Bus se dak tydens botsing afgeruk

Foto: ER24

Foto: ER24

Minstens 30 mense is Maandagoggend beseer nadat twee busse by die aansluiting van die M25 en North Coast-weg in Redhill, KwaZulu-Natal, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê een van die busse se dak is heeltemal in die ongeluk afgeruk. “Tussen 30 en 40 mense is in die botsing beseer,” het Meiring gesê. “Die meeste passasiers het op die toneel rondgeloop of langs die busse gesit.”

Volgens Meiring is dit moeilik om die presiese getal beseerdes te bepaal omdat verskillende ambulansdienste op die toneel was en pasiënte behandel het. Die beseerdes is vanaf die toneel na verskillende hospitale vervoer.

Die verkeer is erg ontwrig deur die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Dis duidelik soos daglig dat die een bus nie meer struksueel stewig was nie. ‘n Bus se dak is nie veronderstel om so maklik af te breek nie.

broos ·

watse spoed moet jy ry vir jou dak om af te ruk??? en as dit nie spoed was nie, was dit definitief ‘n bus wat nie padwaardig was nie!

Wat-ek-lees ·

Duidelik het die reël “Ek is groter as jy” nie hier gegeld. Weer onverantwoordelikheid wat hier ‘n rol gespeel het. So jammer ons lees net van die gebeur van ongelukke maar daar word nooit terugvoer gegee oor die oorsake wat aanleiding gegee het daartoe. Dit laat my wonder of daar genoegsaam ingegaan word op die oorsake, ek twyfel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.