Buro vir Standaarde dalk binnekort bankrot

(Foto: sabs.co.za)

Die VF Plus waarsku die “eens trotse” Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) kan binne twee jaar weens ʼn gebrek aan geld bankrot wees.

Die SABS het vandag in die parlement verslag gedoen aan die portefeuljekomitee vir handel en nywerheid oor sy omkeerstrategie.

“Dit is duidelik dat swak bestuur, korrupsie en ʼn uitvloei van bestuurs- en tegniese kundigheid die instelling lamlê terwyl toetslaboratoriums disfunksioneel is vanweë swak instandhouding. Die salarisrekening van die SABS beloop 70% van sy administratiewe en operasionele begroting. Die instelling beskik ook nie oor die nodige bestuurskundigheid en tegnici nie,” het Jaco Mulder, die VF Plus se woordvoerder oor handel en nywerheid, gesê.

Hy sê die instelling moet nou teen koste eksterne konsultante gebruik om die situasie te probeer regruk – iets wat die party meen in die huidige ekonomiese klimaat onwaarskynlik gaan slaag.

Die SABS is sy International Automotive Task Force- (IATF-)akkreditasie kwyt weens die nievoldoening aan internasionale standaarde. Groot kliënte soos Toyota Suid-Afrika doen hul standaardtoetsing nou by ander instellings, het die party gesê.

“Maatskappye wat te midde van die heersende ekonomiese klimaat in Suid-Afrika onder finansiële druk verkeer, gaan ook nie verdere uitgawes aan om aansoek te doen om ʼn standaard nie, veral omdat die SABS te lank neem om so ʼn diens te lewer.”

Die VF Plus voorspel dat die nasionale reguleerder vir verpligte spesifikasies (NRCS), wat tans óók onderworpe is aan ʼn omkeerstrategie, én ander staatsinstellings binnekort in die voetspore van die SABS gaan volg.

Die party sê hy het aanbeveel dat die SABS herstruktureer in pas met die uitdagende ekonomiese omstandighede van die land en die nodige kundigheid op meriete aangestel word om die omkeerstrategie te bestuur, pleks daarvan om rassetransformasie die absolute hoofdoelwit te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

51 Kommentare

jongste oudste gewildste
CabyTheron

Dit verbaas my nie. Patetiese spul. Alles waaraan hulle raak misluk. Hoe gouer alles ten gronde gaan, hoe beter. Moeg gewonder wanneer kom hierdie korrupte regering aan ‘n einde. Kan nie wag nie!

hendrik

Wie is op die direksie en bestuur?

Andre Coetzee

Die SABS was voor 94 ‘n trotse en standaard gederewe organisasie.Trots Suid afrikaans.Nou maar net nog ‘n verwoeste en sprekende organisasie van wat gebeur as onbevoegdes in beheer staan en as die fondse geroof word.Is daar nog plek op die lang lys van organisasies wat deur die kaders verwoes is ?

Peper

hahahaha die ouens wat die standaarde handhaaf kan self nie handhaaf nie… Dis vrek snaaks en weereens net bewys dat die mense belangriker is as die instansie…

Jacques

Lol kan maar net vir hul lag. Wens ek kon se wat ek wil se.