Bus bots teen huis ná doodskoot

Busbestuurder geskietʼn Bus het Maandagaand teen ʼn huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gebots nadat die bestuurder doodgeskiet is terwyl hy sowat 50 mense vervoer het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die ou Wartburg-pad plaasgevind.

“Omstandighede wat tot die bestuurder se skietdood gelei het, is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het Bodasing gesê. “Ná die bestuurder geskiet is, het die bus teen ʼn steilte afgegaan en teen die voorkant van ʼn huis gebots.”

ER24 en ander nooddienste is na die toneel ontbied. “Met ons aankoms was die bestuurder, in sy 50’s, se liggaam in  die bus aangetref. Ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Een van die passasiers is na ʼn hospitaal geneem met geringe beserings, die res het hospitaalbehandeling geweier.

Die polisie was op die toneel en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fransie ·

‘n Oningeligte persoon het gister in ‘n ander artikel gese PE is gevaarlik … ek wonder of sy die afgelope tyd gelees het van al die moorde in Pietermaritzburg????

Nettie ·

Jip. Dan is die kans groot dat jy in KZN ook in ‘n put latriene kan verdrink aangesien 50% van die bevolking dit moet gebruik

Abri ·

Ek onthou daar was onlangs n soorthelyke voorval, nie ver daarvandaan nie, by Tongaat of stranger as ek reg onthou. Dit is baie erg om die bestuurder van n beweeg die bus vol passasiers te skiet! Ook in die area was daar n voorval van waar n bus aan die brand gesteek was, ook vol mense! Die Maroela verslaggewer vir Natal is baie op en wakker, so skryf asseblief iets oor die verband tussen hierdie voorvalle, dit is regtig baie noemenswaardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.