Bus ry jong man dood

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 19-jarige voetganger is dood nadat ʼn bus hom Dinsdag in Bloubergweg in Tafelsig, Kaapstad, raakgery het.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die tiener was op pad werk toe, toe die bus hom getref het. Hy het vermoedelik probeer om die besige pad oor te steek.

“Ons vermoed hy is op slag dood en dat hy verskeie ernstige frakture opgedoen het,” het Majija gesê.

Volgens Majija was daar slegs een passasier op die bus en is die busbestuurder en passasier geskok, maar ongedeerd.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.