Burry Stander: Minibusbestuurder skuldig bevind

Burry Stander

Burry Stander. Foto: Facebook

Die minibusbestuurder wat die bekende bergfietsryer Burry Stander doodgery het, is Vrydag aan strafbare manslag skuldig bevind.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê Njabulo Nyawose is in die Port Shepstone-landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag en die versuim om ʼn verkeersteken te gehoorsaam.

Stander (25) is dood toe hy op 3 Januarie 2013 omgestamp is toe hy met sy fiets in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse Suidkus gery het.

Stander het die vyfde plek behaal in ʼn fietsrywedren op die Olimpiese Spele in Londen in 2012 en in 2008 het hy in die 15de plek geëindig op die Olimpiese Spele in Beijing.

Hy was ook in 2011 die eerste Suid-Afrikaner om die Cape Epic in die Wes-Kaap saam met sy mede-fietsryer, Christoph Sauser van Switserland, te wen.

Dit is nie duidelik wanneer Nyawose gevonnis sal word nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ek wil sien wat die vonnis gaan wees wat hom opgelê gaan word. Ek dink nie hy sal eers 10 jaar kry nie!!

Peet Schabort ·

Kom weg met strafbare manslag terwyl hy ‘n moordwapen hanteer het.
Spelling van “Shelley” is “Shelly”.

martie ·

Wat anders as n moordwapen is n voertuig wat die dood van n mens veroorsaak . Natuurlik kan dit n moordwapen wees en enige een kan n fout maak met die spel van n woord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.