Bus in Durban aan die brand gesteek

Bus brand in Cato Manor Vrydagoggend 7 Julie 2017 (Foto: CnnAndreas, Twitter)

Ongeveer 50 lede van die Abahlali baseMjondolo-plakkerskampbeweging het Vrydagoggend paaie in die suide van Durban met brandende bande, klippe en bome versper en ʼn bus aan die brand gesteek.

Die groep het betoog teen burgemeester Zandile Gumede wat glo hul eise ignoreer.

Bheki Simelane, woordvoerder van Abahlali, het aan African News Agency (ANA) gesê die betoging is nie formeel georganiseer nie, maar dit is ʼn reaksie deur “ongelukkige lede” wat kwaad is dat Gumede nog nie reageer het op ʼn memorandum van eise wat hulle twee weke gelede ingedien het nie.

“Ons het op 26 Junie ʼn optog gehou, duisende van ons, en opgeruk na die burgemeester van eThekwini-munisipaliteit en die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering,” lui ʼn formele verklaring wat die groep Donderdag uitgestuur het. “Die burgemeester en die LUR het geweier om met die duisende persone te vergader wat na die stadsaal opgeruk het.”

Simelane het gesê die burgemeester en die LUR het sewe dae om te reageer op Abahlali se lys van eise. Indien ʼn reaksie nie ontvang word nie, sal betogings voortduur, het hy gesê.

“Meer as sewe dae het verloop en daar was nog steeds geen reaksie nie. Ons het dus in die strate ingevaar, oor die stad heen, om ons waardigheid, ons land, ons huise en ons reg tot die stad en ons toekoms te verdedig,” lui die verklaring.

Dit is die tweede dag van Abahlali-betogings. Lede het Donderdag die strate van eKuthuleni en Randless Road ingevaar waar hulle met die polisie gebots het. Volgens die Abahlali-leierskap is 14 van sy lede beseer tydens die stad se “gewelddadige” reaksie en hulle is in ʼn hospitaal opgeneem.

Abahlahli het die stad daarvan beskuldig dat hy nie streng optree teen korrupsie in behuisingsallokasie nie en gebruik die grondbesettingseenheid om plakkerskampbewoners te “terroriseer” tydens “gewelddadige uitsettings”.

Die lys van eise sluit ʼn versoek vir elektrisiteit en ander basiese dienste in terwyl daar gewag word op “behoorlike behuising”.

“Ons is al vir te lank uitgesluit van plaaslike werksgeleenthede wat slegs toegeken word aan vrywilligers van die regerende party en diegene wat vriende is met raadslede,” aldus die lys van eise.

Abahlali beweer hulle is apolities en sê hulle het 35 000 lede landswyd.

Volgens eThekwini-munisipaliteit is daar 569 informele nedersettings in die stad, altesaam 238 000 huishoudings.

Die polisie het Vrydagoggend aan ANA gesê ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld is by Cato Manor aanhangig gemaak. Geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swartkat ·

Soos gewoonlik – kry nie hulle sin nie dan wend hulle, hulle tot geweld en steek alles aan die brand. As mens nie werk en belasting betaal nie kan jy bekostig om alles aan die brand te steek. Tyd dat dit wat uitgebrand of afgebrand word nie vervang word nie. Dit het ook tyd geword dat die mense leer dat geld nie uit die lug val nie maar dat daar mense is wat moet werk om vir hulle die grstis hop huise, gratis dienste en vervoer te gee.

Hanna ·

Kom ek raai: met die vlg verkiesing stem julle weer ANC! Nee wat, daar is geen medisyne vir onnoselheid nie.

Vryheid ·

Die toekoms lyk al hoe meer bleek vir die massa mense in informele nedersettings maar anc sal hul stem. Maar een ding is verseker hulle weet om saam te staan nie bang om op te ruk vir wat hulle wil he nie.

Swannie ·

Reg, nou is die bus aan die brand gesteek en vernietig.
Het dit enigsins gehelp om `n antwoord van die burgermeester te kry ?

Dis hoog tyd dat versperring van paaie en vernietiging van eiendom gesien word vir wat dit is.
TERRORISME !!.. daar is geen ander woord daarvoor nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Los hul dat hul brand en vernietig maar wanneer gaan ons wittes leer om nks te vervang nie. Hulle pas NIKS op en waardeer niks. Wil netontvang en dan is dit ook nooit GENOEG nie. Kleintjies by dosyne en moet die witman sorg dat hul gevoed word. Ek is tot barstens vol van elke dag dieselfde storie, en ek is nie die enigste nie. Luister wat mense om die braaivleisvure vir mekaar vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.