Burgemeester verdedig aankoop van 30 motors

Mpho Khunou. Foto: ANA.

Mpho Khunou, die burgemeester van Rustenburg, het Maandag gesê die aankoop van 30 nuwe motors vir die Rustenburg-munisipaliteit is koste-effektief en in die beste belang van dienslewering.

Hy het Maandag by die simboliese oorhandiging van die motors by die burgersentrum in Rustenburg gesê die munisipaliteit sal Dinsdag nóg 50 motors bestel aangesien dié slegs die eerste aflewering is.

“Daar was baie praatjies in Rustenburg oor die huur van motors. Met dié oorhandiging sluit ons nou daardie hoofstuk van voertuighuur af. Daar is baie redes waarom ons onsself in dié posisie bevind, maar hopelik beweeg ons vooruit.”

Khunou beweer dat die ou motors dikwels herstelwerk benodig het.

Dié voertuie sal deur die water-en-sanitasie-departement van die munisipaliteit gebruik word terwyl twee motors vir die departement van openbare veiligheid geallokeer is.

Werkers van water en sanitasie het verlede jaar gestaak en geëis dat munisipaliteitsmotors aan hulle voorsien word. Hulle het geweier om die gehuurde motors te gebruik.

Die werkers het beweer die huur van dié motors het die voorwaardes van hul indiensneming oortree en daar was bedrog betrokke by die huur van die motors. Hulle het aangevoer die munisipaliteit sal geld bespaar indien die munisipaliteit sy eie voertuie herstel, eerder as om voertuie te huur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

LVH ·

Opmerklik dat sulke buitensporige uitgawes meestal in NoordWes plaasvind.

Santie ·

Heng, ek hoop nie dit is BMW’s nie?! Ons word naar as ons na die vermorsing in ons land kyk en dienslewering word gekortwiek as gevol daarvan.

Lollie ·

Hy laat dit so maklik en goedkoop klink dat ń mens sou dink dit is ‘buy 1 get 1 free!’ Lekker om met ander se geld te koop!
Hoe minder die mense werk hoe meer voordele kry hulle!!!!!

Peter ·

Neem n foto, en dan gaan kyk ons hoe lyk daai motors oor 8 werksdae.

Sarie ·

Sjoe 80 voertuie in totaal? Is dit vir elke personeellid wat vir die munisipaliteit werk?

JSG ·

Sarie, klink vir my ook so. Kan nogal saamstem dat gehuurde motors nie uitwerk, maar soveel motors aankoop? Beslis nie net vir dienslewering.

Ag wat ·

Ja wat alles wat die COMRADES EN KADERS doen is doodreg . niemand mag vrae vra nie want dan is jy rassisties en alle uitgawes is geoorloof al gaan miljoene mense gebuk onder die grootste armoede koop hulle KARRE en hulle REGVERDIG dit … skokkend.

jakes ·

Ja, kom ons kyk oor 3 maande hoeveel van die voertuie is afgeskryf in ongelukke en hoeveel is nog padvaardig?

Andrea van Vuren ·

Nie lank nie dan ry die munisipale werkers se vroue en kinders met die motors rond. Hou dop!

Moeg en sat vir Rustenburg munispaliteit ·

Ek weet waarmee het hul die nuwe motors betaal. Ons in Rustenburg het laas maand en die maand water en ligte rekening gekry wat 3+ maal meer was as gewoonlik! En as mens uitvra daaroor word daar net gese die nuwe system het nie die regte bedrae gegee om te betaal nie en omdat hul nou terug is na die ou system wys dit dat mens al daardie maande agterstallig is!

Theresa ·

Daar is niks wat mens so die swernoot (woord spesifiek gekies dat kommentaar sal verskyn) in maak, as : “the system” sê of doen dit of dat nie.
Mees belaglike manier om trurat te kry omdat ‘n oplossing glad nie gevind WIL word nie.

Baldadige spandering.

Ella ·

Het die mense nie privaat voertuie nie? Hulle het seker almal met die,voet geloop voor hulle gelukkig by die stadsraad n pos gekry het.
Dis n skande hoe geld gemors word en hulle vind ook elke keer n manier om die vermorsing te regverdig.
Ons land raak al hoe slegter maar beter werk en oordeel bly agterwee. Dit gaan nooit ophou.

jaco ·

net voor almal te veel kla en sê dis NET die ANC wat dit doen: die DA in Kaapstad doen dieselfde. Burgermeester Patricia de Lille is ‘n luukse motor aangebied, maar sy het dit geweier en gesê haar 20 jaar oue gewone Toyota Corolla is goed genoeg. dit doen immers dieselfde as die duur motor: dit bring haar werk toe en terug.
Maar al die ander Kaapse DA raadslede met wie ek te doen het, ry met BMW’s of Mercedesse.
Dan ook die volgende: ‘n hele paar jaar gelede het die MDC in Zimbabwe, wat deur Mugabe onderdruk is, daarin geslaag om Harare se stadsraad oor te neem. Die eerste ding wat dié party, wat Mugabe se korrupsie en geldmorsery so gekritiseer het, was om nuwe motors vir al die stadsraadslede te koop.

pjk ·

Sjoe…..80 x R350000 = R28m ??? die ouens het baie geld. Pleks kry hulle bicycles en kry hul dorp skoon en reg!!!! Not Nice

wilma ·

Indien jy werk teen R200 000/voertuig kom 80 te staan op R16 miljoen! Darem een Stadsraad wat floreer – ha-ha-ha.

Callie ·

Lees ek reg, 80 net vir die water en sanitasie departement. Dit is op straatvlak waar almal wat vir hul geld werk byna 30 miljoen. Hier waar hulle mos net kan vat maak n bedrag nie saak nie. Gou n vragie, wie sal kommisie kry vir die aankoop

Joshua ·

Se wat jy wil ANC korrup onbevoegde Burgermeester, dai motors gaan aangewend word soos privaat eiendom en stukkend gery word en dan op blokke staan want jul mechanics sit rond en niks doen nie want hulle weet nie hoe om gebreekte karre reg te maak nie maar pay kry hulle elke maand-julle is pateties.

Colleen ·

Kinders gaan skooltoe gery word, grocery shopping gaan plaasvind en Sondag word kerk toe gery met die kar en die arme belasting betaler dok op vir nie net die karre nie, maar die brandstof ook.

Antjie ·

Water en sanitasie het pype en pompe om rond te karwei wat nie met ʼn motor gedoen behoort te word nie, maar met ʼn bakkie of selfs ʼn lorrietjie. Dis sommer net ʼn flou verskoninkie vir fênsie karre!

bgj van der westhuizen ·

ek kan verstaan as dit bakkie s en vragmoters was maar moters is dit nou dat hulle naweek hulle famlie kan rond ry

Bekommerde ·

Die geldboom is dan besig om te vrek in Suid Afrika …….. Ek het geen probleem met die aankope van die motors nie – mits alles versorg is in die munisipaliteite – So is daar goeie klinieke, het die prov hospitaal al die nodige toerusting & ambulanse , werk al die polisie voertuie – het hule genoeg, is die riool en sanitasie werke in orde, het almal huise gekry wat belowe is, het die skole veilige toilettte & genoeg klaskamers & onderwysers………
As daar op enige van die genoemde vrae NEE geantwoord is – moet die personeel maar hulle eie/taxi vervoer gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.