Burry Stander-saak wéér uitgestel

Burry Stander Foto: Facebook

Burry Stander Foto: Facebook

Die hofsaak van die minibusbestuurder wat glo die bekende bergfietsryer Burry Stander doodgery het, is Maandag uitgestel.

Die saak hervat na verwagting op 12 Februarie 2015 in die Port Shepstone-landdroshof.

“Die uitstel is toegestaan om Njabula Nyawose, die taxibestuurder, die geleentheid te bied om geld in te samel vir sy verdediging,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal, gesê.

Stander (25) is op 3 Januarie 2013 omgestamp toe hy met sy fiets in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus gery het. Hy het die vyfde plek gehaal in ‘n fietsrywedren by die Londen Olimpiese Spele in 2012 en in 2008 by die Beijing Olimpiese Spele in die 15de plek geëindig.

Lees alle berigte oor Burry Stander op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

En so aan en so aan en so aan……………………………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.