Bus tref vyf motors op N1

Die toneel Vrydagaand 8 April 2016 op die N1 noord tussen die Zambesi-afrit en N4-snelweg na Rustenburg (Foto: Netcare 911)

Die toneel Vrydagaand 8 April 2016 op die N1 noord tussen die Zambesi-afrit en N4-snelweg na Rustenburg (Foto: Netcare 911)

Twee persone is dood en talle beseer toe ʼn bus Vrydagaand net voor 22:00 op die N1 noord in Pretoria, tussen Zambezi-afrit en die N4 na Rustenbrug, vyf motors getref het.

“Een van die motors het aan die brand geslaan en ʼn persoon, wat ernstige beserings opgedoen het, was nog in die wrak vasgekeer,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Omstanders het glo reeds ʼn kritiek beseerde pasiënt uit dieselfde motor gehaal.”

Twee persone is op die toneel dood, een het kritieke beserings opgedoen en een was in ʼn ernstige toestand. “Verskeie ander persone het geringe beserings opgedoen.”

Volgens Botha moes brandbestryders bontstaan en paramedici het gespook om die beseerdes op die toneel te stabiliseer voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

“Volgens berigte van die toneel het ʼn bus vyf motors getref,” het hy bygevoeg. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.”

‘n Leser het aan Maroela Media bevestig die N1 is vir ‘n wyle gesluit en die verkeer moes herlei word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Veritas ·

Ek het daardie betrokke stuk pad, vir ‘n jaar lank, elke dag gery. Die manier waarop busbestuurders daardie deel van die snelweg as op- en aflaaipunte gebruik, is skrikwekkend. Dit is ‘n wonder dat daar so min tragiese ongelukke voorkom.

Kelly ·

Onskuldige mense weer in die gdrang!!! Waar gaan alles heen???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.