Bus en trok bots op N12

Die kajuit van die vragmotor is heeltemal verwoes. Foto's: Netcare 911

Die kajuit van die vragmotor is heeltemal verwoes. Foto’s: Netcare 911

Twee mense is dood nadat ʼn bus en swaarvoertuig Vrydag op die N12 tussen Ventersdorp en Coligny gebots het.

“Volgens inligting vanaf die toneel het albei voertuie in erge mis gery toe die botsing plaasgevind het. Dit is nog nie in dié stadium duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die bus het tydens die ongeluk omgeslaan en op sy dak tot stilstand gekom. “Die bestuurder van die bus het wonderbaarlik geen beserings opgedoen nie.”

Botha het gesê die vragmotor se kajuit is heeltemal in die botsing verwoes. “Die bestuurder en ʼn passasier was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

ʼn Ligte motor was ook in die botsing betrokke, maar die insittendes het geen beserings opgedoen nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Swaar voertuie in mis op ons paaie ?
Maak werklik nie sin nie.

Jolandie ·

Ons het ‘n treinstelsel wat 20 jaar gelede perfek gewerk het. Waarom het ons soveel trokke op ons paaie???

Angelique ·

Die busse maak nes die trokke.. hulle ry voor mens in ongeag wat. Hulle weet hulle het die voordeel omdat hulle groter voertuie het.. geen nie’n duiwel om of jy jou kinders saam in die kar het nie! Daar gaan nie ‘n dag verby wat ‘n bus nie voor my inry op die De Wildt pad nie…. nou vra hulle hoekom daar so baie ongelukke op die pad is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.