Bus ry skoolseun dood

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Bus het ‘n sesjarige seun Woensdagoggend op pad skool toe doodgery.

Volgens Garrith Jamieson, operasionele direkteur van Rescue Care, het die voorval omstreeks 08:00 in Anettweg in Reservoir Hill in Durban plaasgevind.

“Die seun het vermoedelik gehardloop om die bus te haal, toe hy glo gestruikel en die bus hom getref het,” het Jamieson gesê.

Die kind het verskeie kritieke beserings opgedoen en was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie storie tesame met die seun wat op die N14 doodgery is is bitter erg. Dis vir my hartseer dat Helen Zille se tweet en 2 kinderagtige volwassenes se optrede in ‘n Spur meer aandag geniet as onskuldige kinders se dood wat verhoed kom word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.