Burgerlugvaartowerheid draai transformasie-skroef aan

Argieffoto

Argieffoto

Deelnemers in die lugvaartbedryf het ʼn skrywe van die Lugvaartowerheid ontvang het waarin hulle beskuldig word van gebrekkige transformasie.

Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, word lede van die bedryf nou gevra om aan ʼn transformasie-oudit deel te neem ten einde maatskappye se bemagtigingsvlakke te bepaal. Die inligting wat hieruit voortvloei sal gebruik word om ʼn transformasiestrategie te bepaal ten einde ondernemings se eienaarskap en personeelprofiel te transformeer.

AfriSake is bekommerd dat die Lugvaartowerheid nou politieke druk op die lugvaartbedryf gaan plaas wat uiteindelik skadelik vir die land sal wees. Volgens Jansen van Rensburg is swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ʼn duur proses wat tot op hede net ʼn klein politieke elite bevoordeel het. “SEB sal ook ʼn verhoogde koste inhou vir ʼn bedryf met baie lae winsgrense en die aanbod van mensekapitaal binne die bedryf is te klein om aan enige transformasieteikens te voldoen,” het hy bygevoeg.

Jansen van Rensburg het gesê Eskom en die lae vlak van dienslewering deur die staat laat ook vrae ontstaan oor die risiko’s wat die regering se transformasie-agenda vir ander bedrywe inhou.

Volgens hom behoort die Suid-Afrikaanse ekonomie toeganklik te wees vir alle Suid-Afrikaners. “Die beste manier om regverdige deelname te verseker is op grond van meriete,” het hy bygevoeg. “Daarom behoort die Lugvaartowerheid eerder klem te lê op opleidingsinisiatiewe as rassetransformasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Schalk ·

Teen die trans is daar spoedig niks meer oor van n eens suksesvolle werkende land nie. Maar nou ja, wat anders kan verwag word van n derde wereld?

Joe64 ·

Ja Swaer, hier lê ons lekker op die bank in die voorhuis terwyl Rome daarbuite brand!
Mens hoef dus nie meer vlieg kaartjies te bespreek nie, die geld gaan vir die verpreiding nie vir die diens nie.

Johanna ·

Vind uit wie is die Afrika staatsmanne se vliegtuigloodse; dokters en wie is hul kinders se onderwysers. Vind ook uit wat aartsbiskop Tutu gesê het hy sal doen as hy reeds in die vliegtuig sit en hoor wie die kaptein is. Tragies..ek dog dit gaan oor bekwaamheid nie velkleur.

Nico ·

Hulle kan nie eens oordentlik op ons paaie bestuur nie wat nog van ‘n vliegtuig veilig opvat en land. Dit is nag in ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.