer mevrou Tau.

Lourene ·

Julle moet ophou spot.. Regtig , almal weet wat gaan aan indi regering. Weereens di Bybel se baie, ja jy is reg Charlene,,, maar di Bybel se ook bid vi julle regering… Wie doen? Nou sit almal agteroor en wag vir iets goed om te gebeur,,
As jou regering wicked’ is gaan jou land ook wees.. Hul aanbid hul voorvader geeste, hulle handel goddeloos. Wie bid dat daar n verskil moet kom? Jinne

Ben Prinsloo ·

Lourene moet my nie verkeerd verstaan nie maar nadat die Israeliete ook opgevoeter het was die 3 daagse reis 40 jaar. Ek neem aan hulle het in die tydperk ook baie gebid maar niks het gebeur nie. Hoekom is hulle eers genade betoon na 40 jaar, net omdat hulle gebid het? Nee Lourine stellig nie. Die woord sonder die daad beteken niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.