Burry Stander-saak weer uitgestel

Burry Stander Foto: Facebook

Burry Stander Foto: Facebook

Die saak teen die minibustaxibestuurder wat glo Burry Stander (25) doodgery het, is Woensdag weer in die Port Shepstone-landdroshof uitgestel omdat die taxibestuurder se regverteenwoordiger siek is.

Njabulo Nyawose, die taxibestuurder, se vorige verhoor is op 27 Februarie ook uitgestel omdat een van die staat se kenners nie die verhoor kon bywoon nie.

“Die prokureur wat Nyawose verteenwoordig het ʼn kollega na die hof gestuur om die boodskap oor te dra dat hy siek is en nie die hofverrigtinge kan bywoon nie,” het Natasha Ramkisson-Kara, ʼn woordvoerder van KwaZulu-Natal se Nasionale Vervolginggesag, gesê.

Die verhoor is tot 28 Mei uitgestel. Nyawose is tans op ʼn waarskuwing vrygelaat.

Nyawose het Stander na bewering op 3 Januarie tydens ʼn oefenrit by Shelley Beach doodgery.

Stander het by die 2012 Olimpiese Spele in Londen die vyfde plek in die bergfietsrywedren behaal. Hy het by die Beijing Spele, as 20-jarige, 15de geëindig. Hy het die daaropvolgende seisoen bekendheid verwerf toe hy die onder-23-titel in die Bergfiets Wêreldbeker ingepalm het.

In 2011 het Stander die eerste Suid-Afrikaner geword om die Cape Epic in die Wes-Kaap saam met mede-fietsryer, Christoph Sauser van Switserland, te wen. Die paar het hul titel in 2012 verdedig. Stander se vrou, Cherise Stander, het in 2014 die vroue-afdeling van die Argus-fietsrytoer gewen.

Lees ook:
Staatsgetuie nie beskikbaar in Burry Stander-saak
Burry Stander-saak hervat
Burry Stander-saak terug hof toe
Burry Stander se familie soek antwoorde
Burry Stander: Klagtes voorlopig laat vaar
Argus-titels aan Burry opgedra
Video: Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Burry-gaping glo onprakties
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vry
“Ek is lief vir jou”
Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende bergfietsryer doodgery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.