Burgemeester, speaker van Tshwane terug in poste

Stevens Mokgalapa. Foto: DA

Tshwane se burgemeester, Stevens Mokgalapa, en die speaker, Katlego Mathebe, is terug in hul poste nadat die hooggeregshof in Pretoria Vrydagmiddag alle besluite wat by gister se spesiale raadsvergadering geneem is, ter syde gestel het.

Mokgalapa, wat tans op spesiale verlof is, en Mathebe is al twee deur mosies van wantroue tydens die vergadering uit hul ampte onthef.

Dit het beteken dat die ANC beheer van die metro oorgeneem het. Die ANC het ook vandeesweek beheer van die Johannesburgse metro teruggeneem nadat Geoff Makhubo verkies is tot nuwe burgemeester.

Die DA het ná die raadsvergadering in ʼn dringende hofaansoek gevra dat die besluite ter syde gestel word en het onder meer aangevoer die regte prosedures is nie gevolg nie.

Regter Neil Tuchten het in die DA se guns beslis en beveel dat die aansoeke op 17 Desember in die dringende hof aangehoor moet word. Hangende die afhandeling van dié aansoeke het hy alle besluite wat gister by die raadsvergadering geneem is, ter syde gestel.

Dit sluit in die aanstelling van ʼn waarnemende speaker, die mosie van wantroue in Mathebe en haar gevolglike verwydering uit die pos, asook die mosie van wantroue in Mokgalapa en sý verwydering uit sy amp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Dìt is hoe ver die DA sal gaan… om ‘n regter te oortuig om die moontlikheid te ondersoek dat daar miskien DA-lede is wat vertrou kan word. Jou ouers het jou gewaarsku… moet nie saam met swak vriende speel nie.

André-Chris ·

Ek sien elders Julius Malema sê alle wit mense moet aanvaar dat hulle rassiste is, so as dit is hoe hy ons sien sal hy nie ‘n maatjie van ons wil wees nie.

pieter ·

Definisie van dienslewering.Dis wanneer n party in beheer van n munisipale area alles in sy vermoe doen om in beheer te bly van die geld kas,en nie n duiwel omgee wat met die dienslewering na die gemeenskap gebeur nie.

Johanna Botha ·

Wat n sirkus …gaan hier ooit weer orde kom . So besig om die man te speel dat die werk nie gedoen word. Intussen val centurion uitmekaar ! Straatligte brand deur die dag. Onwettige tekens oral . Dit wat omgery word word netso gelos vir maande. Sypaatjies le vol geel sakke wat oopbars omdat stadsraad dit nie haal nie. Dan word daar plante gepant en nie water gegee so hulle is dood. Alles is n geoefen ! !

Wag maar en sien ·

Almal kla oor die DA, maar wag tot EFF of ANC in volle beheer is van ons Munisipaliteite, dan sal julle besef NOU was die tyd van melk en heuning . Ons DA raadslede in Silverton werk hul oor n mik om ons Munusipale probleme op te los, maar as dit een van die ander twee groepe moet wees, sal dit n hopelose verval van ons gebiede word totdat ons areas soos due townships lyk . Sê dankie vir wat julle het en bid vir die dag van more.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.