Burgemeester vas oor ‘moordkomplot’

Foto: SAPD/Facebook

Die burgemeester van die Endumeni-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is saam met ʼn raadslid en ʼn vermeende huurmoordenaar in hegtenis geneem oor ʼn beweerde moordkomplot.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê die drie verdagtes het glo saamgesweer om die munisipale speaker te vermoor.

Volgens Mhlongo is die drie tydens ʼn vroegoggend klopjag in hegtenis geneem deur lede van die spesiale taakspan wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek en lede van die nasionale ingrypingseenheid.

Mhlongo het gesê die plan was glo om die speaker te laat vermoor aangesien hy glo as ʼn hindernis gesien is rakende die toeken van ʼn tender. “Dit blyk dat die speaker glo vermoed het dat daar onbehoorlike invloed en moontlike korrupsie in die tenderproses is.”

Die drie verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Estcourt-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

Die verdagtes is tussen 31 en 38 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Net as ek dink niks in Suid-Afrika kan my meer skok nie, lees ek ‘n berig soos dié.

Die grootste deel van Suid-Afrika se inwoners buig so diep voor Mammon dat hul voorkoppe die grond raak.

Alida 2 ·

Burgemeester is mos ‘n persoon wat veronderstel is om ‘n voorbeeld vir ander in die gemeenskap te wees.
Alweer iemand in ‘n amp met meer salaris as wat hy verdien en nog is dit nie genoeg nie.
Geld uit ‘n korrupte tender is meer werd as ‘n lewe.

Se maar net ·

Goeie hemel! Hierdie land is op ‘n ongelooflike spoed af onder toe. Met kriminele elemente in hoë posisies kan daar net een uiteinde wees

GM ·

Die mensdom moet maar dieselfde pad as die dinosaurusse volg. Daar is nie hoop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.