Burgemeester spring self in om skuld in te vorder

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, sal Maandag aan ʼn stadswye invorderingsveldtog deelneem om ʼn raps minder as R1 miljard agterstallige skuld van meer as 2 000 ondernemings wat nie vir die stad se dienste betaal het nie, in te vorder.

Mashaba sal dié tog saam met onder andere David Tembe, die nuut aangestelde hoof van die Johannesburgse metropolisie, Shadrack Sibiya, die hoof van die stad se departement van forensiese ondersoek, Isaac Mogoashoa, die hoof van die stad se regsdienste, asook ander senior beamptes meemaak.

Die stad het in ’n verklaring gesê dié veldtog is ’n gesamentlike poging van City Power en die Revenue Shared Service Centre om agterstallige geld wat aan die stad verskuldig is in te vorder.

Dit sluit omgewings uit waarvan die krag nie deur Eskom voorsien word nie.

“Ons is toegewy om geregtigheid te laat seëvier in die stad en te verseker dat dié wat wel kan betaal dit wel doen. Die geld is van sleutelbelang vir die voorsiening van dienste in ons stad, veral vir ons armste inwoners en om druk op dié wat tans betaal te verlig,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Nee, Herman. Maak eers die gemors reg op die rekeninge om seker te maak dat die geld wel verskuldig is. Vir die laaste nege maande oorbereken julle wat ek skuld en vra rente en boete op geld wat ek nie skuld nie, omdat die lesings nie op die stelsel ingelees word nie.
Haal eers die balk uit jou eie oog….

Kokosneut ·

Kan nie help om van die man te hou nie. Hy is ‘n raakvatter! Mag hy so voort doen en ander stede & dorpe sy voorbeeld volg. Dankie Meneer Mashaba…

Jacques venter ·

Kokosneut
Mooi man jy vat die woorde uit my mond. Ja Herman is n raakvatter. En Shadrack Sibiya was net te eerlik na die ANC se smaak.
Mashaba het in n kort tydjie reeds wondere verrig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.