Bus met 49 passasiers beroof

Argieffoto

Die polisie in Limpopo is op soek na vier verdagtes wat ʼn busbestuurder geskiet het en die passasiers van die bus van hul selfone, skoene en geld beroof het. Die bus was van Johannesburg na Moria buite Polokwane op pad.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie het gesê die voorval het Donderdag omstreeks 22:30 plaasgevind. “ʼn Phola-bus met 49 passasiers het op die N1-noord gery. Hul het net ná die Mantsole-brug stilgehou omdat van die passasiers dringend badkamer toe moes gaan,” het Mojapelo gesê.

Vier gewapende mans het hul oorval en die bestuurder van die bus in die been geskiet. “Hul het hom forseer om verder te ry en die Bela-Bela afrit te neem,” het Mojapelo verduidelik.

Hul het toe opdrag gegee dat die bus gestop moet word en al die passasiers begin beroof. Een passasier is in die arm gesteek met ʼn skerp voorwerp.

Die verdagtes het in ʼn wit bakkie gespring en weggejaag. Die beseerde bestuurder en passasier is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die polisie het enigiemand met inligting gevra om hul naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Stoffel ·

Ek dit al baie kere gese en ek gaan dit weer se, jy kan NERENS meer stop langs n pad nie, dis 9/10 keer n berowing

Speurder ·

‘Toevallig’ dat hul geweet het dat die bus gaan stop met ‘van die passasiers wat dringend badkamer toe moes gaan’? Nonsens!! Daardie ‘passasiers’ is deel van die bende . . .

rose ·

Meneer die speurder ek dink jy weet nie waarvan jy praat nie. Hoekom sal ek myself die ongerief aandoen om myself so te besteel. Party mense dink hulle weet alles.

Cherokee ·

Ag aspirant speurder, alle busse hou by toiletgeriewe stil. En passasiers bad as ‘n reël nie langs die pad nie.

Nog 'n Speurder ·

Meneer Speurder.
Waar werk jy.
Hopelik nie in my dorp nie.
Jy sluit seker al jou klaers toe.
Busse word dop gehou “Kolega”

Mol ·

Speurder, jy is 100% reg. Die passasier met die “groot” nood was deel vd “trap”
Die wat dit nie glo nie, sal glo dat die tereurdade wat tans hoogty vier, bloot kriminele is wat honger of iets is.

Cherokee ·

Mol, jy glo dus ook dat daar ‘badkamers’ is langs die pad en dat passasiers tydens kort ritte bad.

pieta ·

Cherokee waar lees jy dat die passasiers wou bad?
Dat hulle klaarblyklik ‘n groot nood na toilet geriewe gehad het is tog duidelik die rede vir die stop langs die pad.

Johan. H. ·

Vertrou niemand meer nie behalwe jou naaste eiesoort, Dis deur en deur bewys, Maar ja publiek stuur dadelik , gou -gou inligting na saps, alhoewel daaie lot saps in die vrystaat gese het die polisie moenie saamwerk met burgerlikes!!! Ek dink hulle sou bitter min sake oplos as dit nie vir die publiek was nie, Of hulle wil dalk net sit en nie werk nie??

marous ·

Die land is nou totaal in sy peetjie in …vir selfone en skoene?

Cherokee ·

Omie, as almal dit wat jy gesê het, laat verbygaan sonder boe of ba, skort hulle ‘n sin vir humor.

Eish ·

Wie se SAPS soek hulp van publiek? In die Vrystaat word lede gedissiplineer indien hul privaatinisiatiewe wat misdaadbekamping ten doel het ondersteun. Boodskap gekry generaal, ons gaan verby.

Katrynkie ·

Van een “speurder” aan n ander ?… Dieselfde gedagte het onmiddelik by my opgekom toe ek die artikel gelees het. Hoekom juis op daardie oomblik stop en dan ry na n plek waar hulle wegkom voertuig vir hulle gewag het. Dis so duidelik dat dit vooraf beplan was. ?

jas Blanche ·

my vrag is daar naby gekaap vorige busse daar gekaap hierdie anc regering glad nie ernstig met crime nie dit van mbeki se tydperk hoop dat hul hou zuma dat ons ń nuwe regering kan kry

al ·

Die ANC is te besig met binne gevegte en honger vir posisies om hul te steur aan ons armsalige landsburgers (net in ons belastinggeldjie, natuurlik) wat met misdaad te doen het.
Verder lag ek heerlik vir van die kommentare.

Mandy ·

Die berig noem nie dat hulle by geriewe gestop het nie …klink meer of hulle net langs die pad gestop het.

Ouboet 9 ·

Mandy is reg – die naaste geriewe langs nie N1 Noord is ongeveer 40 Km verby Mantsole by die 1-Stop net voor die Kranskop tolhek.

Leo ·

Inside job
met selfone gekommunikeer. Hoe anders? Kry deel van die buit.Geen bus stop tussen nowhere en nerens nie.Nie in vandag se misdaad klimaat nie. Behalwe as die busdrywer ook in die komplot is.Daarom is hy net gewond.

Theresa B ·

Liewe hemel – nou het ek wragtig alles al gelees…………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.